INSTRUCTIONS
- Braai 'n halwe ui, grof gesnipper, in bietjie grap-saad-olie (grape seed oil). In 'n Wok.
- Braai so paar groot knoffeltone, grof gekap, saam met die ui.
- Verwyder as dit lekker lyk. Hou eenkant.
- Braai 'n soet-rissie, in ringetjies gesny. As mooi lyk, hou saam met die uie en knoffel eenkant.
- Braai die lang-stam broccoli vinnig tot mooi lyk. Hou saam met die uie, knoffel, soetrissie alles saam eenkant.
- Braai een pakkie gewone knopie sampioene, grof gesny in nog so bietjie grap-saad olie.
- As die sampioene se watertjies weg gebraai het, en hulle mooi bruin is, hou dan alles eenkant, saam, die hele boksemdiaas.
- Braai 'n blik pynappelstukke (hou die stroop eenkant) totdat hulle so kleurtjie hier-en-daar wys.
- Van die soetrissie af, as dit eers gaar is, kan mens die groente alles saam braai van die begin af, of alles individueel.
- Sny 4 hoenderborste en 'n pakkie spek in growwe stukke. Braai saam redelik vinnig tot lekker gaar en 'n mooi kleur het.
- Voeg so eetlepel of drie se Worcestershiresous by die hoender terwyl dit braai.
- Voeg so eetlepel of drie se lae-sout sojasous by die hoender terwyl dit braai.
- Voeg so paar druppel Tobasco sous by die hoender terwyl dit braai (na smaak of helemal sonder dit).
- As die hoender en spek begin gesels, en mooi lyk daarby, gooi dan alles saam terug in die wok.
- Maak so 100-150ml water, 1-2 teelepels Mazeina en 1 eetlepel appelasyn aan. Gebruik sommer die pynappelstroop, voeg net so bietjie water by as nodig.
- Voeg so 2-3 eetlepels onverwerkte heuning by die mengsel in die wok.
- As die heuning weg gesmelt het, roer alles goed en gooi dan die asyn-mazeine water by.
- Kook todat die sousie mooi verkleur en dik word.
- Bedien saam met flied lice of noodles (Woolworths se medium wholewheat noodles is die lekkerste).