Friday, May 29, 2009

Keulen (NCW Europe 2009)

Ek is vanaand die laaste aand in Keulen, nadat ek NCW 2009 bygewoon het vir die week. Ek het saam met Kol van Aswegen en Brian Naude per rivierboot na Linz vir die dag gegaan. Die oustad in Linz is pragtig, maar die van Stockholm is vir my mooier. Italie is egter steeds my gunsteling plek tot hede...

Ek, Brian en Charl het vanaand Haxen geeet. Dit is eisbein. Baie lekker maar nou het ek genoeg vark vir 'n ruk geeet. O ja, hierdie inskrywing is via my sel vanuit my hotel se wifi gedoen.

Friday, May 8, 2009