Monday, February 22, 2010
Thursday, February 18, 2010
Dogged Determination
Dogged Determination
If a dog from Dalmatia,
Is called a Dalmatian,
And one from The Alsace,
Is called an Alsatian
Why does Li Wong,
Who comes from Hong Kong,
Call his dog
Char Sui Chow Mein?
If a dog from Germany
is called Germana
And one from America
Is called Americana
Then why does Angelica,
Who comes from Africa,
Call her dog
Johannes Gysbert van der Merwe?
Thursday, February 11, 2010
Anrich stamp sy (agter)kop
Ja wel, daar gebeur dit toe weer - vinnige draai by die ongevalle Sondagaand, wat kan mens nou se?
Sunday, January 17, 2010
Sunday, January 10, 2010
Saturday, January 9, 2010
Luukse Franse Roosterbrood
Vir 'n baie luukse ontbyt, sommer by die huis, en met redelik min moeite, maak Franse roosterbrood met gewone bruinbrood, witbrood of die beste, Portugese rolletjies. Wat egter die ontbyt luuks maak is wat mens bo-op die Franse roosterbrood sit:
- 'n lekker stukkie of twee bros gebraaide vark rugspek
- 'n piesang in skyfies gesny
- 'n handvol neute, grondboontjies werk goed, gesout of ongesout, vars of gebak. Kasjoeneute is gewoonlik die lekkerste, gesout en gebak.
- Gerasperde kaas, verkieslik 'n medium cheddar van Woolies.
- Die pièce de résistance vir my met hierdie resep is die rooi-ui marmelade wat mens dan bo-oor alles strooi. Ons het nog so bietjie oor van die wat hulle by Valley Cats in Clarens maak.
- Laaste, net om die balans reg te kry, is dan geen ander stroop as die van die Lyles broers van London nie. Suiwer genot op sy beste. Moet nie te veel oor sit nie, net genoeg.
Om hierdie regtig nog 'n vlakkie te lig, geniet 'n Choccochino saam. Ons gebruik sommer NESCAFÉ Cappuccino met Cadbury's Hot Chocolate. Gebruik so 70% gekookte melk saam met gekookte water om die gevoel net reg te kry.
Labels:
Resepte
Sunday, January 3, 2010
Saturday, January 2, 2010
Lisa op 8 1/2 weke
Kyk sy geniet haar kou speelgoed en is darem nou baie minder vreemd vir haar nuwe omgewing in die Le Roux huishouding.
Labels:
Lisa
Tuesday, December 29, 2009
Lisa le Roux
Ons het tot groot opwinding van die twee seuns en Bella vandag klein Lisa ontvang by die Krugers. Sy is 'n Miniatuur Schnauzer. Lisa is op 4 November 2009 gebore. Sy het 'n hele rukkie gevat om te ontdooi in haar nuwe omgewing sonder ma-hond of boeties en sussies. Aanvanklik wou sy nie eet nie, maar nadat sy uit Herman se hand geeet het (!), het sy heeltemal ontspan en die nuwe terrain begin verken. Sy het selfs 'n slag geknor vir "iets". Na haar etetjie - 'n volle derde van 70 gram se Royal Canin - het sy gepiepie op die agterste gras en reg voor die garage op die opritlaan geskuit. Ai. As enige van die ander Le Roux familie lede haar roep met 'n gefluit en prrrttt, kom sy vinnig aan.
Labels:
Lisa
Monday, December 28, 2009
Laaste dag by Winkelspruit
Gister was renerig en vandag mooi blou lug maar baie sterk wind. Kon darem beide dae swem. Ons kyk nou 'n laaste dag of wat na Matthew, terwyl Hester oppad is van Bloem na Petoors. Gistraant het die Vorsters 'n draai in ons kaia kom maak. Ons braai sommer vanaand daar by hulle. Ja nou toe, daar het die see vakansie nou ook sy g*t gesien. Tot volgende jaar weer. Ons het toe ook sommer na die braai by die Vorsters belsuit eerder as om vir die wekker te le en wag, om sommer terug te ry huis toe - ons het so 22h30 weggetrek nadat ons vinnig gelaai het, en so 5h30 die oggend in die opritlaan voor ons huis ingetrek. Al die kinders het lekker geslaap - ons het hulle net so in hul beddens oorgelaai, waar hulle verder lekker geslaap het tot 9h00. Teen 8h00 was ons uitgepak, die wasgoed gewas, met 'n lekker dag wat voorle.
Friday, December 25, 2009
Japanese tuin
Ek en Bella het muffins gaan eet en koeldrank gedrink by die Japanese tuin in Amanzimtoti terwyl Hes en Matthew (wat ek nie Matewis mag noem nie) by Oupa Neels en Ouma Joey gekuier het. Franko en Anrich het by Ouma Lenie en Oupa Harm gebly.
Die tuine is mooi, maar daar is vrek baie muskiete!
View Larger Map
Thursday, December 24, 2009
Oukersdag & Die Maagvisus Woed Voort
Jawel, die maagvirussie hier by Winkelspruit trek nou ook die oues plat. Oupa, ouma en Bella is die nuutste gevalle, so saam met ons besoek aan uShaka. Ek moet reken dat uShaka op wereld standaard is. Hulle voorsiening vir alle ouderdomme, insluitend ouers met klein kindertjies is puik. Die diens is orals voortreflik, maar dit is ook ons belewing in en om Durban. Hierdie mense verstaan die ekonomie van toerimse, insluitend die inval van vaalpense (kyda's).
uShaka Marine World - Matthew eet Wimpy
Ons is vandag by uShaka Marine World. Die pikkewyne en dolfyn vertonings was baie mooi. Ons het die slag nie die seeleeu een gesien nie, maar wel weer hoe hulle die haaie voer. Die haaie was egter nie baie honger nie, en het dus nie baie gevreet nie. Hier geniet neef Matthew 'n Wimpy ete by die tak in uShaka.
Tuesday, December 22, 2009
Cabanas del Mar 81 Siekeboeg
Vir 'n gewaargborgde maagvirussie en mangrootte kakkerlakke, besoek gerus eenheid 81. Arme Anrich mis nou 'n hele wonderlike seedag. Klein Matthew het dit ligter maar 'n man het vanoggend vir Bella in die wasmasjien kamer gese al drie sy lendevruggies het dit ook laasnag opgedoen. Ai. Ek en Franko het vanoggend darem boogie bord gery, en sal vanmiddag weer.
Monday, December 21, 2009
Cabanas del Mar
Ons is in eenheid 81 op die 3e verdieping op die hoek. Lekker see uitsig, sodat ons selfs van die branders kan sien. Vandag skyn die son sonder enige wolkies. Die wind waai redelik sterk maar ons het lekker tyd spandeer op die strand. Laatmiddag sal dit weer goed wees. Matthew geniet steeds die strand maar is so ietwat versigtig na gister se paar rolle in die klein branders. Vandag kom Hester, en oupa en ouma.
Sunday, December 20, 2009
Neef Matthew saam met Franko
Dis lekker by die see, maar dis so ietwat bewolk en reenerig nou, dus kyk ons Aliens in the Attic. Ons het darem vanoggend lekker geswem. Franko het die eerste maal so op sy eie geboogybord. Hy wou nie stop toe hy eers voel hoe lekker dit is nie. Klein Matthew geniet die see en sand vreeslik. Hy is vreesloos en duik gewoon kop eerste in!
Thursday, December 17, 2009
Tuesday, December 15, 2009
Cabana del Mar
Ons bly in Cabana del Mar (Google Map) vir die Desember 2009 vakansie, saam met Hester, Matthew, Pa Harm en Ma Lenie...
Saturday, December 5, 2009
Waterski
Gister by Joy se verjaardagparty by Bronkhorstpruitdam, het ek 'n kans gekry om te probeer ski.... Na so 5 probeerslae met baie geduldige skippers, Andre en Theuns, baie sterk teue damwater en kontaklense wat agter my oogballe ingeskuif het, kon ek darem regop kom en vir so paar triomfantelike sekondes van semi-ski. So wat gemaak as die tou eweskielik pap voel omdat mens dan nou aquaplane? jy leen so bietjie terug en dan foeter jy om, want die oomblik as jy meer weerstand veroorsaak dan val jy vooroor. Vandag is ek maar redelik stram in die lyf, maar darem nie te erg nie.
Saturday, November 28, 2009
As ek eendag groot is....
Daar is nie 'n mooier kar as hierdie nie, behalwe dalk 'n Austin Healey Sprite. Maar vrek, hierdie een is vrek mooi.... Sien die Ferari California blad vir nog prentjies.
Monday, November 2, 2009
Sweet and Sour Pork
Ingredients:
- 3/4 pound pork tenderloin
- 2 - 3 teaspoons soy sauce
- Pinch of cornstarch
- Sauce:
- 1/4 cup sugar
- 2 tablespoons ketchup
- 2 tablespoons dark soy sauce
- 1/4 teaspoon salt
- 1/2 cup water or reserved pineapple juice
- 1/4 cup vinegar
- 1 tablespoon cornstarch dissolved in 4 tablespoons water
- Batter:
- 1/3 cup flour
- 1/3 cup cornstarch
- 1 egg white, lightly beaten
- 1 tablespoon vegetable oil
- 1/3 cup warm water, as needed
- Other:
- 1 carrot
- 1/2 red bell pepper
- 1/2 green bell pepper
- 1/2 cup pineapple chunks
- 3 cups oil for deep-frying, or as needed
Preparation:
Directions for sweet and sour pork
Cut the pork into 1-inch cubes. Marinate in the soy sauce and cornstarch for 20 minutes.
To prepare the sauce, in a small bowl, combine the sugar, ketchup, dark soy sauce, salt, water or juice and vinegar. Set aside. In a separate bowl, dissolve the cornstarch in the water. Set aside.
Peel the carrot and chop on the diagonal into 1-inch pieces. Cut the bell peppers in half, remove the seeds and cut into cubes.
Heat the oil for deep--frying to 375 degrees Fahrenheit.
For the batter, combine the flour and cornstarch. Stir in the egg white and vegetable oil. Add as much of the warm water as is needed to form a thick batter that is neither too dry or too moist. (The batter should not be runny, but should drop off the back of a spoon).
Dip the marinated pork cubes in the batter. Deep-fry in batches, taking care not to overcrowd the wok. Deep-fry the pork until it is golden brown. Remove and drain on paper towels.
(If desired you can deep-fry the pork at second time to make it extra crispy. Make sure the oil is back up to 375 before you begin deep-frying again).
To prepare the sweet and sour sauce, bring the sauce ingredients to a boil in a small saucepan over medium heat. Add the carrot, green pepper, and pineapple. Bring to a boil again and thicken with cornstarch mixture, stirring. Check the sauce one more time and adjust seasonings, adding salt and/or vinegar if desired. Serve hot over the deep-fried pork. Serve the sweet and sour pork over rice.
Cut the pork into 1-inch cubes. Marinate in the soy sauce and cornstarch for 20 minutes.
To prepare the sauce, in a small bowl, combine the sugar, ketchup, dark soy sauce, salt, water or juice and vinegar. Set aside. In a separate bowl, dissolve the cornstarch in the water. Set aside.
Peel the carrot and chop on the diagonal into 1-inch pieces. Cut the bell peppers in half, remove the seeds and cut into cubes.
Heat the oil for deep--frying to 375 degrees Fahrenheit.
For the batter, combine the flour and cornstarch. Stir in the egg white and vegetable oil. Add as much of the warm water as is needed to form a thick batter that is neither too dry or too moist. (The batter should not be runny, but should drop off the back of a spoon).
Dip the marinated pork cubes in the batter. Deep-fry in batches, taking care not to overcrowd the wok. Deep-fry the pork until it is golden brown. Remove and drain on paper towels.
(If desired you can deep-fry the pork at second time to make it extra crispy. Make sure the oil is back up to 375 before you begin deep-frying again).
To prepare the sweet and sour sauce, bring the sauce ingredients to a boil in a small saucepan over medium heat. Add the carrot, green pepper, and pineapple. Bring to a boil again and thicken with cornstarch mixture, stirring. Check the sauce one more time and adjust seasonings, adding salt and/or vinegar if desired. Serve hot over the deep-fried pork. Serve the sweet and sour pork over rice.
Labels:
Resepte
Magaliespark
Sjoe, gister was 'n interessante dag. Ek en Francois het fiets gery na Magaliespark - darem net so onder 3 ure vir 70km ver. Met 'n paar lekker bulte. Daarna het ons lekker saam met die Families gekuier en geswem. Net betyds teurg vir ons Kerssangdiens, het die Magaliesbergse kinderkoor opgetree. Voortreflik. Wat 'n interessante dag.
Thursday, October 8, 2009
Ek, Anrich en Milkshakes
Terwyl Isabel en Franko rustig by die Huisgenoot Skouspel 2009 was laaste Saterdag, het ek en Anrich lekker tjoklit milkshakes gedrink by Wimpy. Die waiter was erg verbaas die Anrich 'n grote kon opdrink...
Wednesday, October 7, 2009
Spookhijs, Bloemfontein
Tydens die selfde naweek wat ons Roller-Ball in Bloemies gespeel het, het ons die Spook Hijs besoek. 'n Baie oulike plekkie vir eet en so aan.
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
Labels:
Restaurante
Bloemfontein Ten Pin Bowling (aka Roller Ball)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
Ek en die twee seuns het so naweek of wat terug terwyl ons vir die Ouma, Oupa en Groot-Ouma gaan kuier het, so bietjie Roller-Ball (soos Franko dit noem) gespeel....hulle het heel skaflike punte aangeteken, veral as mens in ag neem dat Anrich die bal met sy hele lyfie rol...
Thursday, October 1, 2009
Sunday, September 27, 2009
Magalies fees 2009
Na 'n baie uitputtende Bekker Bundu Bash 65km MTB het ons saam met die Standers en dele van die Vosters gekuier voordat ons deur Bloem toe is vir die res van die naweek. Anrich en Joanice het kameel gery.
Saturday, September 19, 2009
Anrich se laaste St Paulus voorskoolse konsert

Ons het Donderdagaand na Anrich se laaste voorskool konsert by St Paulus gaan kyk. Dit is die 5e jaar wat ons na die konsertjies gaan kyk het. Anrich was hierdie slag Speler 23 en het 'n woeste groot wors, nogals met sy beste tjommie, Anton, gebraai. Die fotos het baie sleg uitgekom, ons sal sodra ons beter weergawes kry dit plaas.
Saturday, August 22, 2009
Haxen. Keulen
.jpg)

Hierdie is nog so 'n laaste foto van my en Charl wat Haxen - Eisbein gebak in 'n oond - in Keulen, Duitsland geeet het tydens ons besoek om NCW 2009 by te woon. Dis mos nou kos....
Friday, August 21, 2009
Kiara Lodge, Clarens

Ons het verlede naweek saam met die ouers by Kiara Lodge gaan kuier - wat 'n verassing! Dit is seker nie die fensieste lodge nog nie, maar beslis een van die wat mens baie spyt is die naweek is te kort. Met Clarens net 15km weg, en al die aktiwiteite wat mens by die Lodge kan onderneem, is dit een van die lekkerste kuierplekke in ons land. Mens bly 2km buite Golden Gate park, en kan gaan stap op die heuwels/berge. Die kinders het dit ook baie geniet. Clarens is een van my gunsteling dorpe, en mens kan darem lekker daar shop, insluitend by Johannes wat al 'n instelling op die dorp se grasplein is. Ons het hom 'n goeie Saterdagoggend laat beleef met al ons aankope.... Ons het ook by Valley Cats gaan eet - seker die beste restaurantjie, of dalk eerder Bistro, wat ek in jare teegekom het - baie oorspronklik, met daardie ekstra moeite teen dieselde prys as gewone ou afgesaagde plekke. Die kroeg op Kiara Lodge, The Trout and (kan nie res van die naam onthou nie). Ek en Franko kon ook lekker Giant Chess speel soos hy sou se^.
Ek sal nog die fotos pos - sommer op Picasa.
![]() |
Kiara Lodge 15 Augustus 2009 |
Labels:
Restaurante
Tuesday, August 11, 2009
Jak de Priester, Jan Harmsgat se Agterplaas

Ons en die Krugers het vir ou Jak de Priester by Jan Harmsgat se Agterplaas gaan luister so op die Maandagvakansiedag. Dit was oor 'n middagete, en ons het uitgeslaan met 'n Woolies piekniek ete, wat ons aandeelhouding in Woolies Montana 'n gesonde hupstoot gegee het...
Jak was baie goed, en is hoogs aan te bevele - sy musiek vertel mooi storietjies in goeie Afrikaans - iets wat maar moeilik is om deesdae te kry. Dit was 'n regtig die-moeite-werd uitstappie. Na die tyd het ons so bietjie deur van die winkeltjies gesnuffel. Volgende keer gaan ons beslis die Griekse restaurant reg langs Jan Harm se plekkie ondersteun.
Wat die optrede baie aangenaam gemaak het, maar dalk nie so voordelik vir Jak of Jan Harm nie, is dat dit 'n klein intieme teatertjie is, en daar seker so 70% kapasiteit mense was. Baie lekker. Selfs die kinders het die baie geniet (verskeie ouderdomme vanaf 6 tot 10). Soos Franko se, dis storiemusiek wat hy sing.
Subscribe to:
Posts (Atom)