Saturday, February 11, 2012
Ou vir die Nuwe ...
Wel, na net meer as 7 jaar en 100,000km moes ek uiteindelik van my geliefde trokkie afsien. LTF het net te onbetroubaar begin raak, veral as ons daai langpad vakansies wil aandurf. Head bolt morsaf twee keer, clutch slave cylinder, waterpomp, clutch, toe begin te te veel raak. Ou LTF het ons baie goed gedien, en ek sou nog 7 jaar kon doen. Maar die nuwe wa is so stil binne....
Nou het ons Isuzu BS die nuwe, 'n demo model met net 42km op die klok.
Galagos Lodge, Kosmos
Galagos Lodge is 'n **** plekkie, wat beslis aan te beveel is vir sy pragtige uitsig oor die dam. Lekker vir daai skelm wegbreek uit die woelige stad. Kosmos is baie rustig, voel soos die Kaap, net met 'n baie stil see.... Ek en Bella het 'n aandjie hier geslaap vir ons 15e herdenking, 1 Februarie 2012. Saam met die uiteet by Silver Orange Bistro, 'n perfekte aand uit.
Silver Orange Bistro
Silver Orange Bistro by Hartbeespoortdam is hoogs aan te beveel. Fyn cousine word voorgesit, maar in boere porsies. Hulle voor en nagaregte is hemels, ek het nog nie beter elders gehad nie. Die atmosfeer is amper Stellenbosch, glad nie kommersieel nie. Die is 'n klein bistro, met net 'n paar tafels. Die plek hang vrot van pryse gewen die afeglope jaar of wat. Dit is ietwat na die duur kant, maar beslis die moeite en geld werd. Ek en Bella het vir ons 15e herdenking hier geeet op 1 Februarie 2012.
Labels:
Restaurante
Monday, February 6, 2012
Greding, 6 - 8 Feb 2012





Sunday, February 5, 2012
Friday, January 20, 2012
Sunday, January 15, 2012
Mooki Noodle Bar, Berea, Durban
Mooki Noodle Bar is 'n klein Sjinese restaurantjie, weggesteek in Durban. Mens kan egte Sjinese bier daar drink, en verskeie soorte handgemaakte noedels eet.
Wednesday, November 30, 2011
Greding, Duitsland
Lekker koud, so tussen 0 en 6 grade meeste van die tyd. Die uitsig uit my kamer 11h00 in die oggend...
Duitsland is mal oor Kersfees en Kersfees markte...
Een van die best Dunkles biere wat ek nou al gehad het. Glossner is beslis bo-aan my lysie op hierdie stadium. Het hierdie een by Gasthof Krone geniet.
Hierdie was baie lekkerder as wat dit op die foto lyk.....otjie in een van die vele vorme waarop die Duitsers dit voorsit (Gasthof Krone).
Greding in die aand...
Darem lekker om saam met die Swede te kuier in Greding, hulle is baie vriendelike mense, al was hulle Vikings! Hulle was darem meer as 200 jaar gelede in 'n eie oorlog..... Bellingries is net buite Greding, oulike dorpie, met 'n lekker Italiaanse restaurant.
Duitsland is mal oor Kersfees en Kersfees markte...
Een van die best Dunkles biere wat ek nou al gehad het. Glossner is beslis bo-aan my lysie op hierdie stadium. Het hierdie een by Gasthof Krone geniet.
Hierdie was baie lekkerder as wat dit op die foto lyk.....otjie in een van die vele vorme waarop die Duitsers dit voorsit (Gasthof Krone).
Greding in die aand...
Darem lekker om saam met die Swede te kuier in Greding, hulle is baie vriendelike mense, al was hulle Vikings! Hulle was darem meer as 200 jaar gelede in 'n eie oorlog..... Bellingries is net buite Greding, oulike dorpie, met 'n lekker Italiaanse restaurant.
Labels:
Reis
Thursday, November 3, 2011
Ester, Staatsteater
Sjoe, dis al 'n rukkie terug, maar Ester die Musical in die Staatsteater saam met die kinders was jou werlik waar die moeite werd. Veral ook omdat dat die manne se eerste maal daar was. Die produksie was baie professioneel gedoen en die stel tegnies uitnemend. Beslis aan te bevele, en lees maar gerus die verhaaltjie gou voor die opvoering, dan volg mens baie maklikler. Saam met die hele familie, agter heel bo in die teater.
Labels:
Teater en ander
Afri-Talia, Atterbury Teater
Neewat, as mens Afri-Spaans gesien het, is Afri-Talia maar ietwat teleustellend... Ons het dit saam met die Standers en Ma Lenie gaan kyk met groot afwagting in die splik splinternuwe Atterbury Teater. Die tema was meer Rock-a-Roll, maar omdat net een sanger opgetree het, en vir 'n taamlik kort vertoning is dit maar aan die flou kant. Die gehoor het nou ook nie heeltemal saamgespeel nie. Afri-Spaans was meer van 'n musical, waar hierdie gewone band optrede is. Hoop nie die volgende in die reeks is ook so flou nie, dit sal regtig jammer wees.
Labels:
Teater en ander
Tuesday, October 25, 2011
Saturday, October 1, 2011
CH2 en die UP Simfonie Orkes
Ek en Bella het uiteindelik CH2 gaan kyk (11 Sep 2011). Nog beter vir my was dat dit saam met die Universiteit van Pretoria se Simfonie Orkes was. Die hoogtepunte was sonder twyfel Recuerdos de la Alhambra en Cavatina, ook bekend as The Deer Hunter. Ons het hulle voorheen ook in Afri-Spaans gesien, maar dit was net 'n lusmakertjie.
Labels:
Teater en ander
Sunday, June 5, 2011
Franko speel tennis
Was dit nou nie lekker nie, ek en Franko kon gister ons eerste volwaardige pot tennis speel. Sy tennis het baie beter geword vandat hy by Andre by Sinoville klub begin lesse neem het so 3 maande terug.
Monday, February 14, 2011
Saturday, February 12, 2011
Monday, February 7, 2011
Marthie se mieliebrood muffins/brood
Hierdie by Hildegarde gekry - het dit as braai bykos bolletjies gemaak - groot treffer!
500g self-raising flour
knippie sout
1 eier
blik kondensmelk
blik soetmielies
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Meng alles saam en as dit te dik is, voeg melk/water by.
Bak 25min vir muffins en so 40min-1h vir brood.
500g self-raising flour
knippie sout
1 eier
blik kondensmelk
blik soetmielies
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Meng alles saam en as dit te dik is, voeg melk/water by.
Bak 25min vir muffins en so 40min-1h vir brood.
Labels:
Resepte
Thursday, January 27, 2011
Monday, January 24, 2011
Tuesday, January 11, 2011
Sunday, January 2, 2011
Nuwejaar, 2011
Sjoe, 2010 is uit met 'n lekker bord tuisgemaakte Sushi, en 2011 ingelei met ons gunsteling brekvis, en verder gevoer met 'n elegante ham risotto. Die tweede dag van 2011 het ons 'n varkie in die oond gehad, met nog 'n gunsteling nagereg.... 2011 is op 'n hoe kullinere noot begin!
Desember 2010 Vakansie - MIdlands, Winklespruit, Bloemfontein
Jawel, daar is ons vakansie nou ook amper heeltemal oor, nog net my laaste wekie van verlof wat voorle. Nou met my buitetafel projek klaar, en so paar klein goedjies rondom die huis... Midlands se 3 nagte by Beaconvlei was absoluut die moeite werd, en beslis aan te beveel. Onthou net dit is 'n gasteplaas, en nie gastehuis of hotel nie. Alex, die eienaar is baie vriendelik en baie behulpsaam. Dis ook hoogs aan te bevele om een van die Midlands Meander boekies te kry - Alex het sommer vir ons een gegee, maar dit kos net R5. Die boekie is baie akkuraat, ons het net twee goedjies om by te sit - Die winkeltjies by die Howick valle is nie deel van die Midlands Meander nie, maar baie beslis die moeite werd, veral die tweedehandse winkel wat twee vloere van 'n houtgebou beslaan. Mens kan dae daar spandeer om te snuffel. Soortgelyk is die Lion's River Trading Post, hoe gehalte snuffel materiaal, en beslis die stop werd. Boonop is dit 'n baie mooi pad soontoe (uitsig gewys). Die tweede is dat een van die skoen/leer winkels (Agape Footwear) toe is, en geskuif het na Pietermaritzburg. O, en die Organiese Winkel op die selfde pad as die Karkloof Farmer's Market (wat net Saterdae oop is), is nog nie regtig in bedryf nie. Baie spyt ons het die lg. gemis, dit lyk baie belowend op die kosfront. Dit is ook die moeite werd om na die Karkloofvalle te gaan kyk, dit is beslis mooier as die Howick valle. 'n Bakkie of 4x4 is egter dalk 'n beter opsie as 'n kar vir die paadjie soontoe, maar mens sal kan regkom. Daar is heelwat aan te bevele op die Midlands Meander (in geen spesifieke volgorde):
1) Michaelhouse - Spud was ook hier verfilm, gaan kyk gerus na die asemrowende gronde, werklik besonders
2) Nottingham Road Hotel - Die hotel is ietwat afgeleef en kort aandag, veral binnelangs, maar die kos is baie billik en regtig goed.
3) Groundcover - vir leer en skoene
4) Nottingham Road Junction - net 'n lekker plekkie
5) Happy Hills - nog net 'n lekker plekkie, en goeie Fudge
6) Caversham Mill Restaurant vir 'n lekker brekkie met 'n mooi watervalletjie.
7) La Lampara Italiaanse restuarant, skynbaar wyd bekend vir die kwaliteit. Hulle pizzas is ook baie goed. Nie goedkoop nie.
Van Midlands is ons na Winklespruit, Ocean Breeze Nr 36, en van daar terug na Pretoria via 3 nagte in Bloemfontein. Gelukkig het ons oor Clarens gery - Goldengate is asemrowend in die somer. Ons het saam met die Standers by Valley Cats op Clarens geeet. Lyk my hulle het nuwe eienaars na die skuif. Kos is nie so goed soos laas nie...
Vir nog foto's kyk gerus op my Facebook
Labels:
Reis
Sunday, October 31, 2010
Sunday, October 10, 2010
Struwig Eco Lodge
View Van Plekke en Reise in a larger map
'n Baie lekker bosplekkie, maar vrek warm omdat dit naby Hoedspuit en Phalaborwa is. Ons was hier as die eel van die Sep 2010 Kerkkamp en het heelwat diere gesien.
Ons het via Tzaneen soontoe gery en oor Dullstroom teruggekom - in beide gevalle lekker geeet. Die plek wat net buite Tzaneen is, verkoop van daardie m*erse hamburgers wat 'n hele bord volle^. Vervloee" dae was daar op Tzaneen 'n roadhouse wat dit altyd verkoop het - wonder of dit enige verband het?
Vir nog fototjies
Koekela, Bloemfontein
Koekela is 'n baie koel eetplekkie in Bloemfontein met regte sewentigers kitch as tema...die kos is egter nie kitch nie, uistekend en vrek billik daarby. Baie klein met min tafels so as jy plek kry is jy gelukkig. Die plekkie is ook goed weggesteek in President Steyn tussen 2e en 3e laan. . Ek Bella, Anrich, Franko en Ouma Lenie was daar vir 'n middagetetjie (27 Sep 2010).
.jpg)
Vir nog fototjies
Labels:
Restaurante
Subscribe to:
Posts (Atom)