Sunday, December 23, 2007

Basiese wafel resep (Uit Pineware wafelmaker boekie)

Bestandele:
1) 2 eier gele (hou die witte eenkant)
2) 315 ml (1 en 1/4 koppie) melk
3) 83 ml (1/3 koppie) kookolie
4) 3 tafellepels suiker (1 lepel is so 15 ml dink ek)
5) 1/2 teelepel sout
6) 375 ml (1 en 1/2 koppie) koekmeel (gesif)
7) 2 teelepels bakpoeier
8) 2 eierwitte

Metode:
1) Meng eerste 5 bestandele goed.
2) Sit meel en bakpoeier by
3) Meng alles tot glad - moet nie te veel meng nie!
4) Vou geklopte eierwitte in

1 comment:

  1. Dankie Herman, ons het dit vanaand gemaak en dit was lekker.

    ReplyDelete