Saturday, March 1, 2014

Nog 'n ou pos... Voortrekkermonument 18 Desember 2011















'n Baie ou pos... 28 Jun 2008... Anrich ry fiets!

'n Baie ou pos... 28 Jun 2008...

 Anrich het die een Saterdag (28 Jun 2008) net eenvoudig besluit ek moet sy fietsie se wieletjies afhaal sodat hy behoorlik kan fiets ry. Ek het dit afgehaal, hy het opgeklim en gery!

'n Baie ou pos, Oktober 2007... Franko en Anrich ondersteun die Bokke!

'n Baie ou pos, Oktober 2007...

Nuwe video van Franko en Anrich in Shared Videos lys - Hulle ondersteun die Bokke vir RWC 2007!
http://www.youtube.com/watch?v=gwxhABI69NM

Iewers Nice, Bloemfontein

Ou possie van 12 Mei 2013 wat nooit gepos was nie...

As jy jouself in Bloemfontein bevind, en het kans vir 'n middagetetjie, beveel ek Iewers Nice ten sterkste aan. Dit is nou as jy van iets hou wat nie die gewone is nie. Kreatief met die lekkerste kos ooit. Die hamburgers is nie gewoon nie, baie groot en absoluut die moeite werd. As Tapas jou tone laat krul, probeer  beslis. Selfs pap en kaaiings is daar. Was daar vir Ouma Lenie se verjaardag ete. Die diens is puik en die pryse op die spyskaart breek nie die bank nie. Kyk uit vir herwonne materiale kuns en ook ander kuns teen die mure. Eklektiese mengsel van Kitsch, Sewentigs en modern. Wens ons het sulke plekkies hier in Sodom en Gemorra gehad, veral nader aan waar ons woon. Ai.




Steampunk vintage spoorweg lig

'n Desember 2013 vakansieprojekkie.






Ginger & Fig

Ginger & Fig, hoek van Lynnwood en Jan Shoba (Duncan), is hoogs aan te beveel. Saam met Bella 'n vinnige middagetetjie daar gedoen gister. Die Chicken Fettuicine is hemels! Het dit, asook 'n Goat's Cheese & Fig slaai, met Bella gedeel. Spoel af met 'n tuisgemaakte ystee, en as jy plek het, 'n cappuccino.