Thursday, September 23, 2010

Greding Water Wiel

Greding het so 'n klein kanaaltjie wat ook 'n water wielietjie het, kompleet met eendjies wat rond kwaker.

Greding

Vandag was my laaste dag by MIP, maar ek ry eers more terug lughawe toe. Oppad wil ek by die Audi museum in Ingolstadt aandoen.

Wednesday, September 22, 2010

Greding

Wel, wel, vandag het ek egte Duitse kossies geniet, Vark, Rooikool en kluitjies met so suurerige sousie. Nie helemal my koppie tee nie, maar ek moes. Ek ry moet so klein Pandatjie rond, gelukkig, want ek sukkel nog steeds om van die gevoel ontslae te raak of die kar van regs na links gaan oorrol op sy sy. Dit voel kompleet of hy net daar gaan omslaat. Dalk help die grootte van die kar nie.... maar dit help met aan die verkeerde kant van die pad ry...

Het vanaand spaans geeet, omdate die een spanjaard na 4.5 jaar weggaan by MIP. Daar was slaai, tapas en natuurlik 'n paelle wat regtig goed was. Heelwat Sangria het die rondte gedoen, met 'n gewonerige Duitse poedingkie. Die hoogtepunt van die aand was so drie Pacharan Zoco shooters - absoluut lekker. Dit is baie goeie kompetisie vir 'n staatmaker Jaegermeister.

Tuesday, September 21, 2010

Greding

Moet se^ die kos hier in Greding is baie goed. Het vanaand as deel van die self-betaal MIP sosiale geleentheid by die enigste Griekse restaurant in Greding geeet. Pyraser bier, ouzo en souvlakie later was ek heel versadig. Die kos word goed voorberei, en die mense is glad nie skaam met hulle porsies nie. Lekker gesels met 'n Switser, Amerikaner, Swede en Franse. En wat 'n aanvallige Duitse kelnerinnetjie - sy vat nie gevangenisse nie. Die eienaar is ook vol streke en toe lyk die een Sweed nes hy, ook met 'n lekker pankop. Moet se^ die mense is aangenaam, en die MIP mense ook.


View Larger Map

Monday, September 20, 2010

Greding

My tweede dag in Greding het baie glad verloop...moes maar werk, maar het aan die einde van die dag na een van die ander hotelle, Hotel Bauer-Keller, aan die ander kant van die snelweg (A9) gestap. Daar het ek 'n Vark Cordon Blue geniet wat darem vir jou uitstekend was. Dit met 'n lekker ou biertjie, Winkler Brau Kupfer Spezial, maak die aand soveel beter. Ek het lekker met een van die Noorweers gesit en gesels terwyl hy vir sy span gewag het. Met so 2-skep Italiaanse roomysie het ek die aand perfek afgesluit....sal heelwat moet draf as ek terug in SA is!














Ek het vandag ook 'n interessante alternatief vir Coca Cola gedrink, Pyraser Cola-Mix, baie lekker, wens ek kon dit in SA koop (ook die biertjie).

Nog so paar fotos wat ek gister geneem het...














St Martin Basilica














'n Deel van die stadsmuur














'n Paar mooi dakke, met die Rathaus se toring (of die gebou reg daar langs)

Hildegarde se kortpad Briejanie...

Die brijanie resep is baie maklik...ek gebruik PnP se "Rice meal - breyani". Jy maak 400g lam/hoender/groente gaar met 'n bietjie olie 'n pan. Dan gooi jy nog klein bietjie olie en die seasoning pakkie by. Dan gooi jy die pakkie rys en omtrent 900ml water by, roer, laat simmer vir so 45min. En dan't jy brijanie vir 4 mense. :)

Sunday, September 19, 2010

Franko se Stone Hedge...

Greding














































Jawel, daar is ek nou in Greding vir MIP. Het redelik maklik reggekom met die linkerhandstuur Fiat Pandatjie, darem net so een keer te vinnig 'n afrit gevat en moes omdraai van Muenchen Flughawe af. Greding is 'n klein ou dorpie met redelik min te doen, Vanaand gaan ek gou na 'n orrel en trompet optrede luister in die kerk op die heuwel (The Basilica of St. Martin). My hotel, Hotel am Markt is baie gerieflik, op die markplein, en het selfs verniet internet, alhoewel met 'n redelike op-en-af wifi konneksie. As ek met my linkervoet op die toilet staan is die konneksie stabiel. Maar ek kon darem hierdie pos. Ek het vanoggend lekker koffie gedrink op die plein in die son, en 'n schnitzel geeet by die plek oorkant my hotel.

Die trompet en orrel uitvoering was voortreflik, en nogals verniet. Alexander Pfeifer (trompet) en Frank Zimpel (orrel) se weergawe van Franz Schubert se Ave Maria het sekerlik die Engele trane laat wegpink. Die gladde, soepel, trompetklanke vloei deur die lee" kerk se akoestiek, Baie mooi.

Monday, September 6, 2010