Jawel, daar is ons vakansie nou ook amper heeltemal oor, nog net my laaste wekie van verlof wat voorle. Nou met my
buitetafel projek klaar, en so paar klein goedjies rondom die huis...
Midlands se 3 nagte by
Beaconvlei was absoluut die moeite werd, en beslis aan te beveel. Onthou net dit is 'n gasteplaas, en nie gastehuis of hotel nie. Alex, die eienaar is baie vriendelik en baie behulpsaam. Dis ook hoogs aan te bevele om een van die
Midlands Meander boekies te kry - Alex het sommer vir ons een gegee, maar dit kos net R5. Die boekie is baie akkuraat, ons het net twee goedjies om by te sit - Die winkeltjies by die
Howick valle is nie deel van die Midlands Meander nie, maar baie beslis die moeite werd, veral die tweedehandse winkel wat twee vloere van 'n houtgebou beslaan. Mens kan dae daar spandeer om te snuffel. Soortgelyk is die
Lion's River Trading Post, hoe gehalte snuffel materiaal, en beslis die stop werd. Boonop is dit 'n baie mooi pad soontoe (uitsig gewys). Die tweede is dat een van die skoen/leer winkels (
Agape Footwear) toe is, en geskuif het na
Pietermaritzburg. O, en die
Organiese Winkel op die selfde pad as die
Karkloof Farmer's Market (wat net Saterdae oop is), is nog nie regtig in bedryf nie. Baie spyt ons het die lg. gemis, dit lyk baie belowend op die kosfront. Dit is ook die moeite werd om na die
Karkloofvalle te gaan kyk, dit is beslis mooier as die
Howick valle. 'n Bakkie of 4x4 is egter dalk 'n beter opsie as 'n kar vir die paadjie soontoe, maar mens sal kan regkom. Daar is heelwat aan te bevele op die Midlands Meander (in geen spesifieke volgorde):
1)
Michaelhouse - Spud was ook hier verfilm, gaan kyk gerus na die asemrowende gronde, werklik besonders
2)
Nottingham Road Hotel - Die hotel is ietwat afgeleef en kort aandag, veral binnelangs, maar die kos is baie billik en regtig goed.
5)
Happy Hills - nog net 'n lekker plekkie, en goeie Fudge
7)
La Lampara Italiaanse restuarant, skynbaar wyd bekend vir die kwaliteit. Hulle pizzas is ook baie goed. Nie goedkoop nie.
Vir nog foto's kyk gerus op
my Facebook