Tuesday, December 29, 2009

Lisa le Roux


Ons het tot groot opwinding van die twee seuns en Bella vandag klein Lisa ontvang by die Krugers. Sy is 'n Miniatuur Schnauzer. Lisa is op 4 November 2009 gebore. Sy het 'n hele rukkie gevat om te ontdooi in haar nuwe omgewing sonder ma-hond of boeties en sussies. Aanvanklik wou sy nie eet nie, maar nadat sy uit Herman se hand geeet het (!), het sy heeltemal ontspan en die nuwe terrain begin verken. Sy het selfs 'n slag geknor vir "iets". Na haar etetjie - 'n volle derde van 70 gram se Royal Canin - het sy gepiepie op die agterste gras en reg voor die garage op die opritlaan geskuit. Ai. As enige van die ander Le Roux familie lede haar roep met 'n gefluit en prrrttt, kom sy vinnig aan.

Monday, December 28, 2009

Laaste dag by Winkelspruit


Gister was renerig en vandag mooi blou lug maar baie sterk wind. Kon darem beide dae swem. Ons kyk nou 'n laaste dag of wat na Matthew, terwyl Hester oppad is van Bloem na Petoors. Gistraant het die Vorsters 'n draai in ons kaia kom maak. Ons braai sommer vanaand daar by hulle. Ja nou toe, daar het die see vakansie nou ook sy g*t gesien. Tot volgende jaar weer. Ons het toe ook sommer na die braai by die Vorsters belsuit eerder as om vir die wekker te le en wag, om sommer terug te ry huis toe - ons het so 22h30 weggetrek nadat ons vinnig gelaai het, en so 5h30 die oggend in die opritlaan voor ons huis ingetrek. Al die kinders het lekker geslaap - ons het hulle net so in hul beddens oorgelaai, waar hulle verder lekker geslaap het tot 9h00. Teen 8h00 was ons uitgepak, die wasgoed gewas, met 'n lekker dag wat voorle.

Friday, December 25, 2009

Japanese tuin


Ek en Bella het muffins gaan eet en koeldrank gedrink by die Japanese tuin in Amanzimtoti terwyl Hes en Matthew (wat ek nie Matewis mag noem nie) by Oupa Neels en Ouma Joey gekuier het. Franko en Anrich het by Ouma Lenie en Oupa Harm gebly.









Die tuine is mooi, maar daar is vrek baie muskiete!


View Larger Map

Bella & Hes met die Krosies op Winkelspruitstrand


Thursday, December 24, 2009

Oukersdag & Die Maagvisus Woed Voort

Jawel, die maagvirussie hier by Winkelspruit trek nou ook die oues plat. Oupa, ouma en Bella is die nuutste gevalle, so saam met ons besoek aan uShaka. Ek moet reken dat uShaka op wereld standaard is. Hulle voorsiening vir alle ouderdomme, insluitend ouers met klein kindertjies is puik. Die diens is orals voortreflik, maar dit is ook ons belewing in en om Durban. Hierdie mense verstaan die ekonomie van toerimse, insluitend die inval van vaalpense (kyda's).

uShaka Marine World Franko & 45 jaar oue vis


uShaka Marine World Anrich & 45 jaar oue vis


uShaka Marine World Franko & Sandhaai


uShaka Marine World Seeskulpad


uShaka Marine World - Matthew eet Wimpy


Ons is vandag by uShaka Marine World. Die pikkewyne en dolfyn vertonings was baie mooi. Ons het die slag nie die seeleeu een gesien nie, maar wel weer hoe hulle die haaie voer. Die haaie was egter nie baie honger nie, en het dus nie baie gevreet nie. Hier geniet neef Matthew 'n Wimpy ete by die tak in uShaka.

Tuesday, December 22, 2009

Cabanas del Mar 81 Siekeboeg


Vir 'n gewaargborgde maagvirussie en mangrootte kakkerlakke, besoek gerus eenheid 81. Arme Anrich mis nou 'n hele wonderlike seedag. Klein Matthew het dit ligter maar 'n man het vanoggend vir Bella in die wasmasjien kamer gese al drie sy lendevruggies het dit ook laasnag opgedoen. Ai. Ek en Franko het vanoggend darem boogie bord gery, en sal vanmiddag weer.

Monday, December 21, 2009

Cabanas del Mar

Ons is in eenheid 81 op die 3e verdieping op die hoek. Lekker see uitsig, sodat ons selfs van die branders kan sien. Vandag skyn die son sonder enige wolkies. Die wind waai redelik sterk maar ons het lekker tyd spandeer op die strand. Laatmiddag sal dit weer goed wees. Matthew geniet steeds die strand maar is so ietwat versigtig na gister se paar rolle in die klein branders. Vandag kom Hester, en oupa en ouma.

Sunday, December 20, 2009

Neef Matthew saam met Franko

Dis lekker by die see, maar dis so ietwat bewolk en reenerig nou, dus kyk ons Aliens in the Attic. Ons het darem vanoggend lekker geswem. Franko het die eerste maal so op sy eie geboogybord. Hy wou nie stop toe hy eers voel hoe lekker dit is nie. Klein Matthew geniet die see en sand vreeslik. Hy is vreesloos en duik gewoon kop eerste in!

Thursday, December 17, 2009

Herman


Bron

Tuesday, December 15, 2009

Cabana del Mar

Ons bly in Cabana del Mar (Google Map) vir die Desember 2009 vakansie, saam met Hester, Matthew, Pa Harm en Ma Lenie...

Winkelspruit hier kom ons!


View Larger Map

Saturday, December 5, 2009

Waterski

Gister by Joy se verjaardagparty by Bronkhorstpruitdam, het ek 'n kans gekry om te probeer ski.... Na so 5 probeerslae met baie geduldige skippers, Andre en Theuns, baie sterk teue damwater en kontaklense wat agter my oogballe ingeskuif het, kon ek darem regop kom en vir so paar triomfantelike sekondes van semi-ski. So wat gemaak as die tou eweskielik pap voel omdat mens dan nou aquaplane? jy leen so bietjie terug en dan foeter jy om, want die oomblik as jy meer weerstand veroorsaak dan val jy vooroor. Vandag is ek maar redelik stram in die lyf, maar darem nie te erg nie.