Sunday, July 31, 2016

Red Truck koffie winkeltjie, Green Olive village, Pretoria

Al is dit net vir die ambience, probeer gerus, asook hulle sjokolade bruintjies, sondelik lekker...

Sunday, July 3, 2016

Gesonde Sondagaandete

Luukse wafels met vars aarbeie, pekanneute, vanilje roomys en egte Kanadese esdoringstroop. Ryk en lekker.

Sjef Laroex Se Tandoorie Hoender Interpretasie

Hierdie was regtig lekker, stadige Winterskossies.


Sjef Laroex Se Tandoorie Hoender Interpretasie

Afgelei van 'n ander reseppie.
CATEGORIES
 hoender, kerrie, grooteet

INGREDIENTS

    • 8 tot 12 Hoender stukke
    • 1 medium ui, geskil en gerasper (of in ringetjies gesny, sien instruksies)
    • 3 groot knoffel tone, fyn gedruk
    • 2 teelepels Borrie
    • 1 teelepel Paprika
    • 1 teelepel Koriander
    • 1 teelepel fyn Gemmer
    • 1 to 2 teelepels Masala Kerrie poeier
    • 1 teelepel hoenderesktrak poeier
    • Sap van een suurlemoen
    • Growwe sout en growwe peper gemeul na smaak
    • Botter
    • Druiwesaadolie
    • Bietjie aangemaakte Mazeina (as nodig)

INSTRUCTIONS

    1. Braai die ui in botter tot sag, hou dan eenkant (as jy dit nie gerasper of baie fyn gekap het nie, meng dit met die hoenderekstrak en kookwater en blits tot baie fyn, hou steeds dan eenkant)
    2. Braai die hoender stukke in die druiwesaadolie tot mooi bruin aan alle kante, die vleisies moet al van die bene begin afbreek hier en daar.
    3. Voeg die res van die speserye by
    4. Meng die hoenderekstrak met kookwater, sowat 250ml
    5. Gooi alles bymekaar en stowe tot die hoender sag en deurgaar is, sowat 1 tot 1.5 uur
    6. As die sous bietjie dun is, verdik met die Mazeina voor bediening.

NOTES

Lekker saam met lemoenwortels, Basmati rys en ertjies