Showing posts with label Restaurante. Show all posts
Showing posts with label Restaurante. Show all posts

Wednesday, April 5, 2023

Trattoria da Vinci, Sedgefield (Buffelsbaai, April 2023)

Trattoria da Vinci aan die Kaap kant van Sedgefield is 'n versteekte juweel. Weereens, soos Mr Kaai, weggesteek in 'n onpretensieuse hoekie. Wees gewaarsku, dit is 'n baie klein, knap eetplekkie, met kos wat vars voorberei word, inkluis die pasta. Bring jou eie wyn en ontspan terwyl jy vir hemelse Italiaanse geregte wag. Margarethie het ons van die plekkie vertel. 




Monday, April 3, 2023

Mr Kaai, Sedgefield (Buffelsbaai, April 2023)

Mr Kaai in Sedgefield maak sekerlik die beste vis en tjips op die hele kuslyn van SA. Onpretensieus en knus, weggesteek net voor die Sedgefield stasieMargarethie het ons van die plekkie vertel.

* nie my foto nie, op google gekry




Monday, March 9, 2020

Woordfees, Stellenbosch, Maart 2020

Saam met Bella, 7 - 9 Maart 2020, Stellenbosch. By die Ryneveld Lodge gebly in die romantiese dak vertrek, en by verskeie restuarante geeet, almal hoogs aan te beveel:

1. Backs
2. De Warenmarkt
3. Genki
4. Flame&Ash








Wednesday, October 2, 2019

Barnacles, Seaview, Port Elizabeth

Barnacles, Seaview, Port Elizabeth hoogs aan te bevele. 




Saturday, February 2, 2019

Critchley Hackle, Dullstroom

Vir so romantiese aandjie weg is Critchley Hackle hoogs aan te bevele, en veral die restaurant vir brekvis en aandete.








Monday, January 7, 2019

Kaap wyn, roadie en foodie trip, Desember 2018



Wel, die Le Roux's het Stellenbosch, Kaapstad en Simonstad soos 'n oorsese vakansie benader, deur net die vlieg uit te skakel met 'n trokkie-toer af via Beaufort Wes en Kimberley. Dit was ook dan vir Franko se Matriek vakansie.
  1. Olive Grove Lodge, Beaufort Wes
  2. Skilpadvlei, Stellenbosch
  3. Braeside House, Groenpunt, Kaapstad
  4. Boulder's Beach Lodge, Simonstad
  5. Protea Big Hole, Kimberley

Kosgewys het ons hier die lekkerste geeet:

  1. the lighthouse cafe, Simonstad. Die kos is uit die boonste rakke en nie te duur nie.
  2. Muratie Farm Kitchen / Plaaskombuis, Stellenbosch. Die beste gewone Engelse ontbyt wat ek al ooit gehad het. 
  3. Kalkys, Kalkbaai. Vir die beste spotgoedkoop vis & tjips in 'n onpretensieuse, maar vrek besige, basiese hawe winkel. 
  4. Fat Cactus, Woodstock. Vir 'n erg
  5. The Fat Butcher, Stellenboch. Dodelike Hamburgers. Die regte spyskaart vir beeshaas en diesmeer is net te duur. 
  6.  The Coffee House, Matjiesfontein. Vir die beste, vars skons en koffie. Pasop, die skons is man-grootte!
  7. Verdienstelike benoeming: Skilpadvlei restaurant, Stellenbosch

Kosgewys ongelukkig die grootste teleurstellings:

  1. Olive Grove Guest Farm, Beaufort-Wes. Die gewoonste, en swakste duur Brekvis ooit. Die verblyf het egter meer as opgemaak vir die swak brekvis. 
  2. Tredici, Swellendam. Vir die duurste, swakste, kleinste pizza ooit (in die wereld!). 
  3. Joostenburg, Stellenbosch. Vir die swakste, duurste Franse roosterbrood ooit en die slegste mikro-bier (Stellies Tap Room).  
  4. DV Cafe, Spice Route, Paarl. Vir die slegste cappuccino ooit (in die wereld!).
  5. Vir die duurste, maar smaakloosste kos ooit,  Protea Hotel by Marriott® Kimberley.

Sunday, December 25, 2016

Monday, October 26, 2015

Crawdaddy's


Het laasweek by Crawdaddy's geeet... Die plek lyk soos iets tussen 'n Mosambiekse restuarant en Ierse pub, Franko het 'n (Amerikaanse) burger geeet, Bella 'n goeie lende snit (sirloin), Anrich Calamari, en ek 'n Meksikaans-gebaseerde Nachos gereg. Daarmee saam (Amerikaanse) melkskommeltjies, 'n Suid Afrikaanse interpretasie van Irish Red Ale en Kola Tonic (en sekerlik ook Coca Cola)... Multi-kultureel kan dit nie meer nie...Eish!






Monday, April 7, 2014

Saturday, March 1, 2014

Iewers Nice, Bloemfontein

Ou possie van 12 Mei 2013 wat nooit gepos was nie...

As jy jouself in Bloemfontein bevind, en het kans vir 'n middagetetjie, beveel ek Iewers Nice ten sterkste aan. Dit is nou as jy van iets hou wat nie die gewone is nie. Kreatief met die lekkerste kos ooit. Die hamburgers is nie gewoon nie, baie groot en absoluut die moeite werd. As Tapas jou tone laat krul, probeer  beslis. Selfs pap en kaaiings is daar. Was daar vir Ouma Lenie se verjaardag ete. Die diens is puik en die pryse op die spyskaart breek nie die bank nie. Kyk uit vir herwonne materiale kuns en ook ander kuns teen die mure. Eklektiese mengsel van Kitsch, Sewentigs en modern. Wens ons het sulke plekkies hier in Sodom en Gemorra gehad, veral nader aan waar ons woon. Ai.




Ginger & Fig

Ginger & Fig, hoek van Lynnwood en Jan Shoba (Duncan), is hoogs aan te beveel. Saam met Bella 'n vinnige middagetetjie daar gedoen gister. Die Chicken Fettuicine is hemels! Het dit, asook 'n Goat's Cheese & Fig slaai, met Bella gedeel. Spoel af met 'n tuisgemaakte ystee, en as jy plek het, 'n cappuccino. 

Monday, January 20, 2014

Saturday, June 15, 2013

Saturday, February 11, 2012

Silver Orange Bistro

Silver Orange Bistro by Hartbeespoortdam is hoogs aan te beveel. Fyn cousine word voorgesit, maar in boere porsies. Hulle voor en nagaregte is hemels, ek het nog nie beter elders gehad nie. Die atmosfeer is amper Stellenbosch, glad nie kommersieel nie. Die is 'n klein bistro, met net 'n paar tafels. Die plek hang vrot van pryse gewen die afeglope jaar of wat. Dit is ietwat na die duur kant, maar beslis die moeite en geld werd. Ek en Bella het vir ons 15e herdenking hier geeet op 1 Februarie 2012. 

Sunday, October 10, 2010

Koekela, Bloemfontein

Koekela is 'n baie koel eetplekkie in Bloemfontein met regte sewentigers kitch as tema...die kos is egter nie kitch nie, uistekend en vrek billik daarby. Baie klein met min tafels so as jy plek kry is jy gelukkig. Die plekkie is ook goed weggesteek in President Steyn tussen 2e en 3e laan. . Ek Bella, Anrich, Franko en Ouma Lenie was daar vir 'n middagetetjie (27 Sep 2010). 



Vir nog fototjies

Friday, April 2, 2010

Wapadrif en Cullinan

Ek en Isabel het so onverwagse Saterdagmiddagie afegehad en besluit om Wapadrif toe te ry. Daar het ons so bietjie minder te sien gekry as verwag. Die winkel daar verkoop heelwat "antieke" meubels, maar het net drie tafels gehad wat nie regtig antiek was nie. Hulle was wel goed geprys teen R3500 vir 'n tweemeter-plus tafel. Daar is 'n ligblou koolstofie wat ek my hart op verloor het, en beslis sal gaan koop as daar so paar Randjies loskom... Oppad terug besluit ons toe maar om sommer Cullinan om te ry, en dalk iets ligs iewers eet. Stop toe daar by Stavros se As Greek as it Gets....mense, jy het nog nie sulke lekker kos in jou lewe in geeet nie....Dis sekerlik die beste Griekse Hamburger wat daar in die wereld is....



Wednesday, October 7, 2009

Spookhijs, Bloemfontein

Tydens die selfde naweek wat ons Roller-Ball in Bloemies gespeel het, het ons die Spook Hijs besoek. 'n Baie oulike plekkie vir eet en so aan.





Friday, August 21, 2009

Kiara Lodge, Clarens





Ons het verlede naweek saam met die ouers by Kiara Lodge gaan kuier - wat 'n verassing! Dit is seker nie die fensieste lodge nog nie, maar beslis een van die wat mens baie spyt is die naweek is te kort. Met Clarens net 15km weg, en al die aktiwiteite wat mens by die Lodge kan onderneem, is dit een van die lekkerste kuierplekke in ons land. Mens bly 2km buite Golden Gate park, en kan gaan stap op die heuwels/berge. Die kinders het dit ook baie geniet. Clarens is een van my gunsteling dorpe, en mens kan darem lekker daar shop, insluitend by Johannes wat al 'n instelling op die dorp se grasplein is. Ons het hom 'n goeie Saterdagoggend laat beleef met al ons aankope.... Ons het ook by Valley Cats gaan eet - seker die beste restaurantjie, of dalk eerder Bistro, wat ek in jare teegekom het - baie oorspronklik, met daardie ekstra moeite teen dieselde prys as gewone ou afgesaagde plekke. Die kroeg op Kiara Lodge, The Trout and (kan nie res van die naam onthou nie). Ek en Franko kon ook lekker Giant Chess speel soos hy sou se^.

Ek sal nog die fotos pos - sommer op Picasa.
Kiara Lodge 15 Augustus 2009