Monday, April 7, 2014

Saturday, March 1, 2014

Nog 'n ou pos... Voortrekkermonument 18 Desember 2011















'n Baie ou pos... 28 Jun 2008... Anrich ry fiets!

'n Baie ou pos... 28 Jun 2008...

 Anrich het die een Saterdag (28 Jun 2008) net eenvoudig besluit ek moet sy fietsie se wieletjies afhaal sodat hy behoorlik kan fiets ry. Ek het dit afgehaal, hy het opgeklim en gery!

'n Baie ou pos, Oktober 2007... Franko en Anrich ondersteun die Bokke!

'n Baie ou pos, Oktober 2007...

Nuwe video van Franko en Anrich in Shared Videos lys - Hulle ondersteun die Bokke vir RWC 2007!
http://www.youtube.com/watch?v=gwxhABI69NM

Iewers Nice, Bloemfontein

Ou possie van 12 Mei 2013 wat nooit gepos was nie...

As jy jouself in Bloemfontein bevind, en het kans vir 'n middagetetjie, beveel ek Iewers Nice ten sterkste aan. Dit is nou as jy van iets hou wat nie die gewone is nie. Kreatief met die lekkerste kos ooit. Die hamburgers is nie gewoon nie, baie groot en absoluut die moeite werd. As Tapas jou tone laat krul, probeer  beslis. Selfs pap en kaaiings is daar. Was daar vir Ouma Lenie se verjaardag ete. Die diens is puik en die pryse op die spyskaart breek nie die bank nie. Kyk uit vir herwonne materiale kuns en ook ander kuns teen die mure. Eklektiese mengsel van Kitsch, Sewentigs en modern. Wens ons het sulke plekkies hier in Sodom en Gemorra gehad, veral nader aan waar ons woon. Ai.




Steampunk vintage spoorweg lig

'n Desember 2013 vakansieprojekkie.






Ginger & Fig

Ginger & Fig, hoek van Lynnwood en Jan Shoba (Duncan), is hoogs aan te beveel. Saam met Bella 'n vinnige middagetetjie daar gedoen gister. Die Chicken Fettuicine is hemels! Het dit, asook 'n Goat's Cheese & Fig slaai, met Bella gedeel. Spoel af met 'n tuisgemaakte ystee, en as jy plek het, 'n cappuccino. 

Sunday, February 23, 2014

Friday, February 14, 2014

Wednesday, February 5, 2014

Historiese Greding

Historiese Greding

Winterson, Greding

Greding 3 tot 6 Feb 2014

Vir Werk, MIP WG49 W2.





Monday, February 3, 2014

Munchen lughawe

Eish, die cuppucino by Starbucks was 4Euro, oftewel so R60!

Sunday, February 2, 2014

Monday, January 20, 2014

Thursday, December 19, 2013

Tuesday, December 10, 2013

Met komplimente SANRAL...

...ons Aisiestog se eerste eToll Police File-agtige fototjies. Dit was oppad na Kamers vol Geskenke, Irene, saam die familie waar ons fyn kossies en goeie bier (Darling Black Mist) geniet het.




Monday, September 16, 2013

Sunday, July 21, 2013

Friday, July 12, 2013

Monday, June 17, 2013

St Paulus

Net voor die lang naweek

Blog

Blog

Dunkeld Estate, Dullstroom

Dunkeld Estate, Dullstroom

Dunkeld Estate, Dullstroom

Dunkeld Estate, Dullstroom

Sunday, June 16, 2013

Saturday, June 15, 2013

Sunday, May 19, 2013

Vrek, waar koop mens so een ?!


Tamatie Sop Improv

So tussen Nigella, Jamie Oliver en die plein interwebs, 'n improvisasie vir tamatiesop wat heel aangenaam uitgewerk het:

1 kg tamaties. Oorryp word normaalweg voorgeskryf, maar myne was vars Woolies oukies.
1 medium ui, fyn gekap
1 medium wortel, grof gerasper, sommer met die skillertjie bygekom
2 stingels seldery, stukkies gesny
'n hele paar vars soet basilie blare, sommer met stingels en al
kwart teelepel paprika, of as jy byt soek, eerder rooi peper
halwe teelepel knoffelvlokkies, of twee huisies vars
growwe swart peper
seesout
olyfolie
1L hoender aftreksel - sommer Tannie Inna Paarman se poeiertjies werk goed, so 3 tot 4 opgehoopte teelepels

Braai die uie bietjie tot sag in die olyfolietjies. Kap die tamaties in growwe stukkie, en gooi dan alles in die pot, en sommer die res van die bestandele ook.

Kook vir sowat 30 minute totdat alles redelik sag is, en jaag dan die Bzzz daardeur totdat alles fyn-fyn is. Eet saam met geroosterde growwe brood.

Room maak enige iets lekker, so mens kan seker 'n koppietjie room bygooi as jy wil, maar die sop was lekker sonder room ook. Dit was veral lekkerder die tweede dag, opgewarm.