Tuesday, September 27, 2016

Mistigheid, Herfs Greding

Vir Anrich

Hotel Am Markt, Greding

Sekerlik van die lekkerste geregte in Duitsland, te kry by Hotel Am Markt. Hier het ek Schweizer Schnitzel en Apfel Kuchen verober, te same met 'n Dunkles Gutman biertjie....













Oktoberfest & Munchen

Het by Oktoberfest 'n draai gemaak oppad na Greding vir werk... Ek verkies eerder die Kersmarkte.























Saturday, August 20, 2016

Phobians 5km fun run, Boys High

Franko omtrent 24mins
Herman 27m14s

Sunday, July 31, 2016

Red Truck koffie winkeltjie, Green Olive village, Pretoria

Al is dit net vir die ambience, probeer gerus, asook hulle sjokolade bruintjies, sondelik lekker...

Sunday, July 3, 2016

Gesonde Sondagaandete

Luukse wafels met vars aarbeie, pekanneute, vanilje roomys en egte Kanadese esdoringstroop. Ryk en lekker.

Sjef Laroex Se Tandoorie Hoender Interpretasie

Hierdie was regtig lekker, stadige Winterskossies.


Sjef Laroex Se Tandoorie Hoender Interpretasie

Afgelei van 'n ander reseppie.
CATEGORIES
 hoender, kerrie, grooteet

INGREDIENTS

    • 8 tot 12 Hoender stukke
    • 1 medium ui, geskil en gerasper (of in ringetjies gesny, sien instruksies)
    • 3 groot knoffel tone, fyn gedruk
    • 2 teelepels Borrie
    • 1 teelepel Paprika
    • 1 teelepel Koriander
    • 1 teelepel fyn Gemmer
    • 1 to 2 teelepels Masala Kerrie poeier
    • 1 teelepel hoenderesktrak poeier
    • Sap van een suurlemoen
    • Growwe sout en growwe peper gemeul na smaak
    • Botter
    • Druiwesaadolie
    • Bietjie aangemaakte Mazeina (as nodig)

INSTRUCTIONS

    1. Braai die ui in botter tot sag, hou dan eenkant (as jy dit nie gerasper of baie fyn gekap het nie, meng dit met die hoenderekstrak en kookwater en blits tot baie fyn, hou steeds dan eenkant)
    2. Braai die hoender stukke in die druiwesaadolie tot mooi bruin aan alle kante, die vleisies moet al van die bene begin afbreek hier en daar.
    3. Voeg die res van die speserye by
    4. Meng die hoenderekstrak met kookwater, sowat 250ml
    5. Gooi alles bymekaar en stowe tot die hoender sag en deurgaar is, sowat 1 tot 1.5 uur
    6. As die sous bietjie dun is, verdik met die Mazeina voor bediening.

NOTES

Lekker saam met lemoenwortels, Basmati rys en ertjies

Sunday, June 26, 2016

Sondag Paella


http://www.pepperplate.com/recipes/view.aspx?id=8564477

Saturday, June 25, 2016

LEGO

My en Anrich se kompakte 4x4, rondom onafhanklike suspensie, voor en agterwiel stuur en dubbel ewenaar.

LEGO

My en Anrich se kompakte 4x4, rondom onafhanklike suspensie, voor en agterwiel stuur en dubbel ewenaar.

Wednesday, May 18, 2016

Sunday, May 8, 2016

Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band

Charl du Plessis en sy Boogie Woogie Big Band het mens se voete darem laat jeuk gisteraand. Elke musikant in die groepie is 'n meester in eie reg, maar Charl en die tromspeler, Hugo Radyn, is uitstaande. 'n Lekker mengsel van opgewarmde klassiek, Jaz en Swing. Al kritiek is dat dit heeltemal te kort was! Saam met Bella, Franko en Anrich by Atterbury Teater


Thursday, April 7, 2016

Houtkar


Sunday, April 3, 2016

Clarens Paasnaweek 2016

Dit was om soos op jou eie in die berge iewers te bly... Hierdie is van ons blyplek (Rebellie gasteplaas, Loslit eenheid) se voorstoepie af...



....En dan was daar ook heelwat aktiwiteit op die dorp...



En Herman se MTB drie-dag ren..,





Jip, so een wil ek he^...


Thursday, February 11, 2016

Soek so een by een of ander afgelee strand... dem


Dit is darem net te oulik. Sien hier vir meer details. En dan net vir R250k, klink nie te erg nie.

Sunday, January 24, 2016

Wednesday, January 13, 2016

Wednesday, January 6, 2016

Friday, December 18, 2015

Somersaand

Thursday, December 3, 2015

Werk

Monday, October 26, 2015

Crawdaddy's


Het laasweek by Crawdaddy's geeet... Die plek lyk soos iets tussen 'n Mosambiekse restuarant en Ierse pub, Franko het 'n (Amerikaanse) burger geeet, Bella 'n goeie lende snit (sirloin), Anrich Calamari, en ek 'n Meksikaans-gebaseerde Nachos gereg. Daarmee saam (Amerikaanse) melkskommeltjies, 'n Suid Afrikaanse interpretasie van Irish Red Ale en Kola Tonic (en sekerlik ook Coca Cola)... Multi-kultureel kan dit nie meer nie...Eish!






Thursday, October 8, 2015