Sunday, January 21, 2018

Sjef Laroex Se Verneuk Moussaka

Sjef Laroex Se Verneuk Moussaka

Sonder eiervrug, net met aartappels
CATEGORIES
 maalvleis, aartappels, sondagmiddagete

INGREDIENTS

  • maalvleis

    • 1 ui, gekap
    • 2 to 3 senior knoffeltone
    • 1 eetlepel botter
    • 500 g maalvleis
    • Growwe swartpeper
    • 70 g (1 blikkie) tamatiepasta
    • 1 koppie droe rooiwyn
    • 1 teelepel pietersielie
    • 1 teelepel origanum
    • 1/4 teelepel fyn kaneel
  • aartappels

    • 4 groot aartappels, geskil en in dun skywe gesny
    • 'n klompie gerasperde parmesaan (of wit cheddar as jy nie het nie)
    • bietjie paprika
  • witsous

    • 600 ml melk
    • 125 ml meel
    • 'n paar korrels baie growwe sout
    • 'n paar draaie met die swartpepermeultjie
    • 1 of wat eetlepel botter
    • so knip neutmuskaat (ek gebruik sommer heles met 'n klein raspertjie - so paar hale)

INSTRUCTIONS

  • maalvleis

    1. Braai die uit en knoffel in die botter
    2. Verbruin die maalvleis
    3. Sit so paar draaie met die swartpepermeultjie by
    4. Voeg die tamatiepasta, rooiwyn, pietersielie, origanum en kaneel by, roer goed deur
    5. Prut sowat 5-10 minute met die deksel op
  • aartappels

    1. Kook die aartappelskywe in water met 'n bietjie sout vir so 3 minute vandat dit begin kook (blanseer)
  • witsous

    1. Maak in die mikrogolf of op die stoof, maar roer baie om klonte te voorkom
  • konkoksie

    1. Sit 'n laag aartappels in 'n oondbak (sommer die getroue Le Creuset pot)
    2. Skep maalvleis oor dit
    3. Sit nog 'n laag aartappels
    4. Skep die witsous bo-oor
    5. Sit die kaas bo-oor die witsous
    6. Sprinkel so bietjie kaneel oor die kaas
    7. Bak sowat 30minute, met die deksel eers op, en dan later nog so sukkie sonder die deksel sodat die bokant mooi bruin en watertand lekker lyk

NOTES

Aangepas vanaf 

https://www.lovepotatoes.co.uk/recipes/greek-style-beef-and-potato-moussaka/ 

en 

https://www.epicurious.com/recipes/food/views/shortcut-moussaka-1432

No comments:

Post a Comment