Wednesday, October 29, 2008

Ilanga Naweek

Ons het so 'n lekker ou langnawekie gemaak van die laaste naweek in die skoolvakansie. Ons was 9 gesinne wat die hele Ilanga lodge uitgeboek het. Dit was 'n naweek van tennis, tafeltennis, swem, 'n wildrit, fietsry, kleiduifskiet, kuier, braai, lees en slaap! Dit was vrek lekker. Die gesinne was Le Roux, Visser, Kruger, Schindler, Van Niekerk, Stander, Kriel, Van Rensburg en Grabe. 

Ons het 'n sonsondergangdrankie/versnappering geniet op een van die beste uitkykpunte in die ou Transvaal....
















Hier is ek in aksie met die lekker ou haelgeweer. Met my heel eerste skoot ooit met 'n haelgeweer het ek darem die eerste klei getref, en darem so 50% gehaal....


Tuesday, October 28, 2008

My droomkar....


My Verjaardag ete...








Op 22 Oktober my verjaardagete by O'Galito's, Montanapark gehad. Die rekening was maar taai, maar die ribbetjies was perfek, en hul interpretasie van 'n Tiramisu is uitstekend. Ek sal beslis net daarvoor teruggaan....