Saturday, March 2, 2013

Basilie Pesto Improv

As jy regtig basilie pesto kort, die vars blare het, maar nie regtig van die ander bestandele nie... Hierdie improvisasie het baie goed gewerk saam met 'n pangebraaide ou Lende beeshasie, goeie songedroogde tamaties en 'n bietjie feta kaas. Skep die basilie pesto bo-op en geniet saam met koes-koes. 

  1. Hand vol basilie kruid blare
  2. So 6 of wat rease grondbone, ek het sommer gesoutes gebruik
  3. So eetlepel of sonneblomsaadjies
  4. Knoffelvlokkies of vars knoffel
  5. Bietjie sout
  6. Genoeg olyfolie na snaak.
  7. Maak die spul lekker fyn, ek het sommer 'n vysel en stamper gebruik


No comments:

Post a Comment