Sunday, June 21, 2009

Boabab, Diamonds and Pearls

Ek en Isabel het Diamond and Peals by Menlyn Barnyard gaan kyk. St Paulus het dit gereel. Moet se^ dit was heel goed, en die een ou sing so wrintie waar nes die regte Meneer Diamond. Voor die opvoering het ons gou iets by Baobab gaan eet. Isabel het 'n hoender rolletjie bestel en ek die Pork Belly Ribs. Dit was nou wel die 400g porsie, maar soos ek viir haar gese het terwyl ek gesmul het daaraan, voorwaar die beste ribs wat ek nog ooit gehad het. Amper daardie gevoel van die kos resensent gekry toe hy Rat-a-touille se ratatouile geproe het.... Ek sal beslis weer terug gaan vir nog, en dan die groter porsie bestel. En dan is dit nog boonop ook billik geprys met 'n goeie atmosfeer op die koop toe. Beslis aan te bevele.

No comments:

Post a Comment