Monday, November 5, 2007

'n Mens sou dit in geen ander taal so kon geniet nie

Die boer lê en slaap in sy huis toe die selfoon skielik begin lui. Toe hy antwoord, is dit ou Petrus op die plaas. Petrus sê: "Baas, baas, jy moet gou kom, hier's groot moeilikheid oppie plaas."

Die boer vra toe "Petrus Wat is fout?"

Petrus: "Ek, ek kannie oor die phone verduidelik nie, jy, jy moet kom hier by die plaas."

Toe die boer daar kom sê Petrus:

"Een vannie skaape, hy het hom die 7 babies gekry, enne die skaap hy sallie hom nie kan voer almal van daai babies nie"

Die boer besef toe dat hulle die lammers maar self met bottels sal moet voer en ry toe na die noodapteek toe en vra vir die dame agter die toonbank, "verskoon tog dame, het jy lam tiete?"

Koel en kalm antwoord sy: "Nee, Meneer, dis net 'n kak bra."

No comments:

Post a Comment