Saturday, January 9, 2010

Luukse Franse Roosterbrood


Vir 'n baie luukse ontbyt, sommer by die huis, en met redelik min moeite, maak Franse roosterbrood met gewone bruinbrood, witbrood of die beste, Portugese rolletjies. Wat egter die ontbyt luuks maak is wat mens bo-op die Franse roosterbrood sit:
  1. 'n lekker stukkie of twee bros gebraaide vark rugspek
  2. 'n piesang in skyfies gesny
  3. 'n handvol neute, grondboontjies werk goed, gesout of ongesout, vars of gebak. Kasjoeneute is gewoonlik die  lekkerste, gesout en gebak.
  4. Gerasperde kaas, verkieslik 'n medium cheddar van Woolies.
  5. Die pièce de résistance vir my met hierdie resep is die rooi-ui marmelade wat mens dan bo-oor alles strooi. Ons het nog so bietjie oor van die wat hulle by Valley Cats in Clarens maak.
  6. Laaste, net om die balans reg te kry, is dan geen ander stroop as die van die Lyles broers van London nie. Suiwer genot op sy beste. Moet nie te veel oor sit nie, net genoeg.
Om hierdie regtig nog 'n vlakkie te lig, geniet 'n Choccochino saam. Ons gebruik sommer NESCAFÉ Cappuccino met Cadbury's Hot Chocolate. Gebruik so 70% gekookte melk saam met gekookte water om die gevoel net reg te kry.


No comments:

Post a Comment