Wednesday, August 20, 2008

My droom kar....


Hamster korreksie...

Lyk my daar is eintlik dan nou 6 nuwe hamstertjies en nie net 3 nie - hulle was vanoggend vroeg op vertoning, maar ek kon dit nie mooi afgeneem kry nie - sal weer vanmiddag probeer. Go Hammie.... O, en Franko het besluit dat Hammie nou eerder Bumblebee moet heet - seker maar oor hy baie steek in hom het....;-). Van die nuwelinge is Lightning, McQueen, Sheq, Car, ....

Tuesday, August 19, 2008

Bella toe sy klein was...

Isabel het 'n paar skyfies laat skandeer....hier onder is sy regs...



Monday, August 18, 2008

Hamsters wat broei

Franko en Anrich se twee hamsters, Hammie en Sally het 3 klein hamstertjies - hulle is pienk en baie klein. Mens kan hulle sien, maar ek kon nog nie fotos geneem kry nie. Franko het gevra dat ons hulle hou totdat hulle hare soos Hammie het...

Dunkeld Estate, Dullstroom

Ons was die naweek by Dunkeld Estate, Dullstroom vir Pa Harm se verjaardag. Hy het 60 jaar oud geword. Die plek is eenvoudig onbeskryflik! Ons het probeer forel vang, maar tevergeefs- hulle was nie honger nie, of is afwagtend op die lente! Ons het ook by 2 Chefs gaan eet. Dit was baie goed - die geroorsterde eend is sterk aan te beveel, maar die tuisgemaakte sjokolade roomys - teen R20 'n skeppie - kom nie naby Royal Kopenhagen Danish nie! Die Saterdag was 'n perfekte sonskyn dag, maar die Sondag so mistig soos wat jy nog nooit gesien het nie. Dit was egter iets spesiaals, want as dit so mistig is, voel dit asof mens op 'n ander planeet is - soos in die foto hiernaas. Sien ook ander fotos op picasa.

Vuurpyle en so aan

Ek en Franko het by ExpireLab Brooklyn8 Augustus twee vuurpyle gebou - Die plek het fotos geneem daarvan. Een van die fotos is hier links. Franko het eerste sy vuurpyl van die groepie afgeskiet (daar was so 6 groepies). Syne het skouspelagtig gevlieg, met 'n kurktrekker manoeuver. Die valskermpie het so goed ontplooi dat die rek wat dit inplek gehou het, morsaf gebreek het. Franko kon wel die vuurpyl herwin, maar sonder die valskerm en neusstuk. Hy was so bietjie hartseer daaroor! Myne was van die laastes en het perfek reguit in die lug in opgegaan - te pragtig. Dit het iewers op iemand se dak te lande gekom, so ek kon dit nie herwin nie. Ons het die dag regtig baie geniet.

Thursday, August 7, 2008

Stoetbulle so aan

'n Oom kom op 'n Vrystaatse plaas aangery. Hy klop aan die deur enkleinboet maak oop.
"More, boetie. Is jou pa hier?"
"Nee, oom. Hy en ma is dorp toe"
"Is jou ouboet Gert dalk hier?"
"Nee, oom. Hy is op kosskool. Hy kom eers weer volgende naweek huis toe,maar kan ek oom dalk help?"
"Nee, man. Om die waarheid te sê, ek wil dringend met jou ouers praat.
Jou broer Gert het my dogter Johannna swanger gemaak" "Gits, oom, ek weet nie so mooi wat om vir oom te sê nie.Ek weet my pa vra R1 000 per dek vir die stoetbul en R500 vir diestoetram, maar ek weet regtig nie hoeveel hy oom vir Gert gaan vra nie."

Anrich ry Fiets

Anrich het so rukkie terug begin fiets ry (28 Jun 2008) - net eendag besluit ek moet die wielietjies afhaal en daar gaat hy....die eerste paar keer moes ek hom net help aan die gang kom, maar vandag het hy om die kort blok helemal op sy eie gery. Ongelooflik, asof hy dit al lank doen....

Franko die Sterrekundige

Ek en Franko het vanaand na Jupiter gekyk op sy aandrang. Dit was nadat hulle by die Voortrekkers 'n praatjie gehad het deur 'n entoesias, wat gese^ het dat hulle 20h00 die aand moet kyk, en dat mens Jupiter se mane sou kon sien. Hy het my 20 jaar oue gewone refraktor uitgehaal, 'n ou Bushnell 70mm, en my maak kyk na Jupiter. En so wraggies, daar sit Jupiter met sy 4 mane, Europa, Io, Ganimede en Callisto! Dis ook die eerste keer wat ek na Jupiter gekyk het. Kan jy nou glo! Hy was so opgewonde. Die prent hier onder is met Stellarium gedoen.