Saturday, November 29, 2008

Windsor


Was vandag saam met Hester en Matthew na Windsor om daar rond te loop en na die Somerhuisie van die Queen Ma'am te kyk - baie mooi, en die straatjies vol winkels is iets besonders. Het sommer by 'n Ierse pub geeet, en 'n pint bitters gedrink. Te lekker. Sal van die fotos op picasaweb sit. 

Thursday, November 27, 2008

Guildford

Ek en Cobus Venter het Guildford toegery vir die aand - dit was regtig goed. Sien 'n foto hier van hul web-blaai.




Ons het daar by Giraffe gee"et. Ek sal van my en Cobus se fotos op my Picasa publiseer. Oppad terug Camberley toe, het ons per ongeluk 'n verkeerde afrit gevat, en deur Farnham gery. Daar het ons 'n baie mooi kerk gesien, St Andrews Church. Darem weer met 'n paar baie interessante draaie weer terug in Camberley gekom. Ons het by verskeie country pubs verbygery, part wat lyk asof James Bond nounou daar gaan inboek.



Wednesday, November 26, 2008

Diep (1)

Once they -- all of them -- had been genuine angels, and at that time they had had a choice between good and evil, so it was easy, easy being an angel. And then something happened. Something went wrong or broke down or failed. And they had become faced with the necessity of choosing not good or evil but the lesser of two evils, and so that had unhinged them and now each was a man.
- Philip K. Dick, "Galactic Pot-healer"

Surrey, London

Is tans in London (Camberley, Surrey) vir opleiding by Systematic. Het so bietjie tyd in die stad self spandeer, en selfs die London Eye gevlieg. Surrey is 'n rustige dorpie, en die Meadowcroft gastehuis wat aan Alan en Shena behoort is puik - dit is beslis die beste plek waar ek nog in die hierdie deel van die wereld gebly het. Alan het self aangebied om ons op en af te laai na 'n uittog na die groot stad, en het baie raad oor pubs ens gegee wat baie goeie raad was. Alan en Shena bedryf die plek al van 1993, en doen alles self - hulle is baie gasvry, en gaan uit hul pad om te help met enige iets. Beslis aan te beveel vir 'n hotel-moee" reisiger. Ons het ook by die Four Horse Shoes op Alan se aanbeveling gaan eet - Die Tribute bier daar was baie aangenaam, en hul steak paai is regtig goed vir 'n pub. Ek het van my foto's en van die wat Cobus Venter geneem het op my Picasa aanlyn album gepos. Sean Grant was ook saam. Ek het aan die einde van die week by Corne, Hester en Mattewis gaan kuier - baie lekker.

Bond: Quantum of Solace

As 'n Bond, faal hierdie weergawe, en verdien eintlik dan 1 uit 10. As generiese ontsnapping kan dit so 6 tot 7 uit 10 kry. Om 'n Bond te kan wees is daar 'n paar bestandele van uiterste belang: (1) Vrek mooi meisies, insluitend slegte meisies wat Bond dan om elke hoek en draai vasdruk, of ten minste met vrek skerp sinsnedes vermaak. Die 2 dames in die fliek is nou wel mooi, en die pragtige Engelse rosie is nou wel eenkeer gedruk/gelek, maar daar is geen voelbare spanning tussen die hoofsterre nie. Daar is meer spanning tussen Dame Judy en Bond! (2) Hy moet asemrowende vervoermiddels in heelwat meer natuurwet-oortredende toertjies gebruik, as die een Aston en baie vervelige ander motors. Waar is die dae wat Bond met 'n army tenk die skelms uitoorle^? (3) Die skelms moet onmoontlik sleg lyk en handel, en moet Bond tot op die laaste uitoorle^, nie soos die papperd wat 'n kannetjie olie gewilliglik drink nie! Wat was daai reus van 'n man in Gold Finger - flip hy sal my in my broek laat piepie het! (4) Speelgoed - een vervelige toneel van sogenaame multi-tas skerms is al baie ou nuus, selfs nou al op selfone beskikbaar. En baie daarvan, nie net een of twee nie. (5) Vlymkerp se^goed wat selfs die slegste skelm of mooiste meisie sal laat knak. En baie daarvan. (6) Bond moet nie te sterk en gespierd voorkom nie, hy moet met slim voetwerk, sonder om soos 'n geknakte recce soldaat te lyk, die skelms uitoorle^. Nee wat, ek dink hulle het die resep verloor, maar ten spyte daarvan moet mens die fliekie op die groot skerm gaan kyk. Ai, die opwinding!

Thursday, November 20, 2008

Hoe het hulle geweet om daar te kyk!?

Hierdie het op 21 Nov 2008 news24.com verskyn. Sien hieronder.

Wat ek net wonder, is hoe het hulle geweet om daar te kyk, en hoe !?

Woman hid drugs in vagina
20/11/2008 22:30 - (SA)

Johannesburg - A woman was arrested at Cape Town International Airport on Thursday after cocaine was found in her possession, Johannesburg police said.

The South African woman had just got off a flight from Buenos Aires in Argentina around 11:30 when she was arrested.

"She had approximately half a kilogram hidden in her private parts and 52 bullets which she had swallowed, [also] presumed to contain cocaine. Further test are still being conducted," said Captain Dennis Adriao.

Monday, November 17, 2008

Monday, November 3, 2008

Anrich Swem !!!

Anrich het verlede week begin vra om sy vlerkies af te haal sodat hy kan oefen om te swem. Hy het begin deur so tipe-van versuipslaggie te swem, maar het vandag vir die eerste maal self aan die diepkant ingespring, en helemal op eie houtjie tot by die vlak kant se trap geswem. Hy is nou soos 'n vissie in die water en kan net nie genoeg kry nie. Hy is nou besig om te probeer leer om sonder 'n duikbrilletjie te swem....

Auto Africa

Ek, Oupa Harm, Franko en Anrich was die naweek na AutoAfrica 2008 by Nasrec, net Suid van Johannesburg. Die skou was ietwat kleiner as die vorige een, maar daar was vir my 'n paar meer aanskoulike modelle as by die vorige een. Honda se klein mens-robotjie het glans aan die vorige een verleen, wat by hierdie een ietwat afwesig was. En, ai, foeitog, elke uitstaller gebruik maar sy fair share van mooi meisies om die produkte te help bemark. Die vreemdste was die by Mercedes-Benz se swaervoertiug seksie. Hulle het tradisionele Duitse drag gedra, met sulke uitstaan borsies. Daar was selfs 'n laaitjie met sulke drag, ten minste darem sonder die uitstaan borsies...

Die vreemdste vertoon, was die baie duur en fensie CL600 wat op die maat van rap-musiek (I like you just the way you are, Timbaland en I like to move-it-move-it)  sy lugsuspensie misbruik het om dans-passies, kan jy glo, te doen. Net soos die ouens wat hulle kar mod in die states....Moet se, dit was baie vreemd....

Maar nou, ja, die oulikste konsepmotor is die Nissan Nuvu, en die mees passievolste, waarskynlik die nuwe Alfa Spider. Die Ferari's was darem elk ook 'n slag gestart en geref, iets wat hulle die vorige keer nie wou doen nie. 

Ek sal van Oupa se foto's later bysit, maar eers 'n paar wat ek van die web af gekry het:

Hierdie is die Nissan Nuvu, beslis die mees verfrissende klein elektriese motortjie wat ek nog gesien het.


 




































Die Alfa Spider het in lewende lywe die mees passievolste ontwerp daar gehad:






























<