Showing posts with label Lisa. Show all posts
Showing posts with label Lisa. Show all posts
Sunday, January 3, 2010
Saturday, January 2, 2010
Lisa op 8 1/2 weke
Kyk sy geniet haar kou speelgoed en is darem nou baie minder vreemd vir haar nuwe omgewing in die Le Roux huishouding.
Labels:
Lisa
Tuesday, December 29, 2009
Lisa le Roux
Ons het tot groot opwinding van die twee seuns en Bella vandag klein Lisa ontvang by die Krugers. Sy is 'n Miniatuur Schnauzer. Lisa is op 4 November 2009 gebore. Sy het 'n hele rukkie gevat om te ontdooi in haar nuwe omgewing sonder ma-hond of boeties en sussies. Aanvanklik wou sy nie eet nie, maar nadat sy uit Herman se hand geeet het (!), het sy heeltemal ontspan en die nuwe terrain begin verken. Sy het selfs 'n slag geknor vir "iets". Na haar etetjie - 'n volle derde van 70 gram se Royal Canin - het sy gepiepie op die agterste gras en reg voor die garage op die opritlaan geskuit. Ai. As enige van die ander Le Roux familie lede haar roep met 'n gefluit en prrrttt, kom sy vinnig aan.
Labels:
Lisa
Subscribe to:
Posts (Atom)

-764159.jpg)
