Ons het gisteraand vir ou Nataniel by die Centurion Teater gaan kyk saam met Johan, Charmain, Karel, Corne, Doep en Rone. Soos verwag het ou Nat ons laat skaterlag met sy raak beskrywings van normale dag tot dag lewens. Maar telkemale bring hy jou terug tot die werklikheid met 'n opmerking wat maar diep tref... Ons laaities het sommer by die Standers vir die aand gekuier.
Sunday, August 2, 2009
Nataniel, Four Winter Concerts, Centurion Teater
Ons het gisteraand vir ou Nataniel by die Centurion Teater gaan kyk saam met Johan, Charmain, Karel, Corne, Doep en Rone. Soos verwag het ou Nat ons laat skaterlag met sy raak beskrywings van normale dag tot dag lewens. Maar telkemale bring hy jou terug tot die werklikheid met 'n opmerking wat maar diep tref... Ons laaities het sommer by die Standers vir die aand gekuier.
Thursday, July 30, 2009
Friday, July 24, 2009
Saturday, July 18, 2009
Istanbul (Vrydag)
Thursday, July 16, 2009
Istanbul (Donderdag)
Wednesday, July 15, 2009
Istanbul (Woensdag)
Tuesday, July 14, 2009
Istanbul (Dinsdag)
Ek moet se^ dat Istanbul vol verassings is - ons het gisteraand per bus vanaf Grand Cevahir na Besiktas gery, en daar op 'n boot geklim. Dis alles deel van die gala aandete van die konferensie. Vandaar het dit rustig al langs die kus gevaar in die rigting van die twee imponerende suspensie brue. Waar ek voorheen gedink het Istanbul is nie so mooi nie, wel hier is die prentjie mooi - veral in die laatmiddag son, en dan later in die donker. Die een brug is verlig met duisende liggies, en dan is daar die verskriklike fensie hotelle, almal met sulke opelug restuarante reg teen die water. Party het selfs groot vure in bakke op die kant. Dit is ook duiseligwekkend hoe groot Istanbul regtig is. Volgens Wolfram Alpha het dit 9.7m mense - mens kan dit sien!
My opinie dat Istanbul nie eintlik 'n mooi stad is nie, is nou heeltemal anders nadat ons al langs die bosporus gevaar het. Dit blyk dat ons hotel eintlik in die armer deel van die stad is.....alhoewel die hotel redelik fensie is. Ek het van die mooiste tonele gesien al langs die rivier af. Iets wat werklik besonders is, is die fort, Rumeli Hasari. Dit is baie mooi belig in die aand.
Monday, July 13, 2009
Istanbul (Maandag)
Ek het gou so bietjie gaan shop by die Cevahir Mall, nie ver van ons hotel af nie. Het darem iets gekry vir die hele familie se gebruik, en ook iets wat Bella graag sal wil gebruik... Die mall is seker so klein stukkie kleiner as Menlyn, maar nogals indrukwekkend. Dit is een van die medium grootte malls in Istanbul. Nou met ek net die presentjies veilig by die huis kry....
Sunday, July 12, 2009
Istanbul (Sondag)
Volgende het ons na die sg. blue mosque begin soek, dit gekry, maar nie kon ingaan nie, want ons het beide kortbroeke aangehad. Mens moet 'n langbroek aanhe^ om by 'n moskee in te gaan. So van buite af geloer. Volgende het ons deur die paleistuine gestap, en ook gepiepie teen seker so R5 in die tuin - mens betaal duur vir regtig onaangename toilette in Istanbul. Maar nou ja, as mens moet gaan, moet jy...
Die een ding wat mens baie opval van Istanbul is die omvang van die plek - alles is groot en wyd hier, en hier is flippin baie mense - die paleistuine is nie klein nie - die wandellaan is baie lank en daar is duisende mense wat rond drentel, kuier, lag, eet, en alles wat jy aan kan dink, doen. Ek het darem lekker na Bella verlang in die tuine - aan die een kant is daar 'n ietwat meer private laan, met sulke hout pergolas waar die jong turke sit en vry - natuurlik alles met klere aan, maar heel warm vir so 'n ou kultuur.
Op soek na die Hippodrome, 'n plekkie waar die Romyne hulself vermaak het in so 230 nC, het ons by die Basilica Cistern ingegaan - dit is asemrowend....die Romyne het dit in 5oo iets nC gebou, met 'n aquaduct wat water van 19km ver vervoer het hierheen. Die hele ding is ondergronds, en beslaan 19,000 vierkante meter - onbeskryflik. Sal later die fotos pos.
Teen hierdie tyd is ons alreeds baie pootuit, maar met 'n Doner broodjie en 'n watertjie agter die rug, het ons die historiese museum besoek - baie goed, met heelwat stukke wat uit 2500 vC dateer. Daar is soveel dat mens naderhand maar baie moeg net aandrentel. Daar is honderde sarkofage, standbeeeld, kolomme, bakke, kruike, ens.
Van hier het ons die brug beloop tussen die Europese en goue horing dele van Istanbul - die honderde vistermanne wat sulke klein vissies vang is baie snaaks. Die hele brug is in twee lae - een daarbo vir die verkeer, en een daaronder vir verskeie restaurante - almal wat mens baie ywerig probeer oorreed om aan te sit.
Ons het maar voortgedruk, oor die brug gestap, en by 'n baie interessante boot restuarant geeet. Mens sit op sulke klein stoeltjies en tafeltjies, terwyl die kombuis van die restuarant op 'n boot is. Die 4 manne in die kombuis bak net vissies wat hulle dan op 'n broodjie met tamatie en uie sit. Die boot hel by tye seker teen meer as 30 grade oor na die kante agv die golwe op die water, maar die manne bly staan asof die boot nie beweeg nie. Dis vrek besig, vrek raserig, en die vissies op brood kos maar 4 TL. Nie duur nie, maar mens voel so Turks as kan kom, as jy dit doen, omdat dit so wemel van Turke dat jou kop naderhand draai....
Van die besige boot kombuis, en 'n langerige stap terug by 'n baie informele plekkie eers weer appeltee gedrink. Van hier moes ons weer per funicular terug na Taksim square, waar ons weer so klein stukkie gewandel het in die laan wat Taksim en Tunel verbind. Ons was nou doodmoeg, en het eers bier gaan soek. Teen 4 lira per 500ml en 5 lire teen 700ml, het ek so 1.2L en Dirk so 1.4L Efes bier gedrink - die local Turkse Pilsner. Baie lekker ligte bier. Met 'n Turkse live band, rock/blues, in die agterkant van die Bar/Cafe, het ons behaaglik geteug aan die senior biere. 'n Perfekte afsluiting vir seker 20km se stap deur die stad. Met die laaste treinseksie terug na Sisly square, het ons met baie selfvetroue die pad die keer terug gestap hotel toe. Soos ek vir Dirk se^, ons het hierdie deel van Istanbul vanaand gewen, ons verstaan nou.....Teen die tyd wat ons by die hotel aangekom het, het my kop nog lekker gedraai van die 1.2L bier. Maar na 'n lekker lang telefoon gesprekkie met Bella, was my koppie weer reg, en kon ek hierdie heel nugter tik.
Ai, vandag was een van daardie dae in 'n ander wereld, wat mens net weer besef hoe klein jou wereldtjie kan wees. Dit was een van die lekkerste dae wat ek nog in 'n ander stad beleef het, net jammer met my familie so ver.....
Istanbul is nie 'n mooi stad nie, maar een van die meer interessante kulture. Die mense is vriendelik, help mens maklik, is rustig en ontspanne, en dit is net lekker om hier te wees - ten spyte van die taal verskille, voel mens tog welkom.
Saturday, July 11, 2009
Istanbul (Saterdag)
Nadat ons gaan stort het, en so bietjie opgevars het, het ons besluit om 'n draai te stap. Die eerste poging was redelik goed, en ons het by 'n vars produkte mark verbygestap, waarby ek dadelik 'n halwe kilo vars kersies moes koop. Ons het toe maar die aftog moes blaas, omdat ons ons self vasgeloop het in doodloop straatjies, groot areas waar hulle bou ens. Na so bietjie naspeur werk op google maps, het ons toe op Taksim square besluit vir aandete. Na seker so 5km se stap het ons weer in snelwee ens vasgeloop en toe maar uiteindelik moes toegee deur 'n taksie te deel teen 20 lire.....By Taksim aangekom het ons so bietjie rondgeloop, en toe maar op 'n eetplekkie besluit. Die waiter daar was verskriklik vriendelik, sodat ons selfs 'n foto saam met hom geneem het. Hulle het ook vir ons gratis Turkse tee aangebied na ons maal, wat regtig baie lekker is. Mens drink dit uit sulke baie klein glas bekertjies, swart en baie soet. Hul tee proe egter nie soos Vyf Rose nie, baie lekkerder. Ek sal maar seker vir Hillie so pakkie moet koop....
Iets wat nogals onverwagd was, is om soveel shackerige huisies te sien in dele van die stad. Dit is werklik klein bouvalletjies, wat selfs slegter gebou lyk as die informele behuising wat ons in Suid Afrika aan gewoond is. Die plekke lyk asof dit gaan wegspoel as dit net 1mm gaan reen....
Daarna was ons oppad terug, maar besluit toe om nog so draai te stap. Daar kom ons toe op die wandellaan van seker 3km af, tussen Taksim en Tunel squares. Daar is seker 250 000 mense wat rondloop - dit is ongelooflik, ek het nog nooit so baie winkeltjies en mense saam op een plek gesien nie. Daar is duisende klein eetplekkies, party met live music, so dit 'n swetterjoel van mense en 'n kakofonie van klanke en geraas. Na dit, moes ons eenvoudig net op die trem van Tunel terug na Taksim ry. Hier ontdek ons toe ook die baie gerieflike metro trein stelsel van Istanbul, en ry met dit terug na 'n stasie wat klink asof dit naby ons hotel is. Ons hotel is 'n redelike landmerk in die omgewing, maar ek was nog nooit so verdwaal in my lewe nie....jy het nie 'n kooking clue hoe om te loop nie, en die stadskaart het nie daai stukkie van die detail op nie...ons klop toe maar by 'n plekkie aan, wat lyk soos die kantore van die busbestuurders. Die een roep ons nader, en vat pad soos 'n vlakhaas oor besige strate....hy neem toe uiteindelik stelling in, in sy bus, en beduie ek en Dirk moet opklim....ons wil net geldjies begin uithaal, waarop hy beduie, nee los die geldjies sit nie. Al die ander Turke wat opklim, betaal wetsgehoorsaam....Die bus het 'n end gery - ook seker verder was wat ons die tyd van die aand wou stap. By een van die haltes beduie die bestuurder ons moet hier af. Ons klim toe maar af, effens steeds verdwaald. Met die opkyk, kyk ons reg in die hotel vas. Ek se^ vir hou Dirk, ek is bly om die hotel te sien, ek het al gesien hoe ons op 'n park bankie slaap vanaand.
Moet se^ ten spyte van al die winkels is dit nogals moeilik om te shop. More wil ons die Grand Bazaar gaan besoek, en sal weer met treine ens moet ry. Hoop ons verdwaal dan minder...
Tuesday, June 23, 2009
Kyk die netjies manne na 'n haarsny!
Sunday, June 21, 2009
Boabab, Diamonds and Pearls
Friday, May 29, 2009
Keulen (NCW Europe 2009)
Ek, Brian en Charl het vanaand Haxen geeet. Dit is eisbein. Baie lekker maar nou het ek genoeg vark vir 'n ruk geeet. O ja, hierdie inskrywing is via my sel vanuit my hotel se wifi gedoen.
Friday, May 8, 2009
Monday, April 27, 2009
Wednesday, April 8, 2009
Tuesday, February 3, 2009
Desember 2008 Kaap Vakansie

Ek kom nou eers daarby uit om die vakansie foto's te laai en 'n kort opsommingkie te maak van ons vakansie:
- Begin met 'n aand of wat in Bloemfontein. Natuurlik wil die twee manne net met Oupa se 125cc ry!
- Op pad na Sutherland, om na die teleskope en naghemel te gaan kyk, ry ons oor Beaufort-Wes. Net anderkant die dorpie lees die Jetta 43.5 grade! Ons het darem hier 'n ou KFC'tjie ook afgelsuk.
- Verby Richmond, die jongste nuwe boeke dorpie in die wereld, koop ons eers 'n ou handvatsel, wat ons nog nie weet waar om te gebruik nie.
- Sutherland was beslis die moeite werd, en die gastehuis wat ons in tuis gegaan het, is absoluut die moeite werd. Nogals sjerrie wat staan en wag as mens aankom. Die sterre kyk was baie lekker, en die geslote konstellasies is beslis iets om te sien deur 'n ordentlike teleskoop. Die oggend toer sluit die hervestigde Pretoria-Sterrewag teleskoop in, sowel as die nuwe SALT - beslis die moeite werd om te sien. Franko het natuurlik sy reputasie gestand gedoen deur soveel moontlik vra te vra in 'n tyd korter as die big-bang.
- Oppad na Piketberg het ons eers by Matjiesfontein aangegaan en by die Lord Milner 'n regte publunch saam met die laaties gehad.
- Op Ceres gaan nie veel aan nie, en die dorp was heeltemal te besig na die stilte van Sutherland en Matjiesfontein.
- Piketberg toe! daar het ons by die Truters aan huis gegaan vir 'n paar aande. Hulle het ons na Velddrif gery vir 'n besondere aandete by Sunset Seafood en Steak. Ons was ook op Piket-bo-berg, waar ek summier 'n 18 hektaar plasie wou koop. Perfek vir olywe en laventel!. 'n Boot-rit op die Bergrivier en Sondagmiddagete op die stoep by 'n privaat oord net buite die dorp het die ou kuiertjie beslis die moeite werd gemaak. Ons het ook die moewie Crash saam met hulle gekyk.
- Van daar na die plaas, Sewefontein vir 'n paar aande oor Kersfees. Die plaas is besonders, en die eienaars baie gasvry. Philip en (wat is haar naam nou weer) het uit hul pad gegaan om ons welkom te laat voel. Ek het selfs 'n 95 pinotage gekry omdat daar skynbaar 'n paar teels missing was. Met die aflaai kon ek en ou Jan ook nie ons ogies van die jong dogter afhou nie....te pragtig. Hulle het ons vertel van droe appelkose maak - ons het gaan kyk ook, hoe mens rooibos groei en die tee maak, en van die Boesman tekeninge wat ek en die laaities gaan kyk het. Die huis was lekker groot en omdat dit koeler in die berg is, kon ek elke aand 'n ou kaggel vuurtjie met die lekker houtjies maak wat hulle voorsien het. Ons het elke oggend brekvis op die stoep onder die druiwe prieel gedoen - soos konings! Enigste sleg ding is dat my betroubare Canon PowerShot A80 hier finaal ingekonk het - lyk asof die hoofsensor die gees gegee het.
- Ons moes op Citrusdal by die Spar gaan proviand kry vir Kersdag - hier gaan werklik niks aan nie.
- Ons was vir Kersdag Elandsbaai toe waar die wind ons heeltemal weggewaai het - dit was egter steeds lekker om dit te sien. Ons moes op Eendekuil stop vir aanwysings. 'n klein plekkie met niks.... Het darem heelwat skulpe opgetel en rondgehol saam met die kinders op die groot strand. Oppad terug het die berge te mooi gelyk in die laat middagson. Die son het ook telkens weer opgekom tot Franko se verbasing...
- 'n Padstal tussen Piketberg en Citrusdal net soos mens in die berg inry is Kardoesie - mens moet hier stop....
- Van die plaas na beskawing, maar eers oor Riebeek-kasteel. Hier wil ek en Bella beslis weer tyd kom spandeer. Die oorspronklike Garden-Blue is hier, en 'n klein arkadetjie van winkeltjies wat te mooi is. Die winkels was ongelukkig alles toe, met al die produkte steeds oop-en-bloot op die stoepe uitgestal.....
- By die Oliviers in Kaapstad oorgebly vir 'n paar aande. Hier het ons gaan swem tussen die pikkewyne op die betaalstrand by Simonsytad (Boulders). Dit was werklik iets besonders om die gediertetjies te sien waggel en swem tussen al die strandlywe! Ons was ook kasteel toe, wat hierdie slag baie interessant was, want met my vorige besoek was die museum deel toe vir opknappings. Vergekyk baie goed met ander internasionale museums - eintlik beter, want dit is nie oor-gekommersialiseerd nie. Ons het ook cool-runnings gaan doen teen 'n heuwel af, nes in die fliek, net makliker! ;-) En natuurlik darem een wynplasie gaan doen, waar ek en ou Guillaume eerder die skinkertjie wou proe as die wyn!.... O, en ons het 1 uur en 5 minute vir vis en tjips gewag by Mariner's Wharf op Houtbaai - tot Retha se verbasing dat Gui so geduldig was....;-)
- Jip, en dan vroegoggend terug Sodom en Gemorra toe, met 'n kort oorslaap op Bloemies
Thursday, January 22, 2009
Buite-sonnestel planete

As dit is hoe een van die buit-sonnestelsel planete lyk, sou ek dit darem bitter graag beter wou sien.....Hierdie is 'n kunstenaars vooorstelling van 'n planeet rondom die ster CoKu Tau/4, 420 ligjare hiervandaan. Sien ander ook op Wired.com.
Tuesday, January 20, 2009
Eyak
Wednesday, January 14, 2009
Terug Skool Toe!

Franko doen vanjaar Graad 3, oftewel Standard Een in die ou bedeling. Anrich is in Graad R, of ook genoem Graad Nul. 'n Paar Foto's van die tweetjies in ons foto album.
Sunday, January 11, 2009
Monday, December 8, 2008
Friday, December 5, 2008
Monday, December 1, 2008
Met die maan gepla

Johan Kruger het van hierdie laat weet, en gelukkig het ons dit toe gesien - te mooi. Die foto is van news24.com se site af. Dit is Jupiter en Venus wat so met die maan dans. Stellarium wys watter planeet is watter in die prentjie hieronder:

Saturday, November 29, 2008
Windsor

Was vandag saam met Hester en Matthew na Windsor om daar rond te loop en na die Somerhuisie van die Queen Ma'am te kyk - baie mooi, en die straatjies vol winkels is iets besonders. Het sommer by 'n Ierse pub geeet, en 'n pint bitters gedrink. Te lekker. Sal van die fotos op picasaweb sit.
Thursday, November 27, 2008
Guildford


Wednesday, November 26, 2008
Diep (1)
- Philip K. Dick, "Galactic Pot-healer"
Surrey, London
Bond: Quantum of Solace

Thursday, November 20, 2008
Hoe het hulle geweet om daar te kyk!?
Wat ek net wonder, is hoe het hulle geweet om daar te kyk, en hoe !?
Woman hid drugs in vagina
20/11/2008 22:30 - (SA)
Johannesburg - A woman was arrested at Cape Town International Airport on Thursday after cocaine was found in her possession, Johannesburg police said.
The South African woman had just got off a flight from Buenos Aires in Argentina around 11:30 when she was arrested.
"She had approximately half a kilogram hidden in her private parts and 52 bullets which she had swallowed, [also] presumed to contain cocaine. Further test are still being conducted," said Captain Dennis Adriao.
Monday, November 17, 2008
Monday, November 3, 2008
Anrich Swem !!!
Auto Africa



Wednesday, October 29, 2008
Ilanga Naweek
.jpg)
Tuesday, October 28, 2008
My Verjaardag ete...

