Saturday, May 26, 2012

Chris Cameleon

Het so 3 jaar terug Chris gesien, maar moet se^ hierdie eenmanstukkie was baie goed. Sy vertel van Wielie-Walie, Die Soen en 'n BOO liedjie of twee was skreeusnaaks. Werklik 'n uitstekende stemkunstenaar. Gewoonlik is ons maar pap op Vrydagaande, maar hierdie slag het ons met 'n wip in die stap huis toe gegaan. Die hele Le Roux-familie het die aand saam met die Kings geniet.

Luukse Pizza

Sjef Larue se luukse natbiltong pizza met Italiaanse kersie tamatie basis, olywe, fetakaas, basiliekruid pesto, okkerneute en mozzarela kaas. Ryk en lekker...

(Via BlackBerry)

Friday, May 25, 2012

Monday, May 14, 2012

Oppad terug van Zurich na SA



Wat 'n geluk, Zurich het 'n arm-man-se-sitkamertjie. Oppad terug van IQPC IAMD 2012.

Lied van my Hart

Lekker ligte vermaak vir Moedersdag saam met die Standers, Venters en blomme mense (weet nie hulle van nie?). Nogals gewonder wat Huisgenoot oor die stuk publiseer het...



Thursday, May 10, 2012

Tuesday, May 8, 2012

Zurich en Luzern

Was vandag vir 'n baie kort besoek saam met Curt Dreyer in Luzern, eintlik Emmen. Wat 'n mooi plek. Terug in Zurich het ek die ou stad probeer verken, maar my tyd was maar min. Kon net een stegie deurstap en het toe besluit op 'n kaas fondu vir aandete. Seker die duurste R320 alleen ete wat ek ooit gehad het, en toe was dit nie eens lekker nie. Het oppad terug na die hotel in die hardloop by McDonalds !? van alle plekke gou iets toe maar ekstra gekry. En vrek, die Hauptbhanhof het my kop laat draai, my vrek gesukkel om die regte trein terug te kry. Maar ten minste was die werk deel van die dag baie suksesvol, die Switserse militere mense is baie vriendelik. 
Zurich Airport Hotel, Luzern, Oschenboden

Monday, May 7, 2012