Monday, November 3, 2008

Auto Africa

Ek, Oupa Harm, Franko en Anrich was die naweek na AutoAfrica 2008 by Nasrec, net Suid van Johannesburg. Die skou was ietwat kleiner as die vorige een, maar daar was vir my 'n paar meer aanskoulike modelle as by die vorige een. Honda se klein mens-robotjie het glans aan die vorige een verleen, wat by hierdie een ietwat afwesig was. En, ai, foeitog, elke uitstaller gebruik maar sy fair share van mooi meisies om die produkte te help bemark. Die vreemdste was die by Mercedes-Benz se swaervoertiug seksie. Hulle het tradisionele Duitse drag gedra, met sulke uitstaan borsies. Daar was selfs 'n laaitjie met sulke drag, ten minste darem sonder die uitstaan borsies...

Die vreemdste vertoon, was die baie duur en fensie CL600 wat op die maat van rap-musiek (I like you just the way you are, Timbaland en I like to move-it-move-it)  sy lugsuspensie misbruik het om dans-passies, kan jy glo, te doen. Net soos die ouens wat hulle kar mod in die states....Moet se, dit was baie vreemd....

Maar nou, ja, die oulikste konsepmotor is die Nissan Nuvu, en die mees passievolste, waarskynlik die nuwe Alfa Spider. Die Ferari's was darem elk ook 'n slag gestart en geref, iets wat hulle die vorige keer nie wou doen nie. 

Ek sal van Oupa se foto's later bysit, maar eers 'n paar wat ek van die web af gekry het:

Hierdie is die Nissan Nuvu, beslis die mees verfrissende klein elektriese motortjie wat ek nog gesien het.


 




































Die Alfa Spider het in lewende lywe die mees passievolste ontwerp daar gehad:






























<


No comments:

Post a Comment