Saturday, October 9, 2010

Sjef Laroux se Paella Interpretasie

Ek het hierdie resep op gevoel probeer maak, nadat ek 'n wonderlike Hoender Paella in Greding geeet het. Het so biejie met Google rondgesoek vir idees, en toe maar op hierdie lysie van bestandele besluit. Ek sal volgende slag probeer om tamatie of tamatiepasta of selfs dalk songedroogde tamaties by te sit.

Olyfolie
1-2 Huisies Knoffel of knoffelvlokkies
1 Ui fyngetjop
4-6 Hoenderborsies gesnipper
1 Rooi Soetrissie blokkies
1 Groen Soetrissie blokkies
1-2 Koppie Witrys
1 Lourierblaar
Saffraan, of as jy nie het nie, neutmuskaat en Paprika
2 Koppie Hoenderaftreksel
1 Koppie Witwyn
Tiemie
Sout
Swart peper
Chorizo skuifies
Mossels
Koppie Gevriesde ertjies, of so bietjie minder, op gevoel
Suurlemoenskil
Pietersielie

Die volgorde is maar die gewone, en baie naby aan die Italiaanse rysverassing wat ons gereeld maak...truuk is blykbaar die korsie wat die rys aan die onderkant moet vorm.

Die resultaat was heel lekker, maar ek sal beter kwaliteit Chorizo as Pick 'a Pay s'n probeer of selfs russians.

Ek moet ook erken die selfoonfoto lyk nie so goed as wat die gereggie geproe het nie...

Thursday, October 7, 2010

Greding - Laaste dag

Ek kry nou eers kans om hierdie te blog.... my laaste dag was heel lekker, het via Ingolstadt gery en by die Audi Museum aangedoen. Baie goeie ervaring en beslis aan te bevele. As mens die fabriek toer wil doen moet jy maar lank voor die tyd bespreek. Sien gerus fotos.

My laaste bier op die Munich Lughawe...

Thursday, September 23, 2010

Greding Water Wiel

Greding het so 'n klein kanaaltjie wat ook 'n water wielietjie het, kompleet met eendjies wat rond kwaker.

Greding

Vandag was my laaste dag by MIP, maar ek ry eers more terug lughawe toe. Oppad wil ek by die Audi museum in Ingolstadt aandoen.

Wednesday, September 22, 2010

Greding

Wel, wel, vandag het ek egte Duitse kossies geniet, Vark, Rooikool en kluitjies met so suurerige sousie. Nie helemal my koppie tee nie, maar ek moes. Ek ry moet so klein Pandatjie rond, gelukkig, want ek sukkel nog steeds om van die gevoel ontslae te raak of die kar van regs na links gaan oorrol op sy sy. Dit voel kompleet of hy net daar gaan omslaat. Dalk help die grootte van die kar nie.... maar dit help met aan die verkeerde kant van die pad ry...

Het vanaand spaans geeet, omdate die een spanjaard na 4.5 jaar weggaan by MIP. Daar was slaai, tapas en natuurlik 'n paelle wat regtig goed was. Heelwat Sangria het die rondte gedoen, met 'n gewonerige Duitse poedingkie. Die hoogtepunt van die aand was so drie Pacharan Zoco shooters - absoluut lekker. Dit is baie goeie kompetisie vir 'n staatmaker Jaegermeister.

Tuesday, September 21, 2010

Greding

Moet se^ die kos hier in Greding is baie goed. Het vanaand as deel van die self-betaal MIP sosiale geleentheid by die enigste Griekse restaurant in Greding geeet. Pyraser bier, ouzo en souvlakie later was ek heel versadig. Die kos word goed voorberei, en die mense is glad nie skaam met hulle porsies nie. Lekker gesels met 'n Switser, Amerikaner, Swede en Franse. En wat 'n aanvallige Duitse kelnerinnetjie - sy vat nie gevangenisse nie. Die eienaar is ook vol streke en toe lyk die een Sweed nes hy, ook met 'n lekker pankop. Moet se^ die mense is aangenaam, en die MIP mense ook.


View Larger Map

Monday, September 20, 2010

Greding

My tweede dag in Greding het baie glad verloop...moes maar werk, maar het aan die einde van die dag na een van die ander hotelle, Hotel Bauer-Keller, aan die ander kant van die snelweg (A9) gestap. Daar het ek 'n Vark Cordon Blue geniet wat darem vir jou uitstekend was. Dit met 'n lekker ou biertjie, Winkler Brau Kupfer Spezial, maak die aand soveel beter. Ek het lekker met een van die Noorweers gesit en gesels terwyl hy vir sy span gewag het. Met so 2-skep Italiaanse roomysie het ek die aand perfek afgesluit....sal heelwat moet draf as ek terug in SA is!














Ek het vandag ook 'n interessante alternatief vir Coca Cola gedrink, Pyraser Cola-Mix, baie lekker, wens ek kon dit in SA koop (ook die biertjie).

Nog so paar fotos wat ek gister geneem het...














St Martin Basilica














'n Deel van die stadsmuur














'n Paar mooi dakke, met die Rathaus se toring (of die gebou reg daar langs)

Hildegarde se kortpad Briejanie...

Die brijanie resep is baie maklik...ek gebruik PnP se "Rice meal - breyani". Jy maak 400g lam/hoender/groente gaar met 'n bietjie olie 'n pan. Dan gooi jy nog klein bietjie olie en die seasoning pakkie by. Dan gooi jy die pakkie rys en omtrent 900ml water by, roer, laat simmer vir so 45min. En dan't jy brijanie vir 4 mense. :)

Sunday, September 19, 2010

Franko se Stone Hedge...

Greding














































Jawel, daar is ek nou in Greding vir MIP. Het redelik maklik reggekom met die linkerhandstuur Fiat Pandatjie, darem net so een keer te vinnig 'n afrit gevat en moes omdraai van Muenchen Flughawe af. Greding is 'n klein ou dorpie met redelik min te doen, Vanaand gaan ek gou na 'n orrel en trompet optrede luister in die kerk op die heuwel (The Basilica of St. Martin). My hotel, Hotel am Markt is baie gerieflik, op die markplein, en het selfs verniet internet, alhoewel met 'n redelike op-en-af wifi konneksie. As ek met my linkervoet op die toilet staan is die konneksie stabiel. Maar ek kon darem hierdie pos. Ek het vanoggend lekker koffie gedrink op die plein in die son, en 'n schnitzel geeet by die plek oorkant my hotel.

Die trompet en orrel uitvoering was voortreflik, en nogals verniet. Alexander Pfeifer (trompet) en Frank Zimpel (orrel) se weergawe van Franz Schubert se Ave Maria het sekerlik die Engele trane laat wegpink. Die gladde, soepel, trompetklanke vloei deur die lee" kerk se akoestiek, Baie mooi.

Monday, September 6, 2010

Sunday, August 29, 2010

St Paulus Wetenskapdag Augustus 2010



























Franko het spaghetti bruggies gebou om te demonstreer dat driehoeke sterker as vierkante is..... Anrich het bewys dat kerse suurstof gebruik....of ten minste iets wat water opsuig as 'n mens 'n glas oor die kers sit ;-)

Vetkoek Brood


Vetkoek Brood 

Ingredients

 
  • 1
    kg
    vetkoek dough
  • 1
    cup
    brown sugar
  • 250ml
    cream or condensed milk
 

Method

 
Buy vetkoek dough from Spar, grease a baking dish. Roll vetkoek into balls, place in greased dish. Sprinkle over brown sugar (1 cup) Add cream or try condense milk for a sweater taste. Bake at 180 for 15 minutes until golden brown. Serve as starter or with the braai.

Tuesday, July 20, 2010

Gastronomiese Nirvana - Moskonfyt

Ek en Isabel het toevallig nou die dag 'n botteltjie moskonfyt, nogals van 'n Le Roux plaas af, ontvang as geskenkie. Niks ongewoons hieraan nie, behalwe dat dit ons eerste kennismaking is met regte moskonfyt. In elk geval, aan die einde van een van ons etes, kan nie meer onthou wat ons die weeksaand gebrou het nie, kry ons baie lus vir 'n lekker poeding. O, ja, dit was varkie, met gebakte appels en een of ander groente. Weereens niks ongewoons hieraan nie, behalwe dat, as gevolg van 'n klein kommunikasie foutjie, is die gebakte appels eers teen die einde van die ete gereed. Dit was gewone, blosende Royal Gala appeltjies van Woolies, met elk so klein bietjie rosyntjies bo-op gestrooi, niks esktra suiker of molasse nie. Vir een of ander rede kry ek toe die blink idee om die appels met 'n klein skeppie Madagascan Vanilla roomys, ook van Woolies, te geniet. Amper op dieselfde oomblik besef ek en Isabel dat die moskonfyt mos die beste stropie sou maak wat mens oor die appels, rosyne en roomys kan drup. Ek vermoed as mens een of ander beskuiterige iets bysit, sal hierdie kombinasie sjefs en kokke van regoor die wereld beindruk. Probeer gerus, dis mos nou pure poeding!

Monday, June 28, 2010

Fanus se plaas...

Ons het heelwat plaas aktiwiteite hier op Fanus se plaas gedoen, van stap om Boesman tekeninge te gaan kyk in die klofie, fotos neem van al die mooi kliphuisies, beeste brandmerk, skape spuit, perdry en waterpype fieks tot kaartspeel. Ons het lekker gekuier, geeet en sokker gekyk, en sommer al die skoon lug geniet. Die seuns het moeg in die aande gaan slaap...

Sunday, June 27, 2010

Franko en Anrich voor die ramstal op Fanus se plaas net buite Aliw al-Noord

Ek, Franko en Anrich het van Saterdagmiddag by Fanus kom kuier. Lekker plaasdinge vir die seuns.

Wednesday, June 23, 2010

Spaghetti Bolognaise a la Herman

Hillendale sorg sentrum

Oupa is hier na die hospitaal. Anrich reken hierdie is white wall tyre headed ducks...

Saturday, June 19, 2010

Saturday, June 12, 2010

Voriberg 2010

Ek, Fanus en Reuben het vanoggend die Voriberg 35km bergfiets ren gery. Die roete is verander van laasjaar in die sin dat dit nie opdraandes het nie, maar wel baie lekker enkelspoorpaadjies. Die roete was ook eerder 32 as 35km. Heel lekker om te ry. Ongelukkig is die feesdag nie meer deel van die rendag nie, maar daar was darem lekker hamburgers. Herman se tyd was 1h53. Herman se fiets rekenaar wou nie vandag meet nie... Herman het ook darem net een keer geval en lig daarvan afgekom.

Wednesday, May 19, 2010

Bella se dans...

Bella oefen danspass, en Franko en Anrich help...

Saturday, May 15, 2010

Franko en Anrich en Zakumi

Ons twee sokker ondersteuners!

Monday, May 10, 2010

Ouma en Oupa sit op die stoep...

Moedersdag 2010

Ons het by Meel in Bloemfontein geeet - 'n heel aangename plekkie in die Rosestad - nie te groot nie, en glad nie kommersieel nie. Dit is regtig 'n aangename plekkie, tog so bietjie duur, maar heel verteerbaar vir die brekvis wat ons daar geniet het. Die kinders het ook daarvan gehou, en Ouma was baie bly oor haar keuse vir die dag. Meel het 'n Franse geur.


Saturday, May 8, 2010

Wednesday, April 21, 2010

Franko speel sokker

Franko se eerste kragmeting teen Lynnridgelaer. St Paulus het 3-0 gewen.

Saturday, April 10, 2010

Haresnydag voor die skool weer begin

Franko het sy sny gemeet, 12 minute 46 sekondes!

Friday, April 2, 2010

Wapadrif en Cullinan

Ek en Isabel het so onverwagse Saterdagmiddagie afegehad en besluit om Wapadrif toe te ry. Daar het ons so bietjie minder te sien gekry as verwag. Die winkel daar verkoop heelwat "antieke" meubels, maar het net drie tafels gehad wat nie regtig antiek was nie. Hulle was wel goed geprys teen R3500 vir 'n tweemeter-plus tafel. Daar is 'n ligblou koolstofie wat ek my hart op verloor het, en beslis sal gaan koop as daar so paar Randjies loskom... Oppad terug besluit ons toe maar om sommer Cullinan om te ry, en dalk iets ligs iewers eet. Stop toe daar by Stavros se As Greek as it Gets....mense, jy het nog nie sulke lekker kos in jou lewe in geeet nie....Dis sekerlik die beste Griekse Hamburger wat daar in die wereld is....



Sunday, March 21, 2010

Plant Luise

Raad vir plant luise 

Meng:
5L water
1 teelepel sunlight liquid (skottelgoedwasseep)
1 teelepel koeksoda

Spuit gereeld oor blare.

Friday, February 26, 2010

Sabie Classic 2010

Nou ja toe, daar doen Sabie sy ree"n reputasie gestand. Ons en die Standers het sommer by die munisipale oord, Castle Rock, gekamp. Hier sit ons die Vrydagaand in Franko se tent terwyl dit lekker ree"n. Moet ook glad nie pannekoek by Petena's op die dorp eet nie, dis werklikwaar daglig rowery. Die kampterrein is 'n bargain teen R85 per aand vir 'n staanplek met elektrisiteit. Ons het ook lekker pasta gekry, komplimente die ren organiseerders. Mens kon ook bykoop teen R15! Sal maar sien hoe dit met al die modder op die 40km roete gaan...Kyk op die fiets blog.

Monday, February 22, 2010

Thursday, February 18, 2010

Dogged Determination

Dogged Determination

If a dog from Dalmatia,
Is called a Dalmatian,
And one from The Alsace,
Is called an Alsatian

Why does Li Wong,
Who comes from Hong Kong,
Call his dog
Char Sui Chow Mein?

If a dog from Germany
is called Germana
And one from America
Is called Americana

Then why does Angelica,
Who comes from Africa,
Call her dog
Johannes Gysbert van der Merwe?

Adapted from a poem on (Accessed 16 February 2010) http://www.funny-poems.co.uk/kids/animal-poetry/a06-dog.asp

Thursday, February 11, 2010

Anrich stamp sy (agter)kop

Ja wel, daar gebeur dit toe weer - vinnige draai by die ongevalle Sondagaand, wat kan mens nou se?