Wednesday, November 26, 2008

Bond: Quantum of Solace

As 'n Bond, faal hierdie weergawe, en verdien eintlik dan 1 uit 10. As generiese ontsnapping kan dit so 6 tot 7 uit 10 kry. Om 'n Bond te kan wees is daar 'n paar bestandele van uiterste belang: (1) Vrek mooi meisies, insluitend slegte meisies wat Bond dan om elke hoek en draai vasdruk, of ten minste met vrek skerp sinsnedes vermaak. Die 2 dames in die fliek is nou wel mooi, en die pragtige Engelse rosie is nou wel eenkeer gedruk/gelek, maar daar is geen voelbare spanning tussen die hoofsterre nie. Daar is meer spanning tussen Dame Judy en Bond! (2) Hy moet asemrowende vervoermiddels in heelwat meer natuurwet-oortredende toertjies gebruik, as die een Aston en baie vervelige ander motors. Waar is die dae wat Bond met 'n army tenk die skelms uitoorle^? (3) Die skelms moet onmoontlik sleg lyk en handel, en moet Bond tot op die laaste uitoorle^, nie soos die papperd wat 'n kannetjie olie gewilliglik drink nie! Wat was daai reus van 'n man in Gold Finger - flip hy sal my in my broek laat piepie het! (4) Speelgoed - een vervelige toneel van sogenaame multi-tas skerms is al baie ou nuus, selfs nou al op selfone beskikbaar. En baie daarvan, nie net een of twee nie. (5) Vlymkerp se^goed wat selfs die slegste skelm of mooiste meisie sal laat knak. En baie daarvan. (6) Bond moet nie te sterk en gespierd voorkom nie, hy moet met slim voetwerk, sonder om soos 'n geknakte recce soldaat te lyk, die skelms uitoorle^. Nee wat, ek dink hulle het die resep verloor, maar ten spyte daarvan moet mens die fliekie op die groot skerm gaan kyk. Ai, die opwinding!

No comments:

Post a Comment