Saturday, August 22, 2009

Haxen. Keulen













Hierdie is nog so 'n laaste foto van my en Charl wat Haxen - Eisbein gebak in 'n oond - in Keulen, Duitsland geeet het tydens ons besoek om NCW 2009 by te woon. Dis mos nou kos....

Friday, August 21, 2009

Kiara Lodge, Clarens





Ons het verlede naweek saam met die ouers by Kiara Lodge gaan kuier - wat 'n verassing! Dit is seker nie die fensieste lodge nog nie, maar beslis een van die wat mens baie spyt is die naweek is te kort. Met Clarens net 15km weg, en al die aktiwiteite wat mens by die Lodge kan onderneem, is dit een van die lekkerste kuierplekke in ons land. Mens bly 2km buite Golden Gate park, en kan gaan stap op die heuwels/berge. Die kinders het dit ook baie geniet. Clarens is een van my gunsteling dorpe, en mens kan darem lekker daar shop, insluitend by Johannes wat al 'n instelling op die dorp se grasplein is. Ons het hom 'n goeie Saterdagoggend laat beleef met al ons aankope.... Ons het ook by Valley Cats gaan eet - seker die beste restaurantjie, of dalk eerder Bistro, wat ek in jare teegekom het - baie oorspronklik, met daardie ekstra moeite teen dieselde prys as gewone ou afgesaagde plekke. Die kroeg op Kiara Lodge, The Trout and (kan nie res van die naam onthou nie). Ek en Franko kon ook lekker Giant Chess speel soos hy sou se^.

Ek sal nog die fotos pos - sommer op Picasa.
Kiara Lodge 15 Augustus 2009


Tuesday, August 11, 2009

Jak de Priester, Jan Harmsgat se Agterplaas


Ons en die Krugers het vir ou Jak de Priester by Jan Harmsgat se Agterplaas gaan luister so op die Maandagvakansiedag. Dit was oor 'n middagete, en ons het uitgeslaan met 'n Woolies piekniek ete, wat ons aandeelhouding in Woolies Montana 'n gesonde hupstoot gegee het...

Jak was baie goed, en is hoogs aan te bevele - sy musiek vertel mooi storietjies in goeie Afrikaans - iets wat maar moeilik is om deesdae te kry. Dit was 'n regtig die-moeite-werd uitstappie. Na die tyd het ons so bietjie deur van die winkeltjies gesnuffel. Volgende keer gaan ons beslis die Griekse restaurant reg langs Jan Harm se plekkie ondersteun.

Wat die optrede baie aangenaam gemaak het, maar dalk nie so voordelik vir Jak of Jan Harm nie, is dat dit 'n klein intieme teatertjie is, en daar seker so 70% kapasiteit mense was. Baie lekker. Selfs die kinders het die baie geniet (verskeie ouderdomme vanaf 6 tot 10). Soos Franko se, dis storiemusiek wat hy sing.

Sunday, August 2, 2009

Nataniel, Four Winter Concerts, Centurion Teater


Ons het gisteraand vir ou Nataniel by die Centurion Teater gaan kyk saam met Johan, Charmain, Karel, Corne, Doep en Rone. Soos verwag het ou Nat ons laat skaterlag met sy raak beskrywings van normale dag tot dag lewens. Maar telkemale bring hy jou terug tot die werklikheid met 'n opmerking wat maar diep tref... Ons laaities het sommer by die Standers vir die aand gekuier.