Friday, December 21, 2007

Wilde Skilpaaie

'n Wilde skilpad het op ons erf sy opwagting gemaak - dood luiters rondgewaggel in ons voortuin. Het vir die outjie tamatie en water aangebied, wat hy aanvanklik nie wou eet of drink nie, maar het toe wel later. Franko en Anrich was baie opgewonde oor die nuwe toevoeging tot ons erf, maar ek vermoed hy het weer aangeskuif na groener weivelde. Franko het foto's geneem.

Het iemand al gehoor hoe skilpaaie paar - genugtig, hulle is meer raserig as 'n dronk seerower saam met 'n goedkoop, sleg prostituut!

Daar is nog foto's van ou Skillie op Skilpaaie en Kombuisrakke.

No comments:

Post a Comment