Wednesday, January 14, 2009

Terug Skool Toe!


Franko doen vanjaar Graad 3, oftewel Standard Een in die ou bedeling. Anrich is in Graad R, of ook genoem Graad Nul. 'n Paar Foto's van die tweetjies in ons foto album.





Sunday, January 11, 2009

Monday, December 8, 2008

A-klas Roadster


Ek wil een he^......


Friday, December 5, 2008

Syrrey foto's

Van die foto's soos belowe - hierdie paar is van die wat Cobus Venter geneem het.


Monday, December 1, 2008

Met die maan gepla


Johan Kruger het van hierdie laat weet, en gelukkig het ons dit toe gesien - te mooi. Die foto is van news24.com se site af. Dit is Jupiter en Venus wat so met die maan dans. Stellarium wys watter planeet is watter in die prentjie hieronder:


Jupiter is regs onder, en Venus links-bo.

Saturday, November 29, 2008

Windsor


Was vandag saam met Hester en Matthew na Windsor om daar rond te loop en na die Somerhuisie van die Queen Ma'am te kyk - baie mooi, en die straatjies vol winkels is iets besonders. Het sommer by 'n Ierse pub geeet, en 'n pint bitters gedrink. Te lekker. Sal van die fotos op picasaweb sit. 

Thursday, November 27, 2008

Guildford

Ek en Cobus Venter het Guildford toegery vir die aand - dit was regtig goed. Sien 'n foto hier van hul web-blaai.




Ons het daar by Giraffe gee"et. Ek sal van my en Cobus se fotos op my Picasa publiseer. Oppad terug Camberley toe, het ons per ongeluk 'n verkeerde afrit gevat, en deur Farnham gery. Daar het ons 'n baie mooi kerk gesien, St Andrews Church. Darem weer met 'n paar baie interessante draaie weer terug in Camberley gekom. Ons het by verskeie country pubs verbygery, part wat lyk asof James Bond nounou daar gaan inboek.



Wednesday, November 26, 2008

Diep (1)

Once they -- all of them -- had been genuine angels, and at that time they had had a choice between good and evil, so it was easy, easy being an angel. And then something happened. Something went wrong or broke down or failed. And they had become faced with the necessity of choosing not good or evil but the lesser of two evils, and so that had unhinged them and now each was a man.
- Philip K. Dick, "Galactic Pot-healer"

Surrey, London

Is tans in London (Camberley, Surrey) vir opleiding by Systematic. Het so bietjie tyd in die stad self spandeer, en selfs die London Eye gevlieg. Surrey is 'n rustige dorpie, en die Meadowcroft gastehuis wat aan Alan en Shena behoort is puik - dit is beslis die beste plek waar ek nog in die hierdie deel van die wereld gebly het. Alan het self aangebied om ons op en af te laai na 'n uittog na die groot stad, en het baie raad oor pubs ens gegee wat baie goeie raad was. Alan en Shena bedryf die plek al van 1993, en doen alles self - hulle is baie gasvry, en gaan uit hul pad om te help met enige iets. Beslis aan te beveel vir 'n hotel-moee" reisiger. Ons het ook by die Four Horse Shoes op Alan se aanbeveling gaan eet - Die Tribute bier daar was baie aangenaam, en hul steak paai is regtig goed vir 'n pub. Ek het van my foto's en van die wat Cobus Venter geneem het op my Picasa aanlyn album gepos. Sean Grant was ook saam. Ek het aan die einde van die week by Corne, Hester en Mattewis gaan kuier - baie lekker.

Bond: Quantum of Solace

As 'n Bond, faal hierdie weergawe, en verdien eintlik dan 1 uit 10. As generiese ontsnapping kan dit so 6 tot 7 uit 10 kry. Om 'n Bond te kan wees is daar 'n paar bestandele van uiterste belang: (1) Vrek mooi meisies, insluitend slegte meisies wat Bond dan om elke hoek en draai vasdruk, of ten minste met vrek skerp sinsnedes vermaak. Die 2 dames in die fliek is nou wel mooi, en die pragtige Engelse rosie is nou wel eenkeer gedruk/gelek, maar daar is geen voelbare spanning tussen die hoofsterre nie. Daar is meer spanning tussen Dame Judy en Bond! (2) Hy moet asemrowende vervoermiddels in heelwat meer natuurwet-oortredende toertjies gebruik, as die een Aston en baie vervelige ander motors. Waar is die dae wat Bond met 'n army tenk die skelms uitoorle^? (3) Die skelms moet onmoontlik sleg lyk en handel, en moet Bond tot op die laaste uitoorle^, nie soos die papperd wat 'n kannetjie olie gewilliglik drink nie! Wat was daai reus van 'n man in Gold Finger - flip hy sal my in my broek laat piepie het! (4) Speelgoed - een vervelige toneel van sogenaame multi-tas skerms is al baie ou nuus, selfs nou al op selfone beskikbaar. En baie daarvan, nie net een of twee nie. (5) Vlymkerp se^goed wat selfs die slegste skelm of mooiste meisie sal laat knak. En baie daarvan. (6) Bond moet nie te sterk en gespierd voorkom nie, hy moet met slim voetwerk, sonder om soos 'n geknakte recce soldaat te lyk, die skelms uitoorle^. Nee wat, ek dink hulle het die resep verloor, maar ten spyte daarvan moet mens die fliekie op die groot skerm gaan kyk. Ai, die opwinding!

Thursday, November 20, 2008

Hoe het hulle geweet om daar te kyk!?

Hierdie het op 21 Nov 2008 news24.com verskyn. Sien hieronder.

Wat ek net wonder, is hoe het hulle geweet om daar te kyk, en hoe !?

Woman hid drugs in vagina
20/11/2008 22:30 - (SA)

Johannesburg - A woman was arrested at Cape Town International Airport on Thursday after cocaine was found in her possession, Johannesburg police said.

The South African woman had just got off a flight from Buenos Aires in Argentina around 11:30 when she was arrested.

"She had approximately half a kilogram hidden in her private parts and 52 bullets which she had swallowed, [also] presumed to contain cocaine. Further test are still being conducted," said Captain Dennis Adriao.

Monday, November 17, 2008

Monday, November 3, 2008

Anrich Swem !!!

Anrich het verlede week begin vra om sy vlerkies af te haal sodat hy kan oefen om te swem. Hy het begin deur so tipe-van versuipslaggie te swem, maar het vandag vir die eerste maal self aan die diepkant ingespring, en helemal op eie houtjie tot by die vlak kant se trap geswem. Hy is nou soos 'n vissie in die water en kan net nie genoeg kry nie. Hy is nou besig om te probeer leer om sonder 'n duikbrilletjie te swem....

Auto Africa

Ek, Oupa Harm, Franko en Anrich was die naweek na AutoAfrica 2008 by Nasrec, net Suid van Johannesburg. Die skou was ietwat kleiner as die vorige een, maar daar was vir my 'n paar meer aanskoulike modelle as by die vorige een. Honda se klein mens-robotjie het glans aan die vorige een verleen, wat by hierdie een ietwat afwesig was. En, ai, foeitog, elke uitstaller gebruik maar sy fair share van mooi meisies om die produkte te help bemark. Die vreemdste was die by Mercedes-Benz se swaervoertiug seksie. Hulle het tradisionele Duitse drag gedra, met sulke uitstaan borsies. Daar was selfs 'n laaitjie met sulke drag, ten minste darem sonder die uitstaan borsies...

Die vreemdste vertoon, was die baie duur en fensie CL600 wat op die maat van rap-musiek (I like you just the way you are, Timbaland en I like to move-it-move-it)  sy lugsuspensie misbruik het om dans-passies, kan jy glo, te doen. Net soos die ouens wat hulle kar mod in die states....Moet se, dit was baie vreemd....

Maar nou, ja, die oulikste konsepmotor is die Nissan Nuvu, en die mees passievolste, waarskynlik die nuwe Alfa Spider. Die Ferari's was darem elk ook 'n slag gestart en geref, iets wat hulle die vorige keer nie wou doen nie. 

Ek sal van Oupa se foto's later bysit, maar eers 'n paar wat ek van die web af gekry het:

Hierdie is die Nissan Nuvu, beslis die mees verfrissende klein elektriese motortjie wat ek nog gesien het.


 




































Die Alfa Spider het in lewende lywe die mees passievolste ontwerp daar gehad:






























<


Wednesday, October 29, 2008

Ilanga Naweek

Ons het so 'n lekker ou langnawekie gemaak van die laaste naweek in die skoolvakansie. Ons was 9 gesinne wat die hele Ilanga lodge uitgeboek het. Dit was 'n naweek van tennis, tafeltennis, swem, 'n wildrit, fietsry, kleiduifskiet, kuier, braai, lees en slaap! Dit was vrek lekker. Die gesinne was Le Roux, Visser, Kruger, Schindler, Van Niekerk, Stander, Kriel, Van Rensburg en Grabe. 

Ons het 'n sonsondergangdrankie/versnappering geniet op een van die beste uitkykpunte in die ou Transvaal....
















Hier is ek in aksie met die lekker ou haelgeweer. Met my heel eerste skoot ooit met 'n haelgeweer het ek darem die eerste klei getref, en darem so 50% gehaal....


Tuesday, October 28, 2008

My droomkar....


My Verjaardag ete...








Op 22 Oktober my verjaardagete by O'Galito's, Montanapark gehad. Die rekening was maar taai, maar die ribbetjies was perfek, en hul interpretasie van 'n Tiramisu is uitstekend. Ek sal beslis net daarvoor teruggaan....

Sunday, September 21, 2008

Wegbreek Sel-naweek

Ons het so lekker blaaskansie gekry saam met die sel by Tussen-i-bome. Dit was regtig rustig want ons het nie eers nodig gehad om kos te maak nie! Ons het in een van die ossewaens gebly, waar mens dit so bietjie moet rough, want daar is nie krag of lopende water nie. Mens maak met so 'n mini-donkie warm water:












Dan bad jy in die balie:





Wednesday, August 20, 2008

My droom kar....


Hamster korreksie...

Lyk my daar is eintlik dan nou 6 nuwe hamstertjies en nie net 3 nie - hulle was vanoggend vroeg op vertoning, maar ek kon dit nie mooi afgeneem kry nie - sal weer vanmiddag probeer. Go Hammie.... O, en Franko het besluit dat Hammie nou eerder Bumblebee moet heet - seker maar oor hy baie steek in hom het....;-). Van die nuwelinge is Lightning, McQueen, Sheq, Car, ....

Tuesday, August 19, 2008

Bella toe sy klein was...

Isabel het 'n paar skyfies laat skandeer....hier onder is sy regs...



Monday, August 18, 2008

Hamsters wat broei

Franko en Anrich se twee hamsters, Hammie en Sally het 3 klein hamstertjies - hulle is pienk en baie klein. Mens kan hulle sien, maar ek kon nog nie fotos geneem kry nie. Franko het gevra dat ons hulle hou totdat hulle hare soos Hammie het...

Dunkeld Estate, Dullstroom

Ons was die naweek by Dunkeld Estate, Dullstroom vir Pa Harm se verjaardag. Hy het 60 jaar oud geword. Die plek is eenvoudig onbeskryflik! Ons het probeer forel vang, maar tevergeefs- hulle was nie honger nie, of is afwagtend op die lente! Ons het ook by 2 Chefs gaan eet. Dit was baie goed - die geroorsterde eend is sterk aan te beveel, maar die tuisgemaakte sjokolade roomys - teen R20 'n skeppie - kom nie naby Royal Kopenhagen Danish nie! Die Saterdag was 'n perfekte sonskyn dag, maar die Sondag so mistig soos wat jy nog nooit gesien het nie. Dit was egter iets spesiaals, want as dit so mistig is, voel dit asof mens op 'n ander planeet is - soos in die foto hiernaas. Sien ook ander fotos op picasa.

Vuurpyle en so aan

Ek en Franko het by ExpireLab Brooklyn8 Augustus twee vuurpyle gebou - Die plek het fotos geneem daarvan. Een van die fotos is hier links. Franko het eerste sy vuurpyl van die groepie afgeskiet (daar was so 6 groepies). Syne het skouspelagtig gevlieg, met 'n kurktrekker manoeuver. Die valskermpie het so goed ontplooi dat die rek wat dit inplek gehou het, morsaf gebreek het. Franko kon wel die vuurpyl herwin, maar sonder die valskerm en neusstuk. Hy was so bietjie hartseer daaroor! Myne was van die laastes en het perfek reguit in die lug in opgegaan - te pragtig. Dit het iewers op iemand se dak te lande gekom, so ek kon dit nie herwin nie. Ons het die dag regtig baie geniet.

Thursday, August 7, 2008

Stoetbulle so aan

'n Oom kom op 'n Vrystaatse plaas aangery. Hy klop aan die deur enkleinboet maak oop.
"More, boetie. Is jou pa hier?"
"Nee, oom. Hy en ma is dorp toe"
"Is jou ouboet Gert dalk hier?"
"Nee, oom. Hy is op kosskool. Hy kom eers weer volgende naweek huis toe,maar kan ek oom dalk help?"
"Nee, man. Om die waarheid te sê, ek wil dringend met jou ouers praat.
Jou broer Gert het my dogter Johannna swanger gemaak" "Gits, oom, ek weet nie so mooi wat om vir oom te sê nie.Ek weet my pa vra R1 000 per dek vir die stoetbul en R500 vir diestoetram, maar ek weet regtig nie hoeveel hy oom vir Gert gaan vra nie."

Anrich ry Fiets

Anrich het so rukkie terug begin fiets ry (28 Jun 2008) - net eendag besluit ek moet die wielietjies afhaal en daar gaat hy....die eerste paar keer moes ek hom net help aan die gang kom, maar vandag het hy om die kort blok helemal op sy eie gery. Ongelooflik, asof hy dit al lank doen....

Franko die Sterrekundige

Ek en Franko het vanaand na Jupiter gekyk op sy aandrang. Dit was nadat hulle by die Voortrekkers 'n praatjie gehad het deur 'n entoesias, wat gese^ het dat hulle 20h00 die aand moet kyk, en dat mens Jupiter se mane sou kon sien. Hy het my 20 jaar oue gewone refraktor uitgehaal, 'n ou Bushnell 70mm, en my maak kyk na Jupiter. En so wraggies, daar sit Jupiter met sy 4 mane, Europa, Io, Ganimede en Callisto! Dis ook die eerste keer wat ek na Jupiter gekyk het. Kan jy nou glo! Hy was so opgewonde. Die prent hier onder is met Stellarium gedoen.


Sunday, July 20, 2008

Loftus vir Jesus

Foto www.rapport.co.za

Ek en Isabel was gister daar - dit was nogals 'n gesig om 70,000 mense te sien wat daar is vir Jesus! Op een stadium tydens die lofprysing het die hele stadium baie stil en gewyd geraak - dit was baie spesiaal. Die sing van die Onse Vader was ook baie gesee"nd, veral op die manier wat die mense dit gesing het. Angus het baie oor dieselfde goed gesels as by MMC 2008, maar het oor MMC 2008 self gepraat.

Leeu Mannetjies en Wyfies...

Franko reken dat leeumannetjies lui is om te jag, en die werk vir die wyfies los, omdat leeumannetjies maanhare het, wat hulle te veel na leeus laat lyk. As hulle dan jag, dan weet die bokkies, hulle is leeus. Leeuwyfies het nie maanhare nie, dus weet die bokke nie hulle is eintlik leeus nie, so hulle moet die jagwerk doen....

Dit en natuurlik die feit, dat as 'n mens 'n leeumannetjie se pens kielie, hy nie in staat is om te brul nie....

Tuesday, July 15, 2008

Fliek Resensensie: Juno



Daar is net 'n paar sulke flieks in die wereld, en beslis nie elke jaar nie. Juno het skerp dialoog, drama, liefde en komedie. Dit is 'n ou, uitgestrykte storie wat so verfrissend voorgestel word, en die rolle so goed vertolk word, dat mens eenvoudig net nie hierdie film moet mis nie. Die bonus is dat mens dit op DVD ook kan geniet. Die musiekbaan is puik en reflekteer elke punt van die fliek 100%. Veral op die einde, waar die ou tweetjies saam sing, maak dit die grootste impak. Beslis aan te beveel vir mense met tieners. Is beslis een van my top fliek keuses.

Sunday, July 13, 2008

'n Paar Goeies

Sien hulle ook in Sommige Herhaalbares aan die regterkant

A bookstore is one of the only pieces of evidence we have that people are still thinking. Jerry Seinfeld, comedian

We all should know that diversity makes for a rich tapestry, and we must understand that all the threads of the tapestry are equal in value no matter what their colour.

Maya Angelou, poet

I think I’ve discovered the secret of life — you just hang around until you get used to it. Charles M Schulzm, cartoonist

If we listened to our intellect, we’d never have a love affair. We’d never have a friendship. We’d never go into business, because we’d be cynical. Well, that’s nonsense. You’ve got to jump off cliffs all the time and build yo wings on the way down.

Ray Bradbury, author

I’m tired of hearing it said that democracy doesn’t work. Of course it doesn’t work. We are supposed to work it. Alexander Woollcott, critic

Every successful revolution puts on in time the robes of the tyrant it has deposed. Barbara Tuchman, historian

For women the best aphrodisiacs are words. The G-spot is in the ears. He who looks for it below there is wasting his time. Isabel Allende, author


Human history becomes more and more a race between education and catastrophe. HG Wells, author

Men reach their sexual peak at eighteen. Women reach theirs at thirty-five. Do you get the feeling that God is playing a practical joke?

Rita Rudner, comedian

The first time I see a jogger smiling, I’ll consider it. Joan Rivers, comedian

Love alone is capable of uniting living beings in such a way as to complete and fulfil them,for it alone takes them and joins them by what is deepest in themselves. Pierre Teilhard de Chardin, philosopher

When childhood dies, its corpses are called adults.

Brian Aldiss, author

I must say Ifind television very educational. The minute somebody turns it on, I go to the library and read a good book. Groucho Marx, comedian

I think one’s feelings waste themselves in words; they ought all tobe distilled into actions which bring results. Florence Nightingale, nursing pioneer

If I had been around when Rubens was painting, I would have been revered as a fabulous model. Kate Moss? Well, she would have been the paintbrush. Dawn French, comedian

Idealists foolish enough to throw caution to the winds have advanced mankind and have enriched the world. Emma Goldman, activist

Don’t have sex, man. It leads to kissing and pretty soon you have to start talking to them. Steve Martin, comedian

Teach thy tongue to say ‘I do not know,’ and thou shalt progress. Maimonides, philosopher

Marriage is a wonderful invention: then again, so is a bicycle repair kit. Billy Connolly, comedian

Any man’s death diminishes me, because I am involved in Mankind; And therefore never send to know for whom the bell tolls; it tolls for thee. John Donne, poet

A leader is best when people barely know he exists, when his work is done, his aim fulfilled, they will say: we did it ourselves.

Lao Tzu, philosopher

The most potent weapon in the hands of the oppressor is the mind of the oppressed. Steven Biko, activist

A word to the wise ain’t necessary -- it’s the stupid ones that need the advice. Bill Cosby, comedian

If you do not speak up when it matters, when would it matter that you speak? The opposite of courage is conformity. Even a dead fish can go with the flow. Jim Hightower, activist

A common mistake that people make when trying to design something completely foolproof is to underestimate the ingenuity of complete fools. Douglas Adams, author

Any idiot can get laid when they’re famous. That’s easy. It’s getting laid when you’re not famous that takes some talent. Kevin Bacon, actor

Hope is the thing withfeat hers that perches in the soul — and sings the tunes without the words — and never stops at all. Emily Dickinson, poet

We’ve heard that a million monkeys at a million keyboards could produce the complete works of Shakespeare; now, thanks to the Internet, we know that is not true.

Robert Wilensky, computer science professor

If you don’t know where you are going, any road will get you there. Lewis Carroll, author


Friday, July 11, 2008

Die Kaap bly nou maar eenmaal net *MOOI* !

Was vir 'n vinnige aand af Kaap toe vir die werk - Simonstad. Arno Duvenhage het die paar fotos geneem.

Monday, June 30, 2008

Pa-en-seun naweek

Die pa-en-seun naweek was die perfekte manier om weer terug in die ding te kom na 'n oorsese werk-trippie. Ek was in Edinburgh vir 'n week, en het die Sondagoggend geland, tuisgekom, en vertrek vir twee dae van kwaliteit en kwantiteit tyd saam met my twee laaities. Ons het visgevang, nie gewarrie oor kos, klere en bad nie, en goed basies en eenvoudig geniet. Ek gaan dit beslis 'n jaarlike instelling maak. Leon Geldenhuys het dit ding gereel en so paar fotos geneem (sien hieronder). Ek het ook 'n paar geneem. Die oulike foto van Anrich is deur Johan Kruger geneem. Anrich hou die tou vas sodat die roeibootjie teen die kant bly, en sodat Marcus daarin kan dans!


Monday, June 23, 2008

Edinburgh 2008

Ek was vir 'n week of wat in Edinburgh om EURO-SIW 2008 by te woon. Ek het 'n referaat daar aangebied en myne is toe darem vir 'n "best paper" benoem. Wag nog vir die wenner. So foto of wat van my in Edinburg - die res sal ek op Picasa laai.

Monday, April 28, 2008

Dilbert











Sunday, April 27, 2008

Anrich sing

Anrich sing Loof Hom met die tromme, en Twinkle, twinkle little star. Sien video op Google Video.

Anrich se Boeresports Partytjie

Anrich se verjaardag party was stokbrood maak, toutrek, sakresies, eiergooi, kleilat, driebeen-resies, water-aanpaas, en wa-ry. Kyk na van die fotos op picasaweb


Tuesday, April 1, 2008

Koffie