Tuesday, May 8, 2012

Zurich en Luzern

Was vandag vir 'n baie kort besoek saam met Curt Dreyer in Luzern, eintlik Emmen. Wat 'n mooi plek. Terug in Zurich het ek die ou stad probeer verken, maar my tyd was maar min. Kon net een stegie deurstap en het toe besluit op 'n kaas fondu vir aandete. Seker die duurste R320 alleen ete wat ek ooit gehad het, en toe was dit nie eens lekker nie. Het oppad terug na die hotel in die hardloop by McDonalds !? van alle plekke gou iets toe maar ekstra gekry. En vrek, die Hauptbhanhof het my kop laat draai, my vrek gesukkel om die regte trein terug te kry. Maar ten minste was die werk deel van die dag baie suksesvol, die Switserse militere mense is baie vriendelik. 
Zurich Airport Hotel, Luzern, Oschenboden

No comments:

Post a Comment