Saturday, February 11, 2012

Ou vir die Nuwe ...
















Wel, na net meer as 7 jaar en 100,000km moes ek uiteindelik van my geliefde trokkie afsien. LTF het net te onbetroubaar begin raak, veral as ons daai langpad vakansies wil aandurf. Head bolt morsaf twee keer, clutch slave cylinder, waterpomp, clutch, toe begin te te veel raak. Ou LTF het ons baie goed gedien, en ek sou nog 7 jaar kon doen. Maar die nuwe wa is so stil binne....

Nou het ons Isuzu BS die nuwe, 'n demo model met net 42km op die klok.


Galagos Lodge, Kosmos

Galagos Lodge is 'n **** plekkie, wat beslis aan te beveel is vir sy pragtige uitsig oor die dam. Lekker vir daai skelm wegbreek uit die woelige stad. Kosmos is baie rustig, voel soos die Kaap, net met 'n baie stil see.... Ek en Bella het 'n aandjie hier geslaap vir ons 15e herdenking, 1 Februarie 2012. Saam met die uiteet by Silver Orange Bistro, 'n perfekte aand uit.






Silver Orange Bistro

Silver Orange Bistro by Hartbeespoortdam is hoogs aan te beveel. Fyn cousine word voorgesit, maar in boere porsies. Hulle voor en nagaregte is hemels, ek het nog nie beter elders gehad nie. Die atmosfeer is amper Stellenbosch, glad nie kommersieel nie. Die is 'n klein bistro, met net 'n paar tafels. Die plek hang vrot van pryse gewen die afeglope jaar of wat. Dit is ietwat na die duur kant, maar beslis die moeite en geld werd. Ek en Bella het vir ons 15e herdenking hier geeet op 1 Februarie 2012. 

Monday, February 6, 2012

Greding, 6 - 8 Feb 2012

Was vinnig weer in Greding vir MIP saam met Alex en Surel, beide se eerste keer by MIP. Lekker koud, maar die sneeu bly darem mooi. Die koudste wat die kar se meter gewys het was so -16.









Sunday, February 5, 2012

Oppad na Munich op OR Tambo

Vir nog 'n besoek aan Greding, waar die sneeuvlokkies tans koudkry...