Tuesday, August 11, 2009

Jak de Priester, Jan Harmsgat se Agterplaas


Ons en die Krugers het vir ou Jak de Priester by Jan Harmsgat se Agterplaas gaan luister so op die Maandagvakansiedag. Dit was oor 'n middagete, en ons het uitgeslaan met 'n Woolies piekniek ete, wat ons aandeelhouding in Woolies Montana 'n gesonde hupstoot gegee het...

Jak was baie goed, en is hoogs aan te bevele - sy musiek vertel mooi storietjies in goeie Afrikaans - iets wat maar moeilik is om deesdae te kry. Dit was 'n regtig die-moeite-werd uitstappie. Na die tyd het ons so bietjie deur van die winkeltjies gesnuffel. Volgende keer gaan ons beslis die Griekse restaurant reg langs Jan Harm se plekkie ondersteun.

Wat die optrede baie aangenaam gemaak het, maar dalk nie so voordelik vir Jak of Jan Harm nie, is dat dit 'n klein intieme teatertjie is, en daar seker so 70% kapasiteit mense was. Baie lekker. Selfs die kinders het die baie geniet (verskeie ouderdomme vanaf 6 tot 10). Soos Franko se, dis storiemusiek wat hy sing.

No comments:

Post a Comment