Wednesday, April 25, 2012

Greding weer

Wel, vandag is die temperatuur dalk laag in Greding, maar dit is beslis warm en lekker buite as in Pretoria

Sunday, April 22, 2012

Thursday, March 22, 2012

Wednesday, March 14, 2012

Draf...


Sunday, March 4, 2012

Phantom of the Opera, Montecasino

Wel, mens moet beslis Phantom of the Opera sien, al is dit net vir die tegniese, koordineering en kostuums. Die oorpronklike stel is herbou in Teatro, Montecasino, en die aandag aan detail is ongeken, ten minste in SA. Saam met Bella and Marjorie, gistgeraand. O, en eet gerus by Maestro's, wye spyskaart, goeie diens, en lekker kos, billik. 

Saturday, February 11, 2012

Ou vir die Nuwe ...
















Wel, na net meer as 7 jaar en 100,000km moes ek uiteindelik van my geliefde trokkie afsien. LTF het net te onbetroubaar begin raak, veral as ons daai langpad vakansies wil aandurf. Head bolt morsaf twee keer, clutch slave cylinder, waterpomp, clutch, toe begin te te veel raak. Ou LTF het ons baie goed gedien, en ek sou nog 7 jaar kon doen. Maar die nuwe wa is so stil binne....

Nou het ons Isuzu BS die nuwe, 'n demo model met net 42km op die klok.


Galagos Lodge, Kosmos

Galagos Lodge is 'n **** plekkie, wat beslis aan te beveel is vir sy pragtige uitsig oor die dam. Lekker vir daai skelm wegbreek uit die woelige stad. Kosmos is baie rustig, voel soos die Kaap, net met 'n baie stil see.... Ek en Bella het 'n aandjie hier geslaap vir ons 15e herdenking, 1 Februarie 2012. Saam met die uiteet by Silver Orange Bistro, 'n perfekte aand uit.






Silver Orange Bistro

Silver Orange Bistro by Hartbeespoortdam is hoogs aan te beveel. Fyn cousine word voorgesit, maar in boere porsies. Hulle voor en nagaregte is hemels, ek het nog nie beter elders gehad nie. Die atmosfeer is amper Stellenbosch, glad nie kommersieel nie. Die is 'n klein bistro, met net 'n paar tafels. Die plek hang vrot van pryse gewen die afeglope jaar of wat. Dit is ietwat na die duur kant, maar beslis die moeite en geld werd. Ek en Bella het vir ons 15e herdenking hier geeet op 1 Februarie 2012. 

Monday, February 6, 2012

Greding, 6 - 8 Feb 2012

Was vinnig weer in Greding vir MIP saam met Alex en Surel, beide se eerste keer by MIP. Lekker koud, maar die sneeu bly darem mooi. Die koudste wat die kar se meter gewys het was so -16.









Sunday, February 5, 2012

Oppad na Munich op OR Tambo

Vir nog 'n besoek aan Greding, waar die sneeuvlokkies tans koudkry...

Friday, January 20, 2012

Erg begeerlik - Fiat 500 bostukloos....

Ek kan al die uitroep hoor, Bellissimo Cinquecento !!! En dit vir net R175k! Sjoe.


Sunday, January 15, 2012

Mooki Noodle Bar, Berea, Durban

Mooki Noodle Bar is 'n klein Sjinese restaurantjie, weggesteek in Durban. Mens kan egte Sjinese bier daar drink, en verskeie soorte handgemaakte noedels eet.

Wednesday, November 30, 2011

Greding, Duitsland

Lekker koud, so tussen 0 en 6 grade meeste van die tyd. Die uitsig uit my kamer 11h00 in die oggend...



Duitsland is mal oor Kersfees en Kersfees markte...

Een van die best Dunkles biere wat ek nou al gehad het. Glossner is beslis bo-aan my lysie op hierdie stadium. Het hierdie een by Gasthof Krone geniet.


Hierdie was baie lekkerder as wat dit op die foto lyk.....otjie in een van die vele vorme waarop die Duitsers dit voorsit (Gasthof Krone).


Greding in die aand...





Darem lekker om saam met die Swede te kuier in Greding, hulle is baie vriendelike mense, al was hulle Vikings! Hulle was darem meer as 200 jaar gelede in 'n eie oorlog..... Bellingries is net buite Greding, oulike dorpie, met 'n lekker Italiaanse restaurant.



Thursday, November 3, 2011

Ester, Staatsteater

Sjoe, dis al 'n rukkie terug, maar Ester die Musical in die Staatsteater saam met die kinders was jou werlik waar die moeite werd. Veral ook omdat dat die manne se eerste maal daar was. Die produksie was baie professioneel gedoen en die stel tegnies uitnemend. Beslis aan te bevele, en lees maar gerus die verhaaltjie gou voor die opvoering, dan volg mens baie maklikler. Saam met die hele familie, agter heel bo in die teater. 

Afri-Talia, Atterbury Teater

Neewat, as mens Afri-Spaans gesien het, is Afri-Talia maar ietwat teleustellend... Ons het dit saam met die Standers en Ma Lenie gaan kyk met groot afwagting in die splik splinternuwe Atterbury Teater. Die tema was meer Rock-a-Roll, maar omdat net een sanger opgetree het, en vir 'n taamlik kort vertoning is dit maar aan die flou kant. Die gehoor het nou ook nie heeltemal saamgespeel nie. Afri-Spaans was meer van 'n musical, waar hierdie gewone band optrede is. Hoop nie die volgende in die reeks is ook so flou nie, dit sal regtig jammer wees. 

Tuesday, October 25, 2011

Facebook...


Saturday, October 1, 2011

CH2 en die UP Simfonie Orkes

Ek en Bella het uiteindelik CH2 gaan kyk (11 Sep 2011). Nog beter vir my was dat dit saam met die Universiteit van Pretoria se Simfonie Orkes was. Die hoogtepunte was sonder twyfel Recuerdos de la Alhambra en Cavatina, ook bekend as The Deer Hunter. Ons het hulle voorheen ook in Afri-Spaans gesien, maar dit was net 'n lusmakertjie.

Sunday, June 5, 2011

Franko speel tennis

Was dit nou nie lekker nie, ek en Franko kon gister ons eerste volwaardige pot tennis speel. Sy tennis het baie beter geword vandat hy by Andre by Sinoville klub begin lesse neem het so 3 maande terug.

Monday, February 14, 2011

Dilbert


Dilbert

Saturday, February 12, 2011

Monday, February 7, 2011

Dilbert...

Marthie se mieliebrood muffins/brood

Hierdie by Hildegarde gekry - het dit as braai bykos bolletjies gemaak - groot treffer!

500g self-raising flour
knippie sout
1 eier
blik kondensmelk
blik soetmielies

Voorverhit oond tot 180 grade C.
Meng alles saam en as dit te dik is, voeg melk/water by.
Bak 25min vir muffins en so 40min-1h vir brood.