Monday, June 30, 2008

Pa-en-seun naweek

Die pa-en-seun naweek was die perfekte manier om weer terug in die ding te kom na 'n oorsese werk-trippie. Ek was in Edinburgh vir 'n week, en het die Sondagoggend geland, tuisgekom, en vertrek vir twee dae van kwaliteit en kwantiteit tyd saam met my twee laaities. Ons het visgevang, nie gewarrie oor kos, klere en bad nie, en goed basies en eenvoudig geniet. Ek gaan dit beslis 'n jaarlike instelling maak. Leon Geldenhuys het dit ding gereel en so paar fotos geneem (sien hieronder). Ek het ook 'n paar geneem. Die oulike foto van Anrich is deur Johan Kruger geneem. Anrich hou die tou vas sodat die roeibootjie teen die kant bly, en sodat Marcus daarin kan dans!


Monday, June 23, 2008

Edinburgh 2008

Ek was vir 'n week of wat in Edinburgh om EURO-SIW 2008 by te woon. Ek het 'n referaat daar aangebied en myne is toe darem vir 'n "best paper" benoem. Wag nog vir die wenner. So foto of wat van my in Edinburg - die res sal ek op Picasa laai.