Sunday, August 25, 2019
Boerbeskuit Flop
Argh, alles het gewerk, die suurdeegplantjie, en alles, maar die beskuit proe suur. Ai. Soms met mens seker 'n resep voolg en nie jou eie kop nie.... Nie eers Lisa of die voe"ls wou dit eet nie. Hulle dink seker dit is gif.
Labels:
Kos
Friday, August 2, 2019
Sunday, July 21, 2019
Nanjing, China, 22-26 Julie 2019
Ander kulture bly interessant, maar as ek Trump was, was ek bollie in my broek bang vir die Chinese. Nanjing, China is een van die mees indrukwekkende stede wat ek al beleef het. Werklikwaar niks is uit plek nie. Tegnologie is soomloos deel van elke dag se bestaan. Was vir werk daar met CX 748 / KA 810 en KA 811 / CX 749.






Labels:
Reis
Sunday, February 3, 2019
Saturday, February 2, 2019
Critchley Hackle, Dullstroom
Vir so romantiese aandjie weg is Critchley Hackle hoogs aan te bevele, en veral die restaurant vir brekvis en aandete.
Labels:
Reis,
Restaurante
Monday, January 21, 2019
Monday, January 7, 2019
Kaap wyn, roadie en foodie trip, Desember 2018
Wel, die Le Roux's het Stellenbosch, Kaapstad en Simonstad soos 'n oorsese vakansie benader, deur net die vlieg uit te skakel met 'n trokkie-toer af via Beaufort Wes en Kimberley. Dit was ook dan vir Franko se Matriek vakansie.
- Olive Grove Lodge, Beaufort Wes
- Skilpadvlei, Stellenbosch
- Braeside House, Groenpunt, Kaapstad
- Boulder's Beach Lodge, Simonstad
- Protea Big Hole, Kimberley
Kosgewys het ons hier die lekkerste geeet:
- the lighthouse cafe, Simonstad. Die kos is uit die boonste rakke en nie te duur nie.
- Muratie Farm Kitchen / Plaaskombuis, Stellenbosch. Die beste gewone Engelse ontbyt wat ek al ooit gehad het.
- Kalkys, Kalkbaai. Vir die beste spotgoedkoop vis & tjips in 'n onpretensieuse, maar vrek besige, basiese hawe winkel.
- Fat Cactus, Woodstock. Vir 'n erg
- The Fat Butcher, Stellenboch. Dodelike Hamburgers. Die regte spyskaart vir beeshaas en diesmeer is net te duur.
- The Coffee House, Matjiesfontein. Vir die beste, vars skons en koffie. Pasop, die skons is man-grootte!
- Verdienstelike benoeming: Skilpadvlei restaurant, Stellenbosch
Kosgewys ongelukkig die grootste teleurstellings:
- Olive Grove Guest Farm, Beaufort-Wes. Die gewoonste, en swakste duur Brekvis ooit. Die verblyf het egter meer as opgemaak vir die swak brekvis.
- Tredici, Swellendam. Vir die duurste, swakste, kleinste pizza ooit (in die wereld!).
- Joostenburg, Stellenbosch. Vir die swakste, duurste Franse roosterbrood ooit en die slegste mikro-bier (Stellies Tap Room).
- DV Cafe, Spice Route, Paarl. Vir die slegste cappuccino ooit (in die wereld!).
- Vir die duurste, maar smaakloosste kos ooit, Protea Hotel by Marriott® Kimberley.
Labels:
Reis,
Restaurante
Sunday, December 2, 2018
Sunday, July 1, 2018
Monday, June 25, 2018
Herman Se Menlyn Tjiaanies
INGREDIENTS
- 1 . Halwe ui of 1 klein uitjie
- 2 . Paar groot knoffeltone
- 3 . 1 of 2 klein Soetrissies - die peusel soort, nie die groot bell-peppers nie.
- 4 . So paar lang-stam broccolis (halwe klein Woolworths pakkie)
- 5 . 250g knopie sampioene (die groot wittes)
- 6 . 250g gerookte rugspek
- 7 . 4 hoenderborste - so 400-600g is genoeg
- 8 . 1 blik (omtrent 400g) pynappelstukke in ligte stroop (hou stroop eenkant - moet dit nie drink of weggooi nie)
- 9 . 100-150ml water
- 10 . 1-2 teelepels Mazeina
- 11 . 1 eetlepel appelasyn
- 12 . 2-3 eetlepels onverwerkte heuning
- 13 . Worcestershiresous
- 14 . Lae-sout sojasous
- 15 . Grap-saad olie (grape seed olie)
- 16 . Tobasco sous
INSTRUCTIONS
- Braai 'n halwe ui, grof gesnipper, in bietjie grap-saad-olie (grape seed oil). In 'n Wok.
- Braai so paar groot knoffeltone, grof gekap, saam met die ui.
- Verwyder as dit lekker lyk. Hou eenkant.
- Braai 'n soet-rissie, in ringetjies gesny. As mooi lyk, hou saam met die uie en knoffel eenkant.
- Braai die lang-stam broccoli vinnig tot mooi lyk. Hou saam met die uie, knoffel, soetrissie alles saam eenkant.
- Braai een pakkie gewone knopie sampioene, grof gesny in nog so bietjie grap-saad olie.
- As die sampioene se watertjies weg gebraai het, en hulle mooi bruin is, hou dan alles eenkant, saam, die hele boksemdiaas.
- Braai 'n blik pynappelstukke (hou die stroop eenkant) totdat hulle so kleurtjie hier-en-daar wys.
- Van die soetrissie af, as dit eers gaar is, kan mens die groente alles saam braai van die begin af, of alles individueel.
- Sny 4 hoenderborste en 'n pakkie spek in growwe stukke. Braai saam redelik vinnig tot lekker gaar en 'n mooi kleur het.
- Voeg so eetlepel of drie se Worcestershiresous by die hoender terwyl dit braai.
- Voeg so eetlepel of drie se lae-sout sojasous by die hoender terwyl dit braai.
- Voeg so paar druppel Tobasco sous by die hoender terwyl dit braai (na smaak of helemal sonder dit).
- As die hoender en spek begin gesels, en mooi lyk daarby, gooi dan alles saam terug in die wok.
- Maak so 100-150ml water, 1-2 teelepels Mazeina en 1 eetlepel appelasyn aan. Gebruik sommer die pynappelstroop, voeg net so bietjie water by as nodig.
- Voeg so 2-3 eetlepels onverwerkte heuning by die mengsel in die wok.
- As die heuning weg gesmelt het, roer alles goed en gooi dan die asyn-mazeine water by.
- Kook todat die sousie mooi verkleur en dik word.
- Bedien saam met flied lice of noodles (Woolworths se medium wholewheat noodles is die lekkerste).
Labels:
Resepte
Thursday, February 1, 2018
Subscribe to:
Posts (Atom)














































