Sunday, June 24, 2012

Sampioenroomsouslendefilet

Die perfekte Sampioenroomsouslendefilet:

1. Panbraai 'n handvol of twee gemende sampioene wat gesnipper is in dun skyfies in 'n bietjie olyfolie
2. Verwyder die sampioene, hou eenkant warm.
3. Panbraai jou gunsteling snit bees, myne is loshande lende filet (sirloin)
4. Gebruik slegs grof gemaalde swart peper en vars suurlemoen om die vleisies te geur.
5. Sodra reg, gooi sowat een koppie vars room by.
6. Skep so lekker opgehoopte teelepel franse mostert (Pommery) by die room.
7. Voeg 'n skeut brandewyn, verkieslik van Franse afkoms, by.
8. Vat so half opgehoopte teelepel meelblom met 'n teelepel vars botter, smelt die botter, meng mooi met die meel en voeg by die sous. Roer goed.
9. Laat alles redelik vinnig warm word, gooi die sampioene by en sodra die sous dikkerig word, bedien op 'n bed van, of lekker slaptjips, growwe krummelpap, rys of koes-koes. My gunstelig bedjie is die slaptjips, self  varsgemaak.

Geniet.


Saturday, June 23, 2012

Alternatiewe aartappelslaai

1kg baba aartappels 20mins gekook in soutwater
250ml vetvrye yogurt
45ml heelkorrel mosterd
10ml suurlemoensap
20ml Pietersielie
3 agurkies gekap
Klein uitjie gekap
Sout & peper na smaak

(Via BlackBerry)

Hoender-rys ineen oondgebak (Ma Elsa) regte Wintergemaksmaal

Eerste maal by Ma Else geëet, Junie 2012. Baie lekker.

1 koppie witrys
12 stukke hoender
Klein pakkie baba aartappeltjies
Sout & peper na smaak
3 eetlepels mayonnaise
3 eetlepels kerrie blatjang, daai van tannie Paardman sal goed werk
1 teelepel kerrie pasta (na smaak)
1 pakkie sampioensoppoeier
1 pakkie klein sampioentjies
Paar naeltjies
3 koppies water
Suurlemoenpeper (opsioneel)

Bak teen 180 grade C 2 ure met die deksel op.

(Via BlackBerry)

Monday, June 18, 2012

Dawid - Die Musical - 5/10

Dawid - Die Musical is, wel, 'n regte Musical. Ek vermoed dat Amore ook by die choreografie betrokke was... Helemal te veel klem op die danspassies, en te min aandag aan die storie, en veral die musiek.... Daar is net nie 'n katshie tjoen nie. Die stel is ook nie so indrukwekkend as met Ester nie. Laasgenoemde was stukke beter. Desnieteenstaande was dit 'n baie lekker dag by die Staatsteater, na 'n vadersdagete by Karooplaas

Saturday, June 9, 2012

St Paulus 50 jaar pretdag Graad 3 Kaskarren

(Via BlackBerry)

St Paulus 50 jaar pretdag Anrich & Anton

(Via BlackBerry)

St Paulus 50 jaar pretdag Graad 3

(Via BlackBerry)

St Paulus 50 jaar pretdag Graad 3 Rastas

(Via BlackBerry)

St Paulus 50 jaar pretdag

(Via BlackBerry)

St Paulus 50 jaar pretdag Graad 6

(Via BlackBerry)

Friday, June 8, 2012

Strategiesessie by Morgenzon

(Via BlackBerry)

Tuisgemaakte pizza vir 5

(Via BlackBerry)