Wednesday, November 30, 2011

Greding, Duitsland

Lekker koud, so tussen 0 en 6 grade meeste van die tyd. Die uitsig uit my kamer 11h00 in die oggend...



Duitsland is mal oor Kersfees en Kersfees markte...

Een van die best Dunkles biere wat ek nou al gehad het. Glossner is beslis bo-aan my lysie op hierdie stadium. Het hierdie een by Gasthof Krone geniet.


Hierdie was baie lekkerder as wat dit op die foto lyk.....otjie in een van die vele vorme waarop die Duitsers dit voorsit (Gasthof Krone).


Greding in die aand...





Darem lekker om saam met die Swede te kuier in Greding, hulle is baie vriendelike mense, al was hulle Vikings! Hulle was darem meer as 200 jaar gelede in 'n eie oorlog..... Bellingries is net buite Greding, oulike dorpie, met 'n lekker Italiaanse restaurant.



Thursday, November 3, 2011

Ester, Staatsteater

Sjoe, dis al 'n rukkie terug, maar Ester die Musical in die Staatsteater saam met die kinders was jou werlik waar die moeite werd. Veral ook omdat dat die manne se eerste maal daar was. Die produksie was baie professioneel gedoen en die stel tegnies uitnemend. Beslis aan te bevele, en lees maar gerus die verhaaltjie gou voor die opvoering, dan volg mens baie maklikler. Saam met die hele familie, agter heel bo in die teater. 

Afri-Talia, Atterbury Teater

Neewat, as mens Afri-Spaans gesien het, is Afri-Talia maar ietwat teleustellend... Ons het dit saam met die Standers en Ma Lenie gaan kyk met groot afwagting in die splik splinternuwe Atterbury Teater. Die tema was meer Rock-a-Roll, maar omdat net een sanger opgetree het, en vir 'n taamlik kort vertoning is dit maar aan die flou kant. Die gehoor het nou ook nie heeltemal saamgespeel nie. Afri-Spaans was meer van 'n musical, waar hierdie gewone band optrede is. Hoop nie die volgende in die reeks is ook so flou nie, dit sal regtig jammer wees.