Monday, January 1, 2018

Sjef Laroex se impromptu appeltertjies

Sjef Laroex se impromptu appeltertjies


INGREDIENTS

  • kors

    • 125 ml botter
    • 30 ml bruinsuiker
    • 1 eier
    • 500 ml meel
    • 10 ml bakpoeier
  • vulsul

    • 5 appels, geskil en in dun skyfies gesny
    • halwe teeleepel gemmer
    • Sowat 100ml rosyntjies
    • 2 eetlepels botter
    • 20 ml bruinsukier
    • Bietjie water (ek skat so 100ml, dalk minder)

INSTRUCTIONS

  • Kors

    1. Room die botter en die suiker
    2. Meng die eier goed by (room maar verder)
    3. Vou die meel en bakpoeier by, totdat jy 'n sagte deegbal het, moet nie hierdie stap oorwerk nie
  • Vulsul

    1. Kook die vulsul bestandele alles saam, totdat die appel sag is, en die water min of meer weggekook is (met die deksel op)
  • Tertjiestap

    1. 'n Muffin pannetjie, of een van daai silikon muffin panne werk die maklikste
    2. Spuit goed met anti-vassit doepa
    3. Deel die deegbal in 2 dele, gebruik die eerste helfte om die tertjieonderkante te maak. Maak ses klein paaitjies, so maak ses klein balletjies, en druk sommer tussen jou hande plat, en werk dit in die muffin pannetjies in
    4. Skep die appel in
    5. Rasper die tweede helfte van die deeg bo-oor die appel
    6. Bak in gasoond teen 6 met die waaier aan vir sowat 20 minute
    7. Om die bokante mooi bruin te kry, gebruik die rooster element vir so paar minute, hou maar mooi dop sodat dit nie brand nie

NOTES

Appel binnegoed is eie resep, maar die kors is Lindsay s'n, klein bietjie aangepas

No comments:

Post a Comment