Saturday, June 9, 2012

St Paulus 50 jaar pretdag

(Via BlackBerry)

St Paulus 50 jaar pretdag Graad 6

(Via BlackBerry)

Friday, June 8, 2012

Strategiesessie by Morgenzon

(Via BlackBerry)

Tuisgemaakte pizza vir 5

(Via BlackBerry)

Saturday, May 26, 2012

Chris Cameleon

Het so 3 jaar terug Chris gesien, maar moet se^ hierdie eenmanstukkie was baie goed. Sy vertel van Wielie-Walie, Die Soen en 'n BOO liedjie of twee was skreeusnaaks. Werklik 'n uitstekende stemkunstenaar. Gewoonlik is ons maar pap op Vrydagaande, maar hierdie slag het ons met 'n wip in die stap huis toe gegaan. Die hele Le Roux-familie het die aand saam met die Kings geniet.

Luukse Pizza

Sjef Larue se luukse natbiltong pizza met Italiaanse kersie tamatie basis, olywe, fetakaas, basiliekruid pesto, okkerneute en mozzarela kaas. Ryk en lekker...

(Via BlackBerry)

Friday, May 25, 2012

Monday, May 14, 2012

Oppad terug van Zurich na SA



Wat 'n geluk, Zurich het 'n arm-man-se-sitkamertjie. Oppad terug van IQPC IAMD 2012.

Lied van my Hart

Lekker ligte vermaak vir Moedersdag saam met die Standers, Venters en blomme mense (weet nie hulle van nie?). Nogals gewonder wat Huisgenoot oor die stuk publiseer het...



Thursday, May 10, 2012

Tuesday, May 8, 2012

Zurich en Luzern

Was vandag vir 'n baie kort besoek saam met Curt Dreyer in Luzern, eintlik Emmen. Wat 'n mooi plek. Terug in Zurich het ek die ou stad probeer verken, maar my tyd was maar min. Kon net een stegie deurstap en het toe besluit op 'n kaas fondu vir aandete. Seker die duurste R320 alleen ete wat ek ooit gehad het, en toe was dit nie eens lekker nie. Het oppad terug na die hotel in die hardloop by McDonalds !? van alle plekke gou iets toe maar ekstra gekry. En vrek, die Hauptbhanhof het my kop laat draai, my vrek gesukkel om die regte trein terug te kry. Maar ten minste was die werk deel van die dag baie suksesvol, die Switserse militere mense is baie vriendelik. 
Zurich Airport Hotel, Luzern, Oschenboden

Monday, May 7, 2012

Wednesday, April 25, 2012

Greding weer

Wel, vandag is die temperatuur dalk laag in Greding, maar dit is beslis warm en lekker buite as in Pretoria

Sunday, April 22, 2012

Thursday, March 22, 2012

Wednesday, March 14, 2012

Draf...


Sunday, March 4, 2012

Phantom of the Opera, Montecasino

Wel, mens moet beslis Phantom of the Opera sien, al is dit net vir die tegniese, koordineering en kostuums. Die oorpronklike stel is herbou in Teatro, Montecasino, en die aandag aan detail is ongeken, ten minste in SA. Saam met Bella and Marjorie, gistgeraand. O, en eet gerus by Maestro's, wye spyskaart, goeie diens, en lekker kos, billik. 

Saturday, February 11, 2012

Ou vir die Nuwe ...
















Wel, na net meer as 7 jaar en 100,000km moes ek uiteindelik van my geliefde trokkie afsien. LTF het net te onbetroubaar begin raak, veral as ons daai langpad vakansies wil aandurf. Head bolt morsaf twee keer, clutch slave cylinder, waterpomp, clutch, toe begin te te veel raak. Ou LTF het ons baie goed gedien, en ek sou nog 7 jaar kon doen. Maar die nuwe wa is so stil binne....

Nou het ons Isuzu BS die nuwe, 'n demo model met net 42km op die klok.


Galagos Lodge, Kosmos

Galagos Lodge is 'n **** plekkie, wat beslis aan te beveel is vir sy pragtige uitsig oor die dam. Lekker vir daai skelm wegbreek uit die woelige stad. Kosmos is baie rustig, voel soos die Kaap, net met 'n baie stil see.... Ek en Bella het 'n aandjie hier geslaap vir ons 15e herdenking, 1 Februarie 2012. Saam met die uiteet by Silver Orange Bistro, 'n perfekte aand uit.






Silver Orange Bistro

Silver Orange Bistro by Hartbeespoortdam is hoogs aan te beveel. Fyn cousine word voorgesit, maar in boere porsies. Hulle voor en nagaregte is hemels, ek het nog nie beter elders gehad nie. Die atmosfeer is amper Stellenbosch, glad nie kommersieel nie. Die is 'n klein bistro, met net 'n paar tafels. Die plek hang vrot van pryse gewen die afeglope jaar of wat. Dit is ietwat na die duur kant, maar beslis die moeite en geld werd. Ek en Bella het vir ons 15e herdenking hier geeet op 1 Februarie 2012. 

Monday, February 6, 2012

Greding, 6 - 8 Feb 2012

Was vinnig weer in Greding vir MIP saam met Alex en Surel, beide se eerste keer by MIP. Lekker koud, maar die sneeu bly darem mooi. Die koudste wat die kar se meter gewys het was so -16.









Sunday, February 5, 2012

Oppad na Munich op OR Tambo

Vir nog 'n besoek aan Greding, waar die sneeuvlokkies tans koudkry...

Friday, January 20, 2012

Erg begeerlik - Fiat 500 bostukloos....

Ek kan al die uitroep hoor, Bellissimo Cinquecento !!! En dit vir net R175k! Sjoe.


Sunday, January 15, 2012

Mooki Noodle Bar, Berea, Durban

Mooki Noodle Bar is 'n klein Sjinese restaurantjie, weggesteek in Durban. Mens kan egte Sjinese bier daar drink, en verskeie soorte handgemaakte noedels eet.