Wednesday, October 29, 2008

Ilanga Naweek

Ons het so 'n lekker ou langnawekie gemaak van die laaste naweek in die skoolvakansie. Ons was 9 gesinne wat die hele Ilanga lodge uitgeboek het. Dit was 'n naweek van tennis, tafeltennis, swem, 'n wildrit, fietsry, kleiduifskiet, kuier, braai, lees en slaap! Dit was vrek lekker. Die gesinne was Le Roux, Visser, Kruger, Schindler, Van Niekerk, Stander, Kriel, Van Rensburg en Grabe. 

Ons het 'n sonsondergangdrankie/versnappering geniet op een van die beste uitkykpunte in die ou Transvaal....
















Hier is ek in aksie met die lekker ou haelgeweer. Met my heel eerste skoot ooit met 'n haelgeweer het ek darem die eerste klei getref, en darem so 50% gehaal....


Tuesday, October 28, 2008

My droomkar....


My Verjaardag ete...








Op 22 Oktober my verjaardagete by O'Galito's, Montanapark gehad. Die rekening was maar taai, maar die ribbetjies was perfek, en hul interpretasie van 'n Tiramisu is uitstekend. Ek sal beslis net daarvoor teruggaan....

Sunday, September 21, 2008

Wegbreek Sel-naweek

Ons het so lekker blaaskansie gekry saam met die sel by Tussen-i-bome. Dit was regtig rustig want ons het nie eers nodig gehad om kos te maak nie! Ons het in een van die ossewaens gebly, waar mens dit so bietjie moet rough, want daar is nie krag of lopende water nie. Mens maak met so 'n mini-donkie warm water:












Dan bad jy in die balie:





Wednesday, August 20, 2008

My droom kar....


Hamster korreksie...

Lyk my daar is eintlik dan nou 6 nuwe hamstertjies en nie net 3 nie - hulle was vanoggend vroeg op vertoning, maar ek kon dit nie mooi afgeneem kry nie - sal weer vanmiddag probeer. Go Hammie.... O, en Franko het besluit dat Hammie nou eerder Bumblebee moet heet - seker maar oor hy baie steek in hom het....;-). Van die nuwelinge is Lightning, McQueen, Sheq, Car, ....

Tuesday, August 19, 2008

Bella toe sy klein was...

Isabel het 'n paar skyfies laat skandeer....hier onder is sy regs...



Monday, August 18, 2008

Hamsters wat broei

Franko en Anrich se twee hamsters, Hammie en Sally het 3 klein hamstertjies - hulle is pienk en baie klein. Mens kan hulle sien, maar ek kon nog nie fotos geneem kry nie. Franko het gevra dat ons hulle hou totdat hulle hare soos Hammie het...

Dunkeld Estate, Dullstroom

Ons was die naweek by Dunkeld Estate, Dullstroom vir Pa Harm se verjaardag. Hy het 60 jaar oud geword. Die plek is eenvoudig onbeskryflik! Ons het probeer forel vang, maar tevergeefs- hulle was nie honger nie, of is afwagtend op die lente! Ons het ook by 2 Chefs gaan eet. Dit was baie goed - die geroorsterde eend is sterk aan te beveel, maar die tuisgemaakte sjokolade roomys - teen R20 'n skeppie - kom nie naby Royal Kopenhagen Danish nie! Die Saterdag was 'n perfekte sonskyn dag, maar die Sondag so mistig soos wat jy nog nooit gesien het nie. Dit was egter iets spesiaals, want as dit so mistig is, voel dit asof mens op 'n ander planeet is - soos in die foto hiernaas. Sien ook ander fotos op picasa.

Vuurpyle en so aan

Ek en Franko het by ExpireLab Brooklyn8 Augustus twee vuurpyle gebou - Die plek het fotos geneem daarvan. Een van die fotos is hier links. Franko het eerste sy vuurpyl van die groepie afgeskiet (daar was so 6 groepies). Syne het skouspelagtig gevlieg, met 'n kurktrekker manoeuver. Die valskermpie het so goed ontplooi dat die rek wat dit inplek gehou het, morsaf gebreek het. Franko kon wel die vuurpyl herwin, maar sonder die valskerm en neusstuk. Hy was so bietjie hartseer daaroor! Myne was van die laastes en het perfek reguit in die lug in opgegaan - te pragtig. Dit het iewers op iemand se dak te lande gekom, so ek kon dit nie herwin nie. Ons het die dag regtig baie geniet.

Thursday, August 7, 2008

Stoetbulle so aan

'n Oom kom op 'n Vrystaatse plaas aangery. Hy klop aan die deur enkleinboet maak oop.
"More, boetie. Is jou pa hier?"
"Nee, oom. Hy en ma is dorp toe"
"Is jou ouboet Gert dalk hier?"
"Nee, oom. Hy is op kosskool. Hy kom eers weer volgende naweek huis toe,maar kan ek oom dalk help?"
"Nee, man. Om die waarheid te sê, ek wil dringend met jou ouers praat.
Jou broer Gert het my dogter Johannna swanger gemaak" "Gits, oom, ek weet nie so mooi wat om vir oom te sê nie.Ek weet my pa vra R1 000 per dek vir die stoetbul en R500 vir diestoetram, maar ek weet regtig nie hoeveel hy oom vir Gert gaan vra nie."

Anrich ry Fiets

Anrich het so rukkie terug begin fiets ry (28 Jun 2008) - net eendag besluit ek moet die wielietjies afhaal en daar gaat hy....die eerste paar keer moes ek hom net help aan die gang kom, maar vandag het hy om die kort blok helemal op sy eie gery. Ongelooflik, asof hy dit al lank doen....

Franko die Sterrekundige

Ek en Franko het vanaand na Jupiter gekyk op sy aandrang. Dit was nadat hulle by die Voortrekkers 'n praatjie gehad het deur 'n entoesias, wat gese^ het dat hulle 20h00 die aand moet kyk, en dat mens Jupiter se mane sou kon sien. Hy het my 20 jaar oue gewone refraktor uitgehaal, 'n ou Bushnell 70mm, en my maak kyk na Jupiter. En so wraggies, daar sit Jupiter met sy 4 mane, Europa, Io, Ganimede en Callisto! Dis ook die eerste keer wat ek na Jupiter gekyk het. Kan jy nou glo! Hy was so opgewonde. Die prent hier onder is met Stellarium gedoen.


Sunday, July 20, 2008

Loftus vir Jesus

Foto www.rapport.co.za

Ek en Isabel was gister daar - dit was nogals 'n gesig om 70,000 mense te sien wat daar is vir Jesus! Op een stadium tydens die lofprysing het die hele stadium baie stil en gewyd geraak - dit was baie spesiaal. Die sing van die Onse Vader was ook baie gesee"nd, veral op die manier wat die mense dit gesing het. Angus het baie oor dieselfde goed gesels as by MMC 2008, maar het oor MMC 2008 self gepraat.

Leeu Mannetjies en Wyfies...

Franko reken dat leeumannetjies lui is om te jag, en die werk vir die wyfies los, omdat leeumannetjies maanhare het, wat hulle te veel na leeus laat lyk. As hulle dan jag, dan weet die bokkies, hulle is leeus. Leeuwyfies het nie maanhare nie, dus weet die bokke nie hulle is eintlik leeus nie, so hulle moet die jagwerk doen....

Dit en natuurlik die feit, dat as 'n mens 'n leeumannetjie se pens kielie, hy nie in staat is om te brul nie....

Tuesday, July 15, 2008

Fliek Resensensie: Juno



Daar is net 'n paar sulke flieks in die wereld, en beslis nie elke jaar nie. Juno het skerp dialoog, drama, liefde en komedie. Dit is 'n ou, uitgestrykte storie wat so verfrissend voorgestel word, en die rolle so goed vertolk word, dat mens eenvoudig net nie hierdie film moet mis nie. Die bonus is dat mens dit op DVD ook kan geniet. Die musiekbaan is puik en reflekteer elke punt van die fliek 100%. Veral op die einde, waar die ou tweetjies saam sing, maak dit die grootste impak. Beslis aan te beveel vir mense met tieners. Is beslis een van my top fliek keuses.

Sunday, July 13, 2008

'n Paar Goeies

Sien hulle ook in Sommige Herhaalbares aan die regterkant

A bookstore is one of the only pieces of evidence we have that people are still thinking. Jerry Seinfeld, comedian

We all should know that diversity makes for a rich tapestry, and we must understand that all the threads of the tapestry are equal in value no matter what their colour.

Maya Angelou, poet

I think I’ve discovered the secret of life — you just hang around until you get used to it. Charles M Schulzm, cartoonist

If we listened to our intellect, we’d never have a love affair. We’d never have a friendship. We’d never go into business, because we’d be cynical. Well, that’s nonsense. You’ve got to jump off cliffs all the time and build yo wings on the way down.

Ray Bradbury, author

I’m tired of hearing it said that democracy doesn’t work. Of course it doesn’t work. We are supposed to work it. Alexander Woollcott, critic

Every successful revolution puts on in time the robes of the tyrant it has deposed. Barbara Tuchman, historian

For women the best aphrodisiacs are words. The G-spot is in the ears. He who looks for it below there is wasting his time. Isabel Allende, author


Human history becomes more and more a race between education and catastrophe. HG Wells, author

Men reach their sexual peak at eighteen. Women reach theirs at thirty-five. Do you get the feeling that God is playing a practical joke?

Rita Rudner, comedian

The first time I see a jogger smiling, I’ll consider it. Joan Rivers, comedian

Love alone is capable of uniting living beings in such a way as to complete and fulfil them,for it alone takes them and joins them by what is deepest in themselves. Pierre Teilhard de Chardin, philosopher

When childhood dies, its corpses are called adults.

Brian Aldiss, author

I must say Ifind television very educational. The minute somebody turns it on, I go to the library and read a good book. Groucho Marx, comedian

I think one’s feelings waste themselves in words; they ought all tobe distilled into actions which bring results. Florence Nightingale, nursing pioneer

If I had been around when Rubens was painting, I would have been revered as a fabulous model. Kate Moss? Well, she would have been the paintbrush. Dawn French, comedian

Idealists foolish enough to throw caution to the winds have advanced mankind and have enriched the world. Emma Goldman, activist

Don’t have sex, man. It leads to kissing and pretty soon you have to start talking to them. Steve Martin, comedian

Teach thy tongue to say ‘I do not know,’ and thou shalt progress. Maimonides, philosopher

Marriage is a wonderful invention: then again, so is a bicycle repair kit. Billy Connolly, comedian

Any man’s death diminishes me, because I am involved in Mankind; And therefore never send to know for whom the bell tolls; it tolls for thee. John Donne, poet

A leader is best when people barely know he exists, when his work is done, his aim fulfilled, they will say: we did it ourselves.

Lao Tzu, philosopher

The most potent weapon in the hands of the oppressor is the mind of the oppressed. Steven Biko, activist

A word to the wise ain’t necessary -- it’s the stupid ones that need the advice. Bill Cosby, comedian

If you do not speak up when it matters, when would it matter that you speak? The opposite of courage is conformity. Even a dead fish can go with the flow. Jim Hightower, activist

A common mistake that people make when trying to design something completely foolproof is to underestimate the ingenuity of complete fools. Douglas Adams, author

Any idiot can get laid when they’re famous. That’s easy. It’s getting laid when you’re not famous that takes some talent. Kevin Bacon, actor

Hope is the thing withfeat hers that perches in the soul — and sings the tunes without the words — and never stops at all. Emily Dickinson, poet

We’ve heard that a million monkeys at a million keyboards could produce the complete works of Shakespeare; now, thanks to the Internet, we know that is not true.

Robert Wilensky, computer science professor

If you don’t know where you are going, any road will get you there. Lewis Carroll, author


Friday, July 11, 2008

Die Kaap bly nou maar eenmaal net *MOOI* !

Was vir 'n vinnige aand af Kaap toe vir die werk - Simonstad. Arno Duvenhage het die paar fotos geneem.

Monday, June 30, 2008

Pa-en-seun naweek

Die pa-en-seun naweek was die perfekte manier om weer terug in die ding te kom na 'n oorsese werk-trippie. Ek was in Edinburgh vir 'n week, en het die Sondagoggend geland, tuisgekom, en vertrek vir twee dae van kwaliteit en kwantiteit tyd saam met my twee laaities. Ons het visgevang, nie gewarrie oor kos, klere en bad nie, en goed basies en eenvoudig geniet. Ek gaan dit beslis 'n jaarlike instelling maak. Leon Geldenhuys het dit ding gereel en so paar fotos geneem (sien hieronder). Ek het ook 'n paar geneem. Die oulike foto van Anrich is deur Johan Kruger geneem. Anrich hou die tou vas sodat die roeibootjie teen die kant bly, en sodat Marcus daarin kan dans!


Monday, June 23, 2008

Edinburgh 2008

Ek was vir 'n week of wat in Edinburgh om EURO-SIW 2008 by te woon. Ek het 'n referaat daar aangebied en myne is toe darem vir 'n "best paper" benoem. Wag nog vir die wenner. So foto of wat van my in Edinburg - die res sal ek op Picasa laai.

Monday, April 28, 2008

Dilbert











Sunday, April 27, 2008

Anrich sing

Anrich sing Loof Hom met die tromme, en Twinkle, twinkle little star. Sien video op Google Video.

Anrich se Boeresports Partytjie

Anrich se verjaardag party was stokbrood maak, toutrek, sakresies, eiergooi, kleilat, driebeen-resies, water-aanpaas, en wa-ry. Kyk na van die fotos op picasaweb


Tuesday, April 1, 2008

Koffie

Friday, January 11, 2008

Getroude vroue en prostitute

Wat is die verskil tussen getroude vroue en prostitute?

Getroude vroue is op kontrak terwyl prostitute Pay as You Go is.....

Wednesday, January 9, 2008

Batterye wat ontplof!


Arme Isabel ry vanoggend 'n draai, stop by die Fruit & Veg Food Lover's Market, en toe sy weer die ou ossewa wou opstart, ontplof die battery daar en dan. Sy het dit nie besef nie, en eers later toe ek darem in die kar kan inkom en die bonnet oopkry, sien ons die battery is m*3r toe geskiet. Wel 'n paar honderd bokke later het ons nou 'n splik splinternuwe battery wat ons nie regtig wou had nie.

Friday, January 4, 2008

Eerste kombuisrak klaar!


Was al eergister klaar, maar ons ADSL was af omdat die telkom-issue modem opgepak het! Het nou weer 'n nuwe modem en kan nou weer foto's oplaai. Sien res van die foto's in die album.

Sunday, December 30, 2007

Installasie het begin!

Ek het gister met die installasie van die rak begin - soos nie beplan is nie, wou die kas nie deur die deur pas nie - ek moet dit dis nou in die opwaskamer aanmekaar sit. Bietjie moeiliker, maar die kas is in elk geval vrek swaar, so nou hoef ek nie die hele ding rond te dra nie. Sien fotos in die album .

Wednesday, December 26, 2007

Dit vorder darem (met die rakke)



Dit vorder darem met die kombuis rakke - ek behoort more die opwasbakrak klaar te kry - moet dan nog net die verf en olie ding doen. Sien nuwe fotos in die kombuisrak album.

Tuesday, December 25, 2007

Sunday, December 23, 2007

Basiese wafel resep (Uit Pineware wafelmaker boekie)

Bestandele:
1) 2 eier gele (hou die witte eenkant)
2) 315 ml (1 en 1/4 koppie) melk
3) 83 ml (1/3 koppie) kookolie
4) 3 tafellepels suiker (1 lepel is so 15 ml dink ek)
5) 1/2 teelepel sout
6) 375 ml (1 en 1/2 koppie) koekmeel (gesif)
7) 2 teelepels bakpoeier
8) 2 eierwitte

Metode:
1) Meng eerste 5 bestandele goed.
2) Sit meel en bakpoeier by
3) Meng alles tot glad - moet nie te veel meng nie!
4) Vou geklopte eierwitte in

Saturday, December 22, 2007

Kombuisrakke (Winter 2007 Bouprojek)

Dit gaan stadig, maar ek vorder darem! Sien foto's soos ek aangaan in die foto album.

Friday, December 21, 2007

Kombuis Projek


Die Le Roux's se kombuis projek het uiteindelik op dreef gekom! Die eerste raamwerk is amper klaar - die opwasbak. Dit lyk nog rof en na niks, maar is hopelik belowend!

Nog foto's op Skilpaaie en Kombuisrakke (Gepubliseer met vergunning van Franko).

Wilde Skilpaaie

'n Wilde skilpad het op ons erf sy opwagting gemaak - dood luiters rondgewaggel in ons voortuin. Het vir die outjie tamatie en water aangebied, wat hy aanvanklik nie wou eet of drink nie, maar het toe wel later. Franko en Anrich was baie opgewonde oor die nuwe toevoeging tot ons erf, maar ek vermoed hy het weer aangeskuif na groener weivelde. Franko het foto's geneem.

Het iemand al gehoor hoe skilpaaie paar - genugtig, hulle is meer raserig as 'n dronk seerower saam met 'n goedkoop, sleg prostituut!

Daar is nog foto's van ou Skillie op Skilpaaie en Kombuisrakke.

Monday, December 10, 2007

The Remote

Sunday, December 9, 2007

The Cocktail Chronicles » Blog Archive » Running a Tab

The Cocktail Chronicles » Blog Archive » Running a Tab: "Filmograph Cocktail 2 ounces brandy 3/4 ounce fresh lemon juice 1/2 ounce Kola Tonic Shake with ice and strain into chilled cocktail glass. Garnish with a lemon wedge."

Saturday, December 8, 2007

Top this for a speeding ticket ...

Two British traffic patrol officers from North Berwick were involved in an unusual incident while checking for speeding motorists on the A1 Great North Road . One of the officers used a hand-held radar device to check the speed of a vehicle approaching over the crest of a hill, and was surprised when the speed was recorded at over 300 mph. Their radar suddenly stopped working and the officers were not able to reset it.

Just then a deafening roar over the treetops revealed that the radar had in fact latched on to a NATO Tornado fighter jet which was engaged in a low-flying exercise over the Border district, approaching from the North Sea.


Back at police headquarters the chief constable fired off a stiff complaint to the RAF Liaison office.

Back came the reply in true laconic RAF style:

"Thank you for your message, which allows us to complete the file on this incident. You may be interested to know that the tactical computer in the Tornado had detected the presence of, and subsequently locked onto, your hostile radar equipment and automatically sent a jamming signal back to it. Furthermore, an air-to-ground missile aboard the fully-armed aircraft had also automatically locked onto your equipment. Fortunately the pilot flying the Tornado recognized the situation for what it was, quickly responded to the missile systems alert status, and was able to override the automated defence system before the missile was launched and your hostile radar installation was destroyed.

Good Day..."

Monday, November 26, 2007

Dilbert



A Party of Famous Physicists

One day, all of the world's famous physicists decided to get together
for a dinner function. Fortunately, the doorman was a grad student,
and able to observe some of the guests...

Everyone gravitated toward Newton, but he just kept moving around at a
constant velocity and showed no reaction.
Einstein was having a relatively good time.
Coulomb got a real charge out of the whole thing.
Cauchy, being the only mathematician there, still managed to integrate
well with everyone.
Thompson enjoyed the plum pudding.
Pauli came late, but was mostly excluded from things, so he split.
Pascal was under too much pressure to enjoy himself.
Ohm spent most of the time resisting Ampere's opinions on current events.
Hamilton went to the buffet tables exactly once.
Volt thought the social had a lot of potential.
Hilbert was pretty spaced out for most of it.
Heisenberg may or may not have been there.
The Curies' radiant personalities basked everyone in their glowing presence.
van der Waals forced himeself to mingle.
Wien radiated a colourful personality.
Millikan dropped his Italian oil dressing.
de Broglie mostly just stood in the corner and waved.
Hollerith liked the hole idea.
Stefan and Boltzman got into some hot debates.
Everyone was attracted to Tesla's magnetic personality.
Compton was a little scatter-brained at times.
Watt turned out to be a powerful speaker.
Hertz went back to the buffet table several times a minute.
Faraday had quite a capacity for food.
Oppenheimer got bombed.
Bohr ate too much and got atomic ache.

Pothole of the Month


Friday, November 23, 2007