Wednesday, November 26, 2008

Surrey, London

Is tans in London (Camberley, Surrey) vir opleiding by Systematic. Het so bietjie tyd in die stad self spandeer, en selfs die London Eye gevlieg. Surrey is 'n rustige dorpie, en die Meadowcroft gastehuis wat aan Alan en Shena behoort is puik - dit is beslis die beste plek waar ek nog in die hierdie deel van die wereld gebly het. Alan het self aangebied om ons op en af te laai na 'n uittog na die groot stad, en het baie raad oor pubs ens gegee wat baie goeie raad was. Alan en Shena bedryf die plek al van 1993, en doen alles self - hulle is baie gasvry, en gaan uit hul pad om te help met enige iets. Beslis aan te beveel vir 'n hotel-moee" reisiger. Ons het ook by die Four Horse Shoes op Alan se aanbeveling gaan eet - Die Tribute bier daar was baie aangenaam, en hul steak paai is regtig goed vir 'n pub. Ek het van my foto's en van die wat Cobus Venter geneem het op my Picasa aanlyn album gepos. Sean Grant was ook saam. Ek het aan die einde van die week by Corne, Hester en Mattewis gaan kuier - baie lekker.

No comments:

Post a Comment