Tuesday, July 15, 2008

Fliek Resensensie: Juno



Daar is net 'n paar sulke flieks in die wereld, en beslis nie elke jaar nie. Juno het skerp dialoog, drama, liefde en komedie. Dit is 'n ou, uitgestrykte storie wat so verfrissend voorgestel word, en die rolle so goed vertolk word, dat mens eenvoudig net nie hierdie film moet mis nie. Die bonus is dat mens dit op DVD ook kan geniet. Die musiekbaan is puik en reflekteer elke punt van die fliek 100%. Veral op die einde, waar die ou tweetjies saam sing, maak dit die grootste impak. Beslis aan te beveel vir mense met tieners. Is beslis een van my top fliek keuses.

No comments:

Post a Comment