Sunday, June 24, 2012

Sampioenroomsouslendefilet

Die perfekte Sampioenroomsouslendefilet:

1. Panbraai 'n handvol of twee gemende sampioene wat gesnipper is in dun skyfies in 'n bietjie olyfolie
2. Verwyder die sampioene, hou eenkant warm.
3. Panbraai jou gunsteling snit bees, myne is loshande lende filet (sirloin)
4. Gebruik slegs grof gemaalde swart peper en vars suurlemoen om die vleisies te geur.
5. Sodra reg, gooi sowat een koppie vars room by.
6. Skep so lekker opgehoopte teelepel franse mostert (Pommery) by die room.
7. Voeg 'n skeut brandewyn, verkieslik van Franse afkoms, by.
8. Vat so half opgehoopte teelepel meelblom met 'n teelepel vars botter, smelt die botter, meng mooi met die meel en voeg by die sous. Roer goed.
9. Laat alles redelik vinnig warm word, gooi die sampioene by en sodra die sous dikkerig word, bedien op 'n bed van, of lekker slaptjips, growwe krummelpap, rys of koes-koes. My gunstelig bedjie is die slaptjips, self  varsgemaak.

Geniet.


No comments:

Post a Comment