Sunday, May 19, 2013

Vrek, waar koop mens so een ?!


Tamatie Sop Improv

So tussen Nigella, Jamie Oliver en die plein interwebs, 'n improvisasie vir tamatiesop wat heel aangenaam uitgewerk het:

1 kg tamaties. Oorryp word normaalweg voorgeskryf, maar myne was vars Woolies oukies.
1 medium ui, fyn gekap
1 medium wortel, grof gerasper, sommer met die skillertjie bygekom
2 stingels seldery, stukkies gesny
'n hele paar vars soet basilie blare, sommer met stingels en al
kwart teelepel paprika, of as jy byt soek, eerder rooi peper
halwe teelepel knoffelvlokkies, of twee huisies vars
growwe swart peper
seesout
olyfolie
1L hoender aftreksel - sommer Tannie Inna Paarman se poeiertjies werk goed, so 3 tot 4 opgehoopte teelepels

Braai die uie bietjie tot sag in die olyfolietjies. Kap die tamaties in growwe stukkie, en gooi dan alles in die pot, en sommer die res van die bestandele ook.

Kook vir sowat 30 minute totdat alles redelik sag is, en jaag dan die Bzzz daardeur totdat alles fyn-fyn is. Eet saam met geroosterde growwe brood.

Room maak enige iets lekker, so mens kan seker 'n koppietjie room bygooi as jy wil, maar die sop was lekker sonder room ook. Dit was veral lekkerder die tweede dag, opgewarm.