Sunday, September 19, 2010

Greding














































Jawel, daar is ek nou in Greding vir MIP. Het redelik maklik reggekom met die linkerhandstuur Fiat Pandatjie, darem net so een keer te vinnig 'n afrit gevat en moes omdraai van Muenchen Flughawe af. Greding is 'n klein ou dorpie met redelik min te doen, Vanaand gaan ek gou na 'n orrel en trompet optrede luister in die kerk op die heuwel (The Basilica of St. Martin). My hotel, Hotel am Markt is baie gerieflik, op die markplein, en het selfs verniet internet, alhoewel met 'n redelike op-en-af wifi konneksie. As ek met my linkervoet op die toilet staan is die konneksie stabiel. Maar ek kon darem hierdie pos. Ek het vanoggend lekker koffie gedrink op die plein in die son, en 'n schnitzel geeet by die plek oorkant my hotel.

Die trompet en orrel uitvoering was voortreflik, en nogals verniet. Alexander Pfeifer (trompet) en Frank Zimpel (orrel) se weergawe van Franz Schubert se Ave Maria het sekerlik die Engele trane laat wegpink. Die gladde, soepel, trompetklanke vloei deur die lee" kerk se akoestiek, Baie mooi.

No comments:

Post a Comment